Christelike Nasionale Onderwys [boodskap #121457] |
Sa, 01 Desember 2018 06:39 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Christelike Nasionale Onderwys was 'n vrywillige skolestelsel wat onder beskerming van die N.G.-Kerk in die voormalige Boere-republieke, Transvaal en Oranje-Vrystaat, na die Tweede Vryheidsoorlog ingestel is. Die hoofdoel was om die beleid van verengelsing wat deur lord Milner ingevoer is, teen te werk. Dit was in 'n groot mate suksesvol. Volgens die tradisie van die Boere was Hollands hoofsaaklik die voertaal in die skole en was daar 'n sterk godsdienstige element teenwoordig. Voorstelle dat die stelsel later heringestel word, het aansienlike kritiek uitgelok.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|