Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Assegaai (asgaai) is 'n soort spies met 'n houtsteel en metaalpunt wat deur sommige stamme in Afrika (in besonder die Zoeloes) as wapen gebruik is. Hierdie assegaaie is gebruik om mee te jag, maar ook op die slagveld ter verdedig en om mee aan te val. Hulle kon dit oor 'n afstand gooi of van naby daarmee steek.
Daar is twee soorte assegaaie: die ouer gooi-assegaai; en die nuwer steek-assegaai met breë, skerp lem en korter handvatsel. Laasgenoemde is vermoedelik 'n uitvindsel van Tsjaka (Shaka).
Hoewel die assegaai as eg Suid-Afrikaans bestempel word, is dit in naam verwant aan die Latynse 'Hasta', vervorm in die Middeleeue. Moontlike oorsprong van Berbers in Noord-Afrika se 'zaghayah'. Geoffrey Chaucer gebruik 'lancegay' van dieselfde oorsprong.
Shaka het die korter, breëlem-assegaai ingevoer. Hierdie assegaai staan as 'n iklwa of ixwa bekend, na die geluid wat gehoor word as dit uit die slagoffer se wond getrek word. Die langer izijula, waarmee gegooi is, is egter behou. Beide soorte assegaaie is in kombinasie ingespan om 'n taktiese voordeel oor die vyand te verkry.
Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Aanhangsel:assegaai.jpg (Grootte: 38.36KB, 1030 kere afgelaai)