Broken Hill [boodskap #121324] |
Mon, 26 November 2018 18:03 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Broken Hill (nou bekend as Kabwe) is 'n myndorp in Zambië. Gestig in 1904 en vernoem na 'n soortgelyke plek in Australië. Die oorspronklike maatskappy is in 1910 en weer in 1916 hersaamgestel. Die myne produseer lood, sink en bismut en ook 'n sekere ander minerale. In 1920 is een van die vroegste bekende menslike oorblyfsels, die skedel van die Broken Hillmens, in 'n grot daar naby gevind. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 36,000 (5,000 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|