Bergrivier [boodskap #121163] |
Sat, 24 November 2018 08:57 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Bergrivier is 'n rivier wat naby Franschoek ontstaan en by St. Helenabaai in die Atlantiese Oseaan invloei. Is bevaarbaar vir klein vaartuie vir sowat 30 myl van die monding af. Totale lengte 120 myl. Sy vernaamste sytak is die Klein Bergrivier. Velddrif en Laaiplek is belangrike vissersnedersettings naby die monding. Die laaste seekoei wat in Kaapland geskiet is, is in 1857 in die Bergrivier doodgemaak.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|