Ameshoff, Herman Arnold [boodskap #120973] |
Sun, 11 November 2018 16:20 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Herman Arnold Ameshoff was 'n regter van die Transvaalse Hooggeregshof. Gebore op 30 Julie 1860. Behaal sy graad in die regte in Utrecht in 1887. Begin praktiseer in 1888; word regter van die Transvaalse Hooggeregshof in 1889 en eerste onderregter in 1898. Aanvanklik ongewild, maar sy onmiskenbare bekwaamheid laat hom gou die guns verwerf en toe hoofregter Kotze in 1898 ontslaan word, bedank hy. Hy keer na Holland terug, begin 'n sake-onderneming in Parys en is oorlede op 19 Oktober 1905.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|