Bryden, Henry Anderson [boodskap #121336] |
Mon, 26 November 2018 19:24 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Henry Anderson Bryden was 'n Suid-Afrikaanse jagter, ontdekkingsreisiger en skrywer. In 1854 in Oxfordshire gebore. Word een van Engeland se vroeë rugbyspelers. In 1876 kom hy na Suid-Afrika waar hy onmiddellik begin belang stel in jagtogte en natuurgeskiedenis. Na 'n verblyf in die oostelike Karoo trek hy na Betsjoeanaland waar hy ontdekkingsreise onderneem en inligting insamel. Tydens die jare 1880 was hy lid van die sogenaamde Suid-Afrikaanse Komitee wat die saak van opperhoof Khama gesteun het. Na bewering het Betsjoeanaland nie onder beheer van die British South Africa Company gekom nie as gevolg van Bryden se geskrifte. Van sy boek Kloof and Karroo in 1889 skryf hy 'n reeks boeke waaronder, Gun and Camera in Southern Africa, Tales of South Africa, Nature and Sport in South Africa en The Victorian Era in South Africa. Sy laaste jare bring hy in Engeland deur waar hy in 1937 oorlede is.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|