Chiperone [boodskap #121448] |
Fri, 30 November 2018 19:41 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Chiperone is 'n uitdrukking wat in Malawi gebruik word; afgelei van die naam van 'n bergpiek in Mosambiek. Die uitdrukking het betrekking op bewolkte of betrokke toestande, met motreën of reën as gevolg van seelug wat uit die suidooste oor die suidelike deel van Malawi beweeg. Chiperone-weer word gewoonlik voorafgegaan deur 'n vars windjie en vlieswolkies op die Chiperoneberg.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|