Carnarvon [boodskap #121409] |
Thu, 29 November 2018 19:52 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Carnarvon is 'n dorp in Noordwes-Kaapprovinsie vernoem na die Britse Koloniale Sekretaris, Hertog van Carnarvon. Oorspronklik Schietfontein genoem. Dit is in 1860 gestig toe 'n groot getal Bantoevlugtelinge van oorloë in die Oos-Kaap hier gevestig was. In 1874 is 'n amptelike dorpsgebied uitgelê en die plek het sy huidige naam gekry. Dit is 'n belangrike skaapsentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,762 (1,397 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|