Biggar, Robert [boodskap #121187] |
Sat, 24 November 2018 11:54 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Robert Biggar was die seun van Alexander Biggar. As een van die vroegste pioniers in Natal lei hy 'n mag van 20 Britse handelaars, 20 Hottentotte en 1,500 Bantoevlugtelinge van Zoeloeland teen die Zoeloes. Die eerste ekspedisie was suksesvol en 'n paar honderd beeste word teruggevat, maar op 'n latere ekspedisie word hy in 'n hinderlaag gelok en gedood op 17 April 1838. Op 17 Februarie is sy broer, George, gedood in die moord op Retief en sy makkers deur Dingaan.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|