Broome, William [boodskap #121329] |
Mon, 26 November 2018 19:02 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
William Broome was 'n regter van die Natalse Hooggeregshof. Op 12 April 1852 in Griekeland gebore en studeer aan die Victoria College, Jersey. Kom na Suid-Afrika in 1872 en tree toe tot die Natalse staatsdiens waar hy assistent-koloniale sekretaris, landdros van Newcastle en registrateur van die Hooggeregshof word. In 1904 is hy aangestel as regter van die Natalse Hooggeregshof. Oorlede in Augustus 1930.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|