Albu, Sir George [boodskap #120934] |
Sun, 11 November 2018 07:04 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir George Albu was 'n goudmynpionier en magnaat. In 1857 in Berlyn, Duitsland gebore. Kom in 1876 na Suid-Afrika, werk 'n kort tydjie in Kaapstad en vestig hom in dieselfde jaar in Kimberley met sy broer, Leopold. Begin met sake-onderneming as gelisensieerde diamantkoper en trek in 1891 na Johannesburg waar hy in 1895 sy belange konsolideer in die General Mining and Finance Corporation. Oorlede in 1935.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|