Om Afrikaans te wees [boodskap #8711] |
Di, 04 Maart 1997 00:00 |
Frans van Zyl
Boodskappe: 6 Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek praat oor die politiek-historiese bagasie van ons lot wat ons self
"Afrikaners" noem (of is die benaming op sigself al 'n stukkie historiese
angst?) Julle sien, ek wil nie "skuldig" wees nie. Net besonders. Julle
weet: Wes-Europees, met 'n ligterige vel, liefhebber van Beethoven en
Mozart, en die eksistensie-filosofie. En lief vir my kleinseun wat van al
daai nonsens soos skuldgevoelens niks weet nie omdat hy gewoon nog te jonk
is (agtien maande). Ek speel elke oggend vir hom barok musiek en ek wys na
hom en sê: " Jy praat Afrikaans, Oupa praat Afrikaans, Ouma praat
Afrikaans, 'n Pa 'n Ma." Hy kyk vol belangstelling na my en sê "Dah"!
(maar met gevoel!).
Dalk is my kleinseun die enigste wyse ou wat ek tans ken.
Wat dink julle daar buite op die kibervlaktes?
-
Frans van Zyl
fra...@ilink.nis.za
|
|
|
Re: Om Afrikaans te wees [boodskap #8726 is 'n antwoord op boodskap #8711] |
Wo, 05 Maart 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
Pfra...@ilink.nis.za says...
>
> Ek praat oor die politiek-historiese bagasie van ons lot wat ons self
> "Afrikaners" noem (of is die benaming op sigself al 'n stukkie historiese
> angst?) Julle sien, ek wil nie "skuldig" wees nie. Net besonders. Julle
> weet: Wes-Europees, met 'n ligterige vel, liefhebber van Beethoven en
> Mozart, en die eksistensie-filosofie. En lief vir my kleinseun wat van al
> daai nonsens soos skuldgevoelens niks weet nie omdat hy gewoon nog te jonk
> is (agtien maande). Ek speel elke oggend vir hom barok musiek en ek wys na
> hom en sê: " Jy praat Afrikaans, Oupa praat Afrikaans, Ouma praat
> Afrikaans, 'n Pa 'n Ma." Hy kyk vol belangstelling na my en sê "Dah"!
> (maar met gevoel!).
>
> Dalk is my kleinseun die enigste wyse ou wat ek tans ken.
>
> Wat dink julle daar buite op die kibervlaktes?
>
> -
> Frans van Zyl
> fra...@ilink.nis.za
Frans van Zyl,
Dit lyk nie die klomp daar in SA wil met jou
praat oor �Afrikaner-weesê nie. Ek dink hulle ly
aan Afrikaner-ennui. Ek dink ook dat meeste van
hulle vreeslik verlig is dat hulle nou nie meer in 'n
laer bly nie.
Synde nie meer Afrikaner of Afrikaanssprekend,
mag ek eintlik nie saampraat nie. Al wat ek weet, is dat
ek woedend is dat die Afrikaner se goeie naam geskend
was in die laaste deel van die eeu (veral onder die swart
mense in SA, met wie ek gewerk het en met wie ek my
geidentifiseer het.) Ek hoop dat daardie muur stadigaan
afgebreek word. Selfs hier in die buiteland. Hier werk
een van my seuns, met die lekker Afrikaanse naam Dirk,
in gemeenskaplike Kanada-SA sake. En 'n ander seun
is 'n Ikey op die oomblik (oor sy ma se hewige proteste)
en gaan aan die einde van die maand in die berge agter
Stellenbosch kamp (waar sy ma en pa Maties was lank
gelede.) So 'n mens kan nooit in die toekoms sien nie.
Wat is die kanse dat die taal, wat jou kleinseun se kinders
aan moedersknie gaan leer, Zoeloe of Tswana of soiets
gaan wees?
So ek dink nie ek moet oor Afrikaner-wees met jou
praat nie. Kom ons praat liewer oor die eksistensie-filosofie.
Ek het eenkeer probeer bewys dat een fase van D.J.
Opperman se digwerk gesien moet word in die lig van die eksistensialisme.
Gloudina Bouwer
|
|
|