Citrusdal [boodskap #121465] |
Sat, 01 December 2018 09:41 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Citrusdal is 'n dorp op die oewer van die Olifantsrivier naby Clanwilliam in die Kaapprovinsie. Dit is 177 km noord van Kaapstad in 'n vrugbare vallei waar sitrus op grootskaal verbou word. Die N7 nasionale pad gaan daar naby verby. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,643 (777 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|