Afrika-Metalekorporasie Beperk [boodskap #120909] |
Sat, 10 November 2018 18:24 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Afrika-Metale-korporasie (Amkor) is 'n staatsondersteunde maatskappy verbonde aan die Yskorgroep (Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriƫle Korporasie Beperk. Gestig 23 Julie 1937 met 'n gemagtigde kapitaal van R3,200,000. Hoofsaaklik toegespits op die produksie van ru-yster, yster-legering, en bemestingstowwe met fabrieke op Newcastle, Natal, (ru-yster); Kookfontein naby Meyerton en op Vereeniging, Transvaal, (yster-legerings); en op Belville, Kaap (rots-fosfate).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|