Campbell, Sir Marshall [boodskap #121395] |
Do, 29 November 2018 14:30 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Marshall Campbell was 'n Suid-Afrikaanse pionier in die suikerbedryf. Gebore in Glasgow op 10 Julie 1848. Bereik Natal in 1850 en begin hom toelê op die kweek van suiker op Tongaat en Mount Edgecombe. Stigter van Natal Estates Ltd., een van die grootste suikermaatskappye in Suid-Afrika. In 1871 het hy, wat later Rhodesië (nou Zimbabwe) geword, verken. Was lid van die Natalse parlement as deskundige in Bantoesake. Hy is oorlede in 1917.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|