Battis, Walter [boodskap #121114] |
Fri, 23 November 2018 06:02 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Walter Battis was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en deskundige op die gebied van Boesmanskilderye. Gebore in Somerset-Oos, Kaapland, op 6 Januarie 1906. Ontvang sy onderwys aan die Gill-Kollege op die dorp en studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand. Ontwikkel 'n sterk persoonlike styl en tree toe tot die onderwys. Onder die werke wat hom bekend gemaak het, is sy uitgebreide ondersoek en kritiese analise van Boesmankuns, waaroor hy verskeie boeke geskryf het.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|