Brews, Sydney [boodskap #121315] |
Mon, 26 November 2018 16:14 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sydney Brews was 'n Suid-Afrikaanse gholfkampioen. Gebore op Blackheath, Londen, op 29 Mei 1899. Ontvang onderwys in Stroud, Gloucestershire. Kom na Suid-Afrika en tussen 1925 en 1952 wen hy die Suid-Afrikaanse Ope-Gholfkampioenskap agt keer. In 1934 word hy beroepspeler by die Houghtonse gholfklub, Johannesburg. Hy het by verskeie geleenthede die Belgiese, Franse, Nederlandse en Philadelphiese opekampioenskap gewen en was tweede in die Britse ope-kampioenskap.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|