Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Armblanke (Armblanke-vraagstuk)
Armblanke [boodskap #121000] Tue, 13 November 2018 06:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Armblankes
Armblankes
Armblankes verwys na blankes wat in armoede leef of geleef het. Die Armblanke-vraagstuk verwys na die stoflike en geestelike verarmingsverskynsel by blankes, meestal Afrikaners, wat in die 1900's in Suid-Afrika voorgekom het.

Die term is eerste gebruik vir 'n groot groep blankes in Suid-Afrika, wat hoofsaaklik as gevolg van die armoede wat deur die Runderpes veroorsaak is, nie op die platteland 'n bestaan kon maak nie. Hulle het hul na die stede en dorpe begewe om daar op die been te probeer kom. Van die vroeë pogings om hulle te help, was die stigting van die Johannesburgse voorstad, Vrededorp. Die armblankes het só toegeneem dat daar in 1930 na raming 150,000 was. Die Nederduitse Gereformeerde kerk het in samewerking met die Carnegie Corporation ondersoek ingestel na die beste metodes om hulle te help. Van die suksesvolste ondernemings was die stigting van besproeiing- en bosbou-nedersettings en die indiensneming van blankes in halfgeskoolde werk op die spoorweë, paaie en elders. Danksy groter algemene voorspoed en die industrialisering van Suid-Afrika was daar later feitlik geen armblankes soos vroeër geken is nie.

Die eerste tekens van die Armblanke-vraagstuk was reeds in die 19de eeu sigbaar, met 'n toename na die Tweede Vryheidsoorlog in Transvaal met verstedeliking van die plattelandse bevolking. Dit het ook sterk voorgekom onder boswerkers in Knysna en in die Transvaalse Bosveld. Die probleem vind sy hoogtepunt gedurende jare dertig van die 20ste eeu. Armblankes behels verskillende tipes:

(1) Groep met landelike lewenswyse, bv. trekboere van Kaapse Noordweste; bywoners, plaasarbeiders en veewagters in deur droogte geteisterde distrikte, veral Karoo; Transvaalse Bosveld-pioniers; boswerkers in Knysna-George-gebied; eertydse selfstandige boere wat verarm het.

(2) Groep wat landelike lewe verlaat en na dorpe en stede verhuis het om hetsy "dorps-armes", hetsy ongeskoolde of swak geskoolde werkers in stedelike nywerhede te word; alluviale diamant-delwers; werkers op nedersettings en onderstands-werke.

Teen die jare dertig was daar na berekening sowat 300,000 baie arm mense uit totale blanke bevolking van 1,800,000. Die oOorsaak van die armblanke-verskynsel was onvoldoende aanpassing by snel veranderende omstandighede wat veroorsaak is deur die ontdekking van goud en diamante en ekonomiese omwenteling wat volg op nywerheids-ontwikkeling van Suid-Afrika. Daarby kom faktore soos gebrekkige en onvoldoende onderwysgeriewe op die platteland, swak lewensomstandighede wat betref voeding, woning en kleding, ongunstige klimaats- en geografiese omstandighede.

Die vraagstuk het lank op 'n oplossing gewag en langdurige kommer en kommentaar veroorsaak. Volgende op besoek van die president en sekretaris van die Camegie-korporasie van New York aan S.A. is die probleem wetenskaplik benader en ondersoek. Die grootste deel van die koste is gedra deur die Camegie-korporasie. ’n Raad van Beheer oor ondersoek is gestig in 1928 met uitvoerende komitee bestaande uit ds. J.R. Albertyn (sosiologie), prof. J.F.W. Grosskopf (ekonomie), dr. E.G. Malherbe (opvoeding), dr. W.A. Murray (gesondheid), prof. R.W. Wilcocks (sielkunde). Verslag met aanbeveling in 5 dele uitgebring, 1932. Bevinding dat tydelike geldelike hulp van staatsweë probleem nie oplos nie. Vereistes vir oplossing: Beter voorligting, onderwys, boerdery-metodes, meer beroepsleiding met stigting van plaaslike komitees wat hulle daarvoor beywer, raadgewing i.s. werkverkryging, koördinering van liefdadigheidswerk, plaaslike studie van sosiale toestande. Veral moet jong mense geleentheid kry om beter bestaansmoontlikhede te vind. Verder nodig: beter voorligting i.s. voeding, beter plattelandse verplegingsdiens, vermeerderde staatsteun vir asook toesig oor behuising van armes op die platteland en in stede. Beskerming van ongeskoolde en half geskoolde blanke arbeid by nywerhede. Origens doelbewuste maatskaplike opleiding van die volk; koördinering van werk van kerk en alle liggame wat belange het.

Die bevindings van die kommissie was opsienbarend; baie van die aanbevelinge uitgevoer. In die loop van die volgende 10 jaar het snelle toename van ekonomiese welvaart deur hoër pryse van landbouprodukte en deur versnelde nywerheidsopbloei die vraagstuk vanself opgelos. Ongeskoolde en half geskoolde werkers is geabsorbeer en daarna was dit geen nasionale vraagstuk meer nie.

Nadat die ANC die regering in 1994 oorgeneem het, het armblankes wat hul werk as gevolg van Swart Bemagtiging verloor het weer in skwatterkampe begin vergader. Volgens die 2011-sensus woon nagenoeg 8,000 blankes in "shacks", hierdie kampe is egter besig om te groei. 'n BBC-verslag in 2013 het aangedui dat ongeveer 400,000 witmense in 80 skwatterkampe oor die land woonagtig is.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Arnot, Frederlck Stanley
Volgende onderwerp: Arthur-Meer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 03 18:34:42 UTC 2024