Bergkatlagter [boodskap #121160] |
Sat, 24 November 2018 08:50 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Bergkatlagter (Chaetops frenatus) is 'n Treffende, lewendige voël, wat net in Suidwes-Kaapland (insluitend die Kaapse Skiereiland) voorkom. Sy gewoontes is baie soos dié van 'n lyster, maar hy het 'n deftige swart-en-wit verekleed, met 'n diepkastaiing romp. Hy het kort vlerke en spring van rots na rots op sy sterk bene op soek na insekte tussen die blare. Hy bou sy nes in 'n gat in 'n rots.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|