Bonnievale [boodskap #121258] |
Sun, 25 November 2018 10:44 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Bonnievale is 'n dorp en besproeiingskema naby Robertson, Kaapland. Omstreeks 1900 gestig deur Christopher Forrest Rigg. Oorspronklik 'n nedersetting vir oudsoldate na die Tweede Vryheidsoorlog. Die vernaamste produkte is druiwe en lusern. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,483 (928 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|