Brookes, Dr. Edgar Harry [boodskap #121327] |
Mon, 26 November 2018 18:58 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dr. Edgar Harry Brookes was 'n Suid-Afrikaanse geleerde en maatskaplike werker. Gebore op Smethwick in 1897. Studeer aan die Universiteit van Suid-Afrika en aan die London School of Economics. In 1923 word hy professor in Openbare Administrasie en Staatkunde aan die Transvaalse Universiteitskollege, Pretoria - 'n betrekking wat hy 10 jaar lank beklee. In die openbare lewe was hy lid van die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Volkerebond in 1927. Stel intens belang in die vooruitgang van die nie-blanke in die land en was een van die stigters van die Suid-Afrikaanse Instituut van Rassebetrekkinge, waarvan hy later voorsitter word. Van 1933 tot 1945 was hy hoof van die bekende sendingstigting, Adams College in Natal. Van 1937 tot 1952 was hy Naturelleverteenwoordiger in die Unie-senaat. In 1947 was hy lid van die Unie se afvaardiging na die Verenigde Volke en van 1959 was hy professor in Geskiedenis aan die Universiteit Natal.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|