Brandfort [boodskap #121302] |
Mon, 26 November 2018 15:47 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Brandfort is 'n dorp benoorde Bloemfontein. Gestig in 1885 en vernoem na sir J.H. Brand, President van die Oranje-Vrystaat. (Nog 'n verduideliking vir die naam is dat dit so genoem is nadat 'n Voortrekkerfort deur Boesmans afgebrand is.) Belangrike wolsentrum. In die Tweede Vryheidsoorlog het 'n groot geveg hier plaasgevind op 3 Mei 1900. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,472 (1,723 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|