Clarkson, Senator Charles Francis [boodskap #121472] |
Sa, 01 Desember 2018 10:01 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Senator Charles Francis Clarkson was 'n Suid-Afrikaanse kabinetsminister. Gebore in 1881 in Durban en kwalifiseer as prokureur in 1905. In 1911 word hy sekretaris van die Unionistiese Party vir Natal. Na sy dienstermyn in die Provinsiale Raad, word hy 'n Unie-senator in 1930 en Minister van Pos- en Telegraafwese in 1933. In 1945 word hy Minister van Binnelandse Sake tot die nederlaag van generaal Smuts se regering in 1948. Hy tree af van die Senaat in 1957. Oorlede in 1959.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|