Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bosveld is 'n term wat losweg gebruik word vir sekere laer subtropiese gebiede van Suid-Afrika, veral in Transvaal en Swaziland. Die Bosveld strek van Pretoria af noordwaarts tot aan die Limpoporivier; hoogte tot 4,000 voet. Die naam het sy oorsprong in die oorheersende doringbos-plantegroei.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.