Beattie, Sir John Carruthers [boodskap #121127] |
Fri, 23 November 2018 14:45 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir John Carruthers Beattie was 'n fisikus en die eerste rektor van die Universiteit Kaapstad. Gebore in Dumfriesshire, Skotland, in 1866, ontvang sy opleiding aan Edinburgh, Glasgow, en op die Vasteland. Spesialiseer in aardrykskundige fisika. Kom in 1897 na Suid-Afrika as personeellid van die South African College en doen 'n belangrike magnetiese opname van die hele subkontinent. Word rektor met die stigting van die Universiteit Kaapstad in 1918. Oorlede op 10 September 1946.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|