Between the Chains [boodskap #121180] |
Sa, 24 November 2018 10:31 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
"Between the Chains" was 'n beroemde straataandelemark, vroeër geleë in Simmondstraat, Johannesburg, voor die oorspronklike Aandelemark, waar die deurgang vir verkeer gesluit is deur kettings aan albei kante. Die straatmark is tydens die Tweede Vryheidsoorlog beëindig, en is nooit hervat nie as gevolg van die nuwe Aandelebeurs wat in 1903 gebou is. Tydens boomtye is groot sake gedoen op sowel vakansiedae as Sondae.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|