Bedfordview [boodskap #121133] |
Fri, 23 November 2018 17:13 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Bedfordview is 'n dorpsgebied oos van Johannesburg. Oorspronklik in 1919 as kleinhoewes uitgelê, maar later as 'n woongebied ontwikkel. Vernoem na die tuisdorp van sir George Farrar wat van Bedford in Engeland af gekom het en daar naby gewoon het. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 6,400 (4,000 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|