Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Buchan (Lord Tweedsmuir) was die skrywer van verskeie Suid-Afrikaanse boeke en 'n voormalige Transvaalse amptenaar. In 1875 in Skotland gebore en studeer aan die Universiteit Glasgow en Oxford. In 1901 word hy privaat sekretaris van lord Milner, Hoë Kommissaris vir Suid-Afrika en was een van die vernaamste lede van sy "Kindergarten". Een van sy geslaagdste werke is Prester John, hoofsaaklik gebaseer op sy ondervindings in die Transvaalse staatsdiens. In 1920 skryf hy ook The South African Forces in France. Later van jare beklee hy baie prominente posisies in Brittanje en was Goewerneur-generaal van Kanada. Oorlede in 1940.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.