Baster-eland [boodskap #121107] |
Fri, 23 November 2018 05:44 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Baster-eland (Hippotragus equinus) is 'n groot bok, sowat 4 voet 6 duim van die skouer af. Albei geslagte het lang, uitgestrekte horings, maar korter en nie so stewig as dié van die swartwitpens nie. Die kop is donkerbruin met wit vlekke en wit neus. Dit het heerlike vleis, maar word vandag beskerm en word net in Oos-Transvaal en Zimbabwe (Rhodesië) aangetref.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|