Boshof [boodskap #121274] |
Sun, 25 November 2018 15:37 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Boshof is 'n dorp in die Oranje-Vrystaat tussen Kimberley en Bloemfontein. Oorspronklik bekend as Vanwyksvlei. In 1856 uitgelê en herdoop na die vroeë president van die O.V.S., Jacobus Nicolaas Boshof. Boerdery-sentrum. Die Franse vrywilliger, kolonel de Villebois-Mareuil, is hier gedood tydens die hewige geveg in April 1900 tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,865 (1,015 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|