Borrow, Kaptein Henry John [boodskap #121270] |
Sun, 25 November 2018 11:21 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kaptein Henry John Borrow was 'n Zimbabwiese (destyds Rhodesiese) soldaat. In 1865 in Cornwall gebore. Is die kleinneef van George Borrow, skrywer van Lavengro. Begin boer aan die Kaap en sluit in 1884 aan by die Betsjoeanalandse Ekspedisie. In 1890 organiseer hy saam met majoor Frank Johnson en kaptein Maurice Heany die beroemde Pioneer Column. As kaptein in die plaaslike mag neem hy deel aan die Matabele-oorlog van 1893 en is saam met die Shangani-Patrollie gedood.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|