Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Brief vir Leendert, At en Reinier
Brief vir Leendert, At en Reinier [boodskap #8532] Do, 13 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek skryf nou maar 'n gesamentlike brief:

LEENDERT: Dankie dat jy eerlik geantwoord het
en gesê het jy verkies liewer die Bhengu-bedeling
as die Verwoerd-bedeling. Snaaks genoeg, ek het
verwag dat jy dit sou sê. ( Terloops, wat is die
regte spelling? Sommige mense sê Bengu, sommige
sê Bhengu.) Kan jy nou die volgende vir my doen:
Maak 'n lys van tien dinge waar jy dink dat Bengu
(jou spelling) menseregte skaad. Sit die ergste eerste.
Ek soek informasie.

REINIER: Baie baie welkom op die nuusgroep. Het
gehoop om jou naam eendag op hierdie nuusgroep te
sien. Baie dankie ook vir Giliomee se presidentsrede.
Ek het dit met belangstelling gelees. Ek sit nie in die
land nie, en behoort daarom eintlik nie uitsprake te
maak nie. Maar ek wil tog die volgende vir jou sê:
Ek is dankbaar dat daar nie moord en doodslag en
bloedvergieting in SA was in die oorgang van 'n vir
my fascistiese regime na 'n nuwe bedeling nie. En
ek is eintlik bly dat die vriende van my wat altyd
probeer wegskram het van praat, wanneer ek sekere
dinge aanroer, nou sien watter teelaarde hulle swye
veroorsaak het - persoonlike lyfartse van presidente
wat dwelm-middels maak on the side, mense wat in
gangland-moorde doodgeskiet word omdat hulle te
veel geweet het. Ek het die kop van hierdie dinge al
sien uitsteek toe ek nog in SA was. 'n Prinsipaal wat
op sy eie besluit om twee vakke in Afrikaans te begin
onderrig. Dan gaan sit hy en skryf die werkboeke vir
die twee vakke in Afrikaans en verkoop dit aan die
studente in die skool. Later, soos vader soos seun, word
sy seun voor die hof gedaag (nog in die apartheidsjare)
omdat hy oor 'n miljoen rand rofweg verduister het met
kontrakte vir "posters" wat nooit afgelewer is nie. Dis
hierdie soort rot wat begin het en gegroei het, omdat
ons geweier het om ons monde oop te maak en te praat.
Ek het die land uit gegaan. Meeste mense in die land wou
niks weet nie. Behalwe mense soos Beyers Naude (hy is
onder huisarres geplaas) en Bram Fischer (hy is in die
tronk dood) en nog sommige ander. Geen wonder ons
het of ons bekke gehou of uit die land gevlug nie. En
ek hoop dat wat die Waarheidskommissie nou openbaar,
wat ookal hul metodes of motiewe, vir ons moet leer om
NOOIT NOOIT weer te maak of ons niks sien, as daar
onreg gepleeg word nie.
Kan jy miskien vir my verduidelik wat Alister Sparks
aandui as Bengu se "crimes against humanity."

AT : Ja, dit breek 'n mens se hart om te dink - eers die
amper halfeeu van die apartheids-era, waarin almal tog
eintlik diep ongemaklik gevoel het. En nou weer 'n nuwe
bedeling wat dinge blykbaar swaar maak vir mense. Ek
fantaseer soms oor wat SA kon gewees het aan die einde
van die twintigste eeu as 'n regime met diepe respek vir
menseregte en geregtigheid die eerste sou gewees het om
'n era sonder rasse-diskriminasie aan die suidpunt van
Afrika in te lui en so vir die hele wereld te wys wat ware
Christelike gemeenskapswaardes is. In plaas daarvan het
ons 'n nagmerrie gekry, 'n nagmerrie wat seker nou ook
nog voortduur, volgens sommige. At, skryf weer oor
Wente. Is dit hulle invloed wat van die huidige Nederland
so 'n verdraagame plek maak?

Maar mense, ek wil nou vir julle iets anders sê: Ek
begin mos nou de Kat kry. En sover ek kan sien, is die
land darem nog in een stuk: die huise! die resepte! die
nuwe swanky boekwinkels! die ryk Afrikaners en hul
"dialed in" leefwyse! ( Dis nou 'n uitdrukking wat ek
geleer het van my seun wat op die oomblik in Kaapstad
studeer- sy observasie van hoe een van sy familielede is!)
So ek is darem nog nie op die punt om te begin "care
packets" stuur aan julle daar in SA nie. En hier breek
hulle ook maar in, en hulle steel en hulle moor. En as
julle nou wil weet wie die "corner" het op kla, kom hier
na Ontario, waar selfs die ondersteuners van die Harris
provinsiale regering vir hulle eie party kritiseer.

Gloudina
Re: Brief vir Leendert, At en Reinier [boodskap #8533 is 'n antwoord op boodskap #8532] Do, 13 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina skryf o.a:

> REINIER: Baie baie welkom op die nuusgroep. Het
> gehoop om jou naam eendag op hierdie nuusgroep te
> sien. Baie dankie ook vir Giliomee se presidentsrede.

Saam met mense soos At en Inus, was ek feitlik een van die stigterslede
van die nuusgroep - die eerste poging het misluk a.g.v. knoeiery by die
stembus :-), en Robert Wagenaar in Nederland het later 'n suksesvolle
poging aangewend. Ek kuier net selde hier - klets te veel op die
Afrikaanse poslys. Maar dankie vir die (terug) verwelkoming.

> Ek het dit met belangstelling gelees. Ek sit nie in die
> land nie, en behoort daarom eintlik nie uitsprake te
> maak nie. Maar ek wil tog die volgende vir jou sê:
> Ek is dankbaar dat daar nie moord en doodslag en=20
> bloedvergieting in SA was in die oorgang van =91n vir
> my fascistiese regime na =91n nuwe bedeling nie. En

M.i. is fascisme en sosialisme maar twee kante van dieselfde munt.
Fascisme is bloot regse sosialisme, en as mens DF Malan se uitsprake lees
waarin hy sosialisme ophemel, dan is die spore duidelik te sien. Dus is
ek, soos Leendert, redelik skepties oor die nuwe bestel, aangesien ek die
NP se ou sosialistiese idees in nuwe, polities korrekte gewaad sien
verskyn. Alhoewel die ANC, soos die Natte voor hulle, deur die
werklikheid gedwing word om van hul sosialistiese ideologie af te sien,
neig hulle maar gedurig terug na hul ware oorsprong.

Daar is baie oor Bengu se onderwyswet geskryf, maar die land se nuwe
waterwet is nog 'n voorbeeld. Prof. Kader Asmal, minister van Waterwese
is ongetwyfeld iemand met die heel beste bedoelings - maar dieselfde
geloof in sentrale beplanning en paternalistiese regering wat die
Nasionaliste gehad het, is orals in sy nuwe wet te bespeur.

Maar ja, daar is heelwat om voor dankbaar te wees. Om mee te begin - ek
sit nie in Kanada nie :-)

Wat my wel onstel, is dat as iemand dit durf waag om die raakpunte
tussen die ou regime en die nuwe uit te lig, is hy outomaties
'n "rassis", of "verdedig hy apartheid". Dis soos onder die ou bestel,
waar iemand wat dit durf waag het om die regering te kritiseer,
onmiddelik as 'n "kommunis" gebrandmerk is. Dieselfde ou
onverdraagsaamheid, in nuwe gewaad.

Jammer oor die galbrakery, en miskien is hierdie dinge al breedvoerig
bespreek - ek val nou eers by die gesprek in.

Vir diegene wat twyfel oor die Groot, Edele Ideale van die Nasionaliste,
stel ek voor hulle lees WA de Klerk (die oubaas is etlike maande gelede
oorlede) se uitstekende "The Puritans in Africa" (Rex Collings, 1975).
Rakende die boek het Sir Lourens van de Post (ook onlangs oorlede) destyds
in die Times Literary Supplement die volgende geskryf:

William de Klerk's "The Puritans in Africa" is a
work of much importance and the most immediate
relevance. He himself modestly calls it 'A story of
Afrikanerdom', but it is in a real sense *the* story
of the people to whom both he and I belong, told as
it has not been told before. He is, of course,
singularly well equipped for such an achievement.
Himself a member of one of the oldest Cape Afrikaner
families, a distinguished novelist, playwright and
philosophical essayist, committed to the humanities
in their classical and abiding sense, he has been a
formative influence, both on a new generation of
Afrikaner writers and the numbers of his countrymen
dedicated to a profound and dangerously late re-
appraisal of themselves and their society. Not only
does he write as well in English as he does in
Afrikaans, but he speaks and reads German and
French, is a classical scholar, and has travelled
widely in Europe and the United States so that he is
able, as few of his countrymen are, to develop his
theme, both in its world context and its own
hitherto divided entirety.

---
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Brief vir Leendert, At en Reinier [boodskap #8534 is 'n antwoord op boodskap #8532] Do, 13 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:
> persoonlike lyfartse van presidente
> wat dwelm-middels maak on the side

Die ou groot krokodil dreig om die ES Y BEE SIE en sekere koerante hof toe te
sleep oor die beweringe dat die Ecstasy Dokter sy lyf arts sou gewees het.
Miskien moet ek jou naam ook vir home gee ;). GRAPPIE!!!

Cheers
Lou
Re: Brief vir Leendert, At en Reinier [boodskap #8535 is 'n antwoord op boodskap #8532] Do, 13 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> From: iz...@igs.net (Izak Bouwer)
> Subject: Brief vir Leendert, At en Reinier
> Date: 13 Feb 1997 04:27:13 GMT

> Ek skryf nou maar 'n gesamentlike brief:

> LEENDERT: Dankie dat jy eerlik geantwoord het
> en gesê het jy verkies liewer die Bhengu-bedeling
> as die Verwoerd-bedeling.

Maar ek my dan daarvoor be-ywer dat die vorige bestel be-eindig moet word!

> Snaaks genoeg, ek het
> verwag dat jy dit sou sê. ( Terloops, wat is die
> regte spelling? Sommige mense sê Bengu, sommige
> sê Bhengu.)

Bengu is die naam wat hy in staatskoerante gebruik.

> Kan jy nou die volgende vir my doen:
> Maak 'n lys van tien dinge waar jy dink dat Bengu
> (jou spelling) menseregte skaad. Sit die ergste eerste.
> Ek soek informasie.

Ek gaan eers bietjie aandag gee aan ander dringende aspekte.
Soos tevore gesê, ek hang reeds te lank hier rond.
Ek sal egter oor 'n ruk. (Paar weke miskien) weer hierdie onderwerp opneem as
jy nog belangstel.

Kyk so lank na wat Alister Sparks oor die saak te sê gehad het.
Basies kom dit neer op die gevolge van onbekwame adminsitrasie. Daar is 'n
uitspraak van die Kanadese Hoërhof waarin bevind is dat administratiewe gerief
geen redelike gronde daarstel vir die beperking van fundamentele regte nie, en
administratiewe onbekwaamheid nog minder. Veral as die onbekwaamheid spruit
uit bepaalde handelinge met 'n politieke doel.

Groete, Leendert
Re: Brief vir Leendert, At en Reinier [boodskap #8550 is 'n antwoord op boodskap #8532] Vr, 14 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> AT : Ja, dit breek 'n mens se hart om te dink - eers die
> amper halfeeu van die apartheids-era, waarin almal tog
> eintlik diep ongemaklik gevoel het. En nou weer 'n nuwe
> bedeling wat dinge blykbaar swaar maak vir mense.

Beste Gloudina,

Hier is een voorbeeld wat wys hoe die skaal geswaai het, nie na
ewewig toe nie, maar verby dit. Ek bly in 'n stad in 'n gebied
waar die middel tot armer klas mense woon. In ons kerk is die
gemeentes georganiseer in groter klasse van 10 tot 15 gemeentes.
In my geval is eelf gemmentes betrokke. Vier jaar gelede was slegs
een gemeente finansieel huplbehoewend (dikwels so die afgelope 40
jaar). Nou is nege van die 11 gemeentes in die finansiele knyp.
In ons gemmente is maandeliks sowat 10 gesinne hulpbehoewend
teenoor niks of een vier jaar gelede. Hiervan is omtrent 60% die
direkte gevolg van regstellende aksie en 30% 'n indirekte gevolg.
Ons vermoe om te help neem drasties af.

> Ek
> fantaseer soms oor wat SA kon gewees het aan die einde
> van die twintigste eeu as 'n regime met diepe respek vir
> menseregte en geregtigheid die eerste sou gewees het om
> 'n era sonder rasse-diskriminasie aan die suidpunt van
> Afrika in te lui en so vir die hele wereld te wys wat ware
> Christelike gemeenskapswaardes is.

Ek fantaseer nie net nie, ek werk volstoom daaraan. Ek is van
een ding deeglik oortuig: Suid Afrika is kompleks sodat
simplistiese 'oplossings' Suid Afrika net meer in die dryfsand
jaag.

> In plaas daarvan het
> ons 'n nagmerrie gekry, 'n nagmerrie wat seker nou ook
> nog voortduur, volgens sommige.

Kom gerus hierheen en oortuig jouself. Ek kan jou aan tientalle
Afrikaanse studente voorstel met kwalifikasies (Universiteit en
Tegnikon) - 3 jaar, 5 jaar en 8 jaar) vir wie daar reguit gese
word dat hulle so-en-so pos nie gekry het nie omdat hulle herkoms
nie reg is nie. Ongelukkig vir hulle kan hulle nooit hulle herkoms
regstel nie. Verder kan die poste nie gevul word met gekwalifiseerde
mense van die regte herkoms nie. Die res is welbekend.

> At, skryf weer oor
> Wente. Is dit hulle invloed wat van die huidige Nederland
> so 'n verdraagame plek maak?

Ja. Maar ook in Duitsland reg oorkant die grens verder noord.
Daar is 'n diepe soektog op alle vlakke van die lewe na dit wat 'n
mens kreatief maak en hou. Verdraagsaamheid teenoor verskeidenheid
en selfs die bevordeing daarvan is een van hulle ontdekkings.

Ek het my vriend probeer oortuig om die boek oor Twente se geskiedenis
vir my te gee. Hy wou nie. Nou sal ek maar probeer om dit by hom te
leen. Sodar die boek by my is, sal ek julle vergas met alles daarin
wat my laat lekker kry het. Terloops, baie Nederlanders praat van Twente
as die agterland.

> Maar mense, ek wil nou vir julle iets anders sê: Ek
> begin mos nou de Kat kry. En sover ek kan sien, is die
> land darem nog in een stuk: die huise! die resepte! die
> nuwe swanky boekwinkels! die ryk Afrikaners en hul
> "dialed in" leefwyse!

Ja, Nero het viool gespeel toe Rome gebrand het.

'n Vriend van my het Maandag hom ontferm oor 'n vrou wat gesit en
huil het terwyl haar man net op sy tande gekners het. Hulle het van
Messina tot Pretoria te voet geloop - nog 'n regstellende aksie geval.
Hulle wou nie bedel of steel nie, maar intussen het niemand hulle
raakgesien nie.

Dit laat my dink aan my eie oupa. Deur die tweede vryheidoorlag het
hy alles verloor, behalwe sy vrou en 'n verwoeste plaas. Hy moes van
Christiana tot in die Paarl en terug loop om sy eerste melkkoei te
kry - ongeveer 2600 km.

Gloudina, moenie geskenk pakkies stuur nie. Ons kan derem hier vir
die ander sorg. Doen liewers iets anders wat veel meer belangrik is.
Stoei dat waarheid en geregtigheid sal seevier.

Moenie net kla oor die onreg wat op die eilande van die Groot Rivier
gebeur het nie. Ek kom byna elke jaar daar vanwee my belnagstelling
in vetplante. Dit gaan nou al slegter met die bruinmense. Soos hulle
self se: eers was hulle nie wit genoeg nie - nou is ons nie swart genoeg
nie. Wat my bekommer, is hoe lank hulle vredeliewendheid nog sal hou
omdat hulle geskiedenis ook 'n Witbooi en Waterboer opgelewer het.
Beywer jou vir byvoorbeeld 'n internetsalon op Pella.

So van Pella gepraat. Galjoen het my laat kraai van lekker kry oor sy
warm kry in die outbacks. Laas jaar het ek 'n Noorweer deur Boesmanland
geneem. By Augrabies wou hy net paar biere wegslaan (44 grade in die
skadu) en omdraai terug na die beskawing. Maar ek het hom oortuig om
daardie nag tussen die kokerbome van Onseepkans te slaap. Die volgende
dag was hy bekeer. By Pella aangekom, was die temperatuur 52 grade in
die skaduwee van 'n kameeldoring boom langs die Roomse sendingkerkie.
Toe ons uitklim, kon hy vir 'n halfuur lank net een ding prewel in
Noorweegs (my God, is dit waar). Ek moes toe maar alleen die sandveld
in, nadat ek hom geqwaarsku het om elke halfuur 500 ml water te drink.
Drie ure later kry ek hom aan die gesels met 'n klomp bruinmense -
hulle skrikkerig en skaam om in Engels te praat. Maar vir Mikael was dit
'n paar uur in 'n vreemde paradys.

Beste wense
At de Lange
Re: Brief vir Leendert, At en Reinier [boodskap #8561 is 'n antwoord op boodskap #8550] So, 16 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
amde...@gold.up.ac.za says...

> Moenie net kla oor die onreg wat op die eilande van die Groot Rivier
> gebeur het nie. Ek kom byna elke jaar daar vanwee my belnagstelling
> in vetplante. Dit gaan nou al slegter met die bruinmense. Soos hulle
> self se: eers was hulle nie wit genoeg nie - nou is ons nie swart genoeg
> nie. Wat my bekommer, is hoe lank hulle vredeliewendheid nog sal hou
> omdat hulle geskiedenis ook 'n Witbooi en Waterboer opgelewer het.
> Beywer jou vir byvoorbeeld 'n internetsalon op Pella.

  At, ek weet ons is naby aan die een-en-twintigste
eeu, as jy vra ek moet bid vir 'n  Internet-salon op
Pella, en nie "care packets" stuur nie. Maar ek weet
wat jy bedoel. Om in die kuberruimte gekonnekteer
te word met ander, is heelwaarskynlik nodiger as
brood wat net die liggaam voed. Mense in Kanada
se verre noorde sê dieselfde ding.
  Is dit moontlik om te konnekteer in Pella? Ek weet
die telefoon-onkoste sal hoog wees. Maar is dit ander-
sinds moontlik? Laat weet. Ek is geinteresseerd.
   Weet jy, ek was nog nooit in Pella nie. Ons daar op
die Kakamas-nedersetting het ons maar altyd gevoel
as die eindpunt van die spoorweg, en as ons erens heen
gaan, was dit meestal rivierop, Upington se kant toe,
Kaapstad se kant toe met die trein. Net eenkeer, toe ek
nog baie klein was, het my pa besluit dat ons nou na
Strandfontein op die weskus moet gaan. Toe het ek
sekere dele van Boesmanland en Namakwaland gesien.
Ek onthou nou nog die groot koringkrieke wat by die
kar se venster ingevlieg het. En hoe ons een aand in die
veld geslaap het.
        Ek wens jy wil nog vertel van jou besoek in daar-
die deel van die wereld. (En van jou belangstelling in
vetplante.) Het jy al ooit 'n driedoring in blom gesien?
Ek verlang ook so na weer aalwyne sien. Die kleintjies
daar in die Noordweste wat so 'n sirkel vorm wanneer
die oues in die middel doodgaan en die nuwes die sirkel
al groter maak. (Lekker vir huis-huis speel.) En koker-
bome. En bokkloutjies. My ma en pa het ons nou nie
vreeslik baie in die veld ingeneem nie, maar ons het bure
gehad wat vir ons op die wa gelaai het nadat dit gereen
het, en dan sommer met ons in die bulte in is, net om te
kyk. Eendag sien ek 'n baie groot ding opspring en weg-
hardloop en ek skree: "Oom Jan , kyk na die springbok."
Hy wil toe vir hom doodlag. Dit was glo net 'n springhaas.
Dit wys net hoe onkundig die kinders, wat langs die rivier
gebly het, was  oor die dinge in die bulte. Ek het geweet
hoe lyk 'n likkewaan en 'n baber en vleihoendertjies,
maar nie hoe lyk 'n springhaas nie.

Gloudina
Re: Brief vir Leendert, At en Reinier [boodskap #8572 is 'n antwoord op boodskap #8532] Ma, 17 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Is dit moontlik om te konnekteer in Pella? Ek weet
> die telefoon-onkoste sal hoog wees. Maar is dit ander-
> sinds moontlik? Laat weet. Ek is geinteresseerd.

As ek in die Boesmanland is, steur ek my nie juis aan die beskawing
nie. Daarom het ek nog nooit opgelet of Pella telefonies aan die
wereld verbind is nie. Maar tussen Pella en die Gariep is 'n ho"e
berg wat 'n mens selfs van Pofadder kan sien. Daarom kan behoort 'n Mens
Pella met 'n skottel te kan verbind.

> Weet jy, ek was nog nooit in Pella nie. Ons daar op
> die Kakamas-nedersetting het ons maar altyd gevoel
> as die eindpunt van die spoorweg, en as ons erens heen
> gaan, was dit meestal rivierop, Upington se kant toe,
> Kaapstad se kant toe met die trein.

Die menselewe langs die Gariep is min of meer dieslefde vanaf
Groblershoop in die weste, verby Grootdrink tot in Upington en
daarvandaan verby Keimoes tot by Kakamas. Die Augrabies Nasonale
Park bring skeiding mee. Van hierdie valle weswaarts verby Onseepkans,
Goodhouse, Vioolsdrif tot by Sendelingsdrif lewe die mense meer
rustiger.

> Net eenkeer, toe ek
> nog baie klein was, het my pa besluit dat ons nou na
> Strandfontein op die weskus moet gaan. Toe het ek
> sekere dele van Boesmanland en Namakwaland gesien.
> Ek onthou nou nog die groot koringkrieke wat by die
> kar se venster ingevlieg het. En hoe ons een aand in die
> veld geslaap het.

Daar is niks so lekker as om in Boesmanland in die veld te slaap
nie. 'n Mens moet net mooi luister as jy dalk in die nag wakker word.
As jy 'n gesnork naby jou hoor, moet jy weet dis 'n pofadder wat 'n
bietjie die warmte van jou lyf opgesoek het.

> Ek wens jy wil nog vertel van jou besoek in daar-
> die deel van die wereld. (En van jou belangstelling in
> vetplante.) Het jy al ooit 'n driedoring in blom gesien?

Ja. Dis verbasend hoeveel vetplante die skrapse skaduwee van 'n
driedoring opsoek. Dit is veral in die saailing ( die oues in die middel doodgaan en die nuwes die sirkel[/color]
> al groter maak. (Lekker vir huis-huis speel.)

Hulle word in die volksmond die kraaltjie-aalwyn genoem (Aloe
claviflora). Om 'n plant van saad tot blomgroote te groei, neem
omtrent 15 jaar in perfekte toestande. Ek skat dat dit in die
Boesmanland omtrent 40 jaar neem. Dan begin die plant te verdeel.
Hy kry twee koppe aan die kante. Soos hulle groter word, begin die
stam van agter weg verweer terwyl die plante nuwe wortels net agter
die lewendige krone maak. Na sowat 40+30=70 jaar is daar drie plante.
Na sowat 100 jaar vorm die eerste 9 plante 'n klein kraaltjie (sirkel).
Na 130 jaar is daar omtrent 30 koppe en na 160 jaar omtrent 90 koppe.
Teen die tyd laat een of ander ramp die kraal wegsterf.

Die sap van die kraaltjie aalwyn is goed teen die verpeste muggies.
Naby die Gariep (
Re: Brief vir Leendert, At en Reinier [boodskap #8583 is 'n antwoord op boodskap #8572] Di, 18 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Feb 1997 09:03:23 GMT, amde...@gold.up.ac.za wrote:

die siekte drasties. Daar is glo laasjaar meer as tien sterfgvalle in[/color]
> die benede Gariep aangemeld. Die soustrein word tans so gery dat peste
> nie meer bestry word nie. >>>

Hei, ou At, sover ek lees is die malaria nie ook die ANC se skuld nie
maar eerder 'n geval van weerstand teen die medisyne wat wereldwyd
voorkom.

(Alternatief kan jy natuurlik die ANC ook blameer vir malaria in
Thailand.)
Re: Brief vir Leendert, At en Reinier [boodskap #8596 is 'n antwoord op boodskap #8572] Wo, 19 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Feb 1997 09:03:23 GMT, amde...@gold.up.ac.za wrote:

<<< Daarom het ek nog nooit opgelet of Pella telefonies aan die
> wereld verbind is nie.>>>

Hier is 'n stukkie interressante inligting vir jou:
Vodacom se nuwe selfoon-netwerk loop met die hoofpad langs verby
Pella.

Die hele pad sal eersdaags gedek wees en aangesien die selle tot 30 km
in radius kan strek, is die kanse baie goed dat die mense in Pella
binnekort met selfone sal kan rondloop.
Vorige onderwerp: Re: Die gevaar
Volgende onderwerp: Apartheid, die die Engelse het dit OOK ten volle benut!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 16 18:55:36 MGT 2024