Bok, Willem Eduard [boodskap #121246] |
Sun, 25 November 2018 09:27 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Willem Eduard Bok was 'n regter van die Hooggeregshof. Seun van dr. Willem Eduard Bok. In 1880 in Pretoria gebore waar hy sy opleiding ontvang. Studeer ook in Holland. Veg in die Tweede Vryheidsoorlog en nadat hy tot die balie toegelaat is, word hy private sekretaris van generaal Louis Botha in 1907 toe laasgenoemde onder verantwoordelike bestuur Premier van Transvaal geword het. Ná Uniewording word hy sekretaris van die Eerste Minister, Staatswetsadviseur in 1916 en in 1918 Sekretaris van Justisie. In 1930 word hy regter van die Hooggeregshof van Namibië (Suidwes-Afrika), en in 1933 van die plaaslike afdeling van Griekwaland-Wes. Oorlede in 1956.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|