Bobbejaantjie [boodskap #121231] |
Sun, 25 November 2018 07:23 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die bobbejaantjie (Iridaceae) is 'n groep klein draadagtige Kaapse plante met bolagtige blomme en grasagtige blare. Kom voor in sanderige grond naby die kus. Blom in winter. Bobbejaantjie tubeflora is 'n skaars witterige soort. Die dieppienk of ligpers bobbejaantjie plicata word volop aangetref. 'n Pragtige klein pers bobbejaantjie hiematis met breë blare is ook algemeen so ver suid as Vishoek. Sien Iris.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|