Berea [boodskap #121155] |
Sat, 24 November 2018 06:42 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Berea is 'n Nuwe Testamentiese naam wat wat aan verskeie plekke in Suidelike Afrika gegee is, gewoonlik reekse of heuwels. Dit sluit in Berea wat uitkyk op Durban, 'n woonbuurt; die Berea wat uitkyk op Barberton, en die Berea in Basoetoland, toneel van die nederlaag wat die krygers van Mosjesj die troepe van Goewerneur sir George Cathcart in 1852 toegedien het. Hier het ook in 1865 'n geveg plaasgevind tussen die Boere van die Vrystaat onder generaal Fick en die Basoeto's.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|