Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vra hulle self
Vra hulle self [boodskap #8500] |
Di, 11 Februarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
As u "een van die nuusgroep se mense" is, het u nou die geleentheid om te
oordeel oor kooos se vertolking van my weergawe van die geskiedenis.
Kooos het my (nie te beleefde nie) versoek om die volgende vraag te stel:
Vertolk u my weergawe van die geskiedenis op dieselfde manier as kooos?
(Sy vertolking verskyn hieronder.)
Indien wel, gee asseblief u naam.
Op 5 Februarie skryf kooos:
> Jy "hint" deurentyd na jou weergawe van die geskiedenis, wat vreemd
> genoeg deur meer as een van die nuusgroep se mense op dieselfde wyse
> gelees en geinterpreteer word.
Ek reageer:
Kooos vervolg:
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> >
> 1. Verwoerd en Bhengu is nie te onderskei nie.
> 2. Die basis van apartheid was dat die NP geglo het hy weet beter
> wat goed is vir ander. Niks meer as dit nie.
> (Dis toevallig iets wat elke liewe regering op Gods aarde oortuig
> van is. En elke politieke party. En elke iemand wat 'n politieke
> argument voer.)
> > jy beweer. Dan vra ons hulle sommer openlik of hulle dit ook so sien.>>>
> Vra hulle self.
> Ek vertolk wat jy se as 'n agterdog-saaing teen die nuwe
> staatsbestel in SA en 'n toeverf van die gruwels van die vorige
> bestel.
> En 'n baie besliste poging om die bestel van die verlede gelyk te stel
> aan die bestel van vandag.
So, as u my weergawe van die geskiedenis op dieselfde manier vertolk as kooos,
gee asseblief u naam.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Vra hulle self [boodskap #8501 is 'n antwoord op boodskap #8500] |
Di, 11 Februarie 1997 00:00 |
Reinier de Vos
Boodskappe: 26 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Tue, 11 Feb 1997, Leendert van Oostrum wrote:
> As u "een van die nuusgroep se mense" is, het u nou die geleentheid om te
> oordeel oor kooos se vertolking van my weergawe van die geskiedenis.
>
> Kooos het my (nie te beleefde nie) versoek om die volgende vraag te stel:
> Vertolk u my weergawe van die geskiedenis op dieselfde manier as kooos?
> (Sy vertolking verskyn hieronder.)
[knip Koos se bydra]
Nee, ek stem beslis nie met Koos se vertolking saam nie.
Miskien moet Koos maar hom inskryf by die South African Bureau of Race
Relations (waaronder die voormalige voorsitters Helen Suzman en Biskop
Stanley Mogoba tel), sodat hy hulle inligtingsblad, "Frontiers of Freedom"
kan ontvang. Daar sal hy sien hoe mense, wat ons ou regering geensins
goedgesind was nie, waarskuwings rig oor dinge wat ons nuwe regering
aanvang, vir allerlei uiterlik edele motiewe.
"The road to hell is paved with good intentions", soos een of ander
slimkop op 'n keer gese het.
---
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
|
|
|
Re: Vra hulle self [boodskap #8510 is 'n antwoord op boodskap #8500] |
Wo, 12 Februarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat jy gese het Leendert.
Jy haal my aan:
>Jy "hint" deurentyd na jou weergawe van die geskiedenis, wat vreemd
>> genoeg deur meer as een van die nuusgroep se mense op dieselfde wyse
>> gelees en geinterpreteer word.
Jy reageer:
> >>
>
Ek se:
>>
>
>> 1. Verwoerd en Bhengu is nie te onderskei nie.
>
>> 2. Die basis van apartheid was dat die NP geglo het hy weet beter
>> wat goed is vir ander. Niks meer as dit nie.>>>
Nou, hier volg 'n seleksie van aanhalings deur jou die afgelope twee
of drie weke.
(Ek het toevallig nie die opmerkings oor die nuwe bestel en die lang
verontskuldiging van Verwoerd hierin opgeneem nie.
Ek verwys ook nie na die onvermydelike gevolgtrekkings waartoe ek kom
as iemand Bhengu en Verwoerd herhaaldelik gelykstel nie.
Die argumentvoering rondom die "konteks" was lank en uitgerek.)
______________________________________________________
Leendert se stellings:
"Nou sit ek met die probleem: Die twee stelle uitsprake is so eeners
dat ek
meesal nie kan onthou of dit Verwoerd of Bhengu is wat 'n spesifieke
ding gesê
het nie."
" Ek het gesê dat Bhengu se onderwysbeleid, soos verwoord in die
witskrifte van die afgelope twee jaar, feitlik nie onderskei kan word
van
Verwoerd s'n, soos verwoord in sy toespraak voor die Senaat in 1953."
"Dit wat fundamenteel aan apartheid was is ewe fundamenteel aan die
onderwysbeleid van Bhengu - 'n geloof dat jy weet wat die beste is vir
ander
mense."
"Weereens. Die regering het vir _almal_ besluit wat die beste vir
hulle was.
Die grondslag van apartheid en die grondslag van die onderwysbeleid
van ons
nuwe heremeesters."
" Ek het verklaar dat Verwoerd en Bengu se
onderwysbeleid in elke tersaaklike opsig identies is."
" Die fundamentele uitgangspunte van
Bengu en Verwoerd is dieselfde. Dat die staat die beste weet wat goed
is vir
die individu. "
"Nee. Dit maak hom juis nie anders as Verwoerd nie.
Wat dit wel doen, is dat dit jou laat dink dat dit hom anders maak."
________________________________________________________
Hiermee die einde van my deelname aan die gekarring.
Vir die rekord:
Ek glo:
1. Verwoerd was 'n bose politikus wat hierdie land oneindige skade
aangedoen het.
2. Met terugverwysing na die aanvanklike pos wat aanleiding tot die
"threads" gegee het: Wit Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, bevind
hulle in dieselfde soort situasie as waarin die Duitsers hulle na die
nazi-era bevind het.
Albei groepe het erg opgefok en mense se regte sistematies vir eie
gewin verkrag.
Albei groepe is van hul rassistiese troon gestoot.
Albei groepe moet dit nou in die gesig staar en erken.
En dan bou aan 'n beter toekoms.
Die les van die Duitsers is dat as jy dit erken en ondersoek is die
geslag daarna bevry daarvan.
Dit behels egter NIE dat daar erken word dat Hitler "dalk sleggerig
was" maar verskoon moet word omdat hy die treine op tyd laat loop het
nie.
Daar is goed in almal. Dis die aard van die werklikheid. Daisy de
Melker het ook die katte kos gegee en haar buurvrou getroos en
uitgehelp toe die beswaard geraak het.
Sy word egter nie daarvoor onthou nie want dit verteenwoordig nie die
impak wat sy op die gemeenskap gehad het nie.
3. Die staatsbestel wat ons nou het, is oneindig beter as die vorige
een. Die grondwet le aan die basis daarvan.
Ek is selfs bereid om te se dat die ANC op die oomblik 'n beter
regering is as wat die NP in al die jare was dat ek verstand gehad
het.
Die toekoms is 'n onbekende land, maar daar is nie tekens wat my laat
dink die ANC is besig met 'n slikse spel waarin die grondwet en sy
waarborge eersdaags op vreemde wyse verwyder gaan word nie.
4. Bhengu en Verwoerd se beleid was nie dieselfde nie aangesien die
rasse-element en die doelbewuste geskepte vlakke van kwaliteit waarin
die rasse gedwing is, die sentrale fondament van Verwoerd s'n is. En
die onderwys-beleid het hy fundamenteel aan sy sosiale bestel gemaak.
Die staatsamptelike rassisme loop as 'n dik stinkende stroom deur al
die goed.
(Daisy de Melker se werkwyse stem waarskynlik 100 persent ooreen met
die behandeling wat goeie dokters in die vorige eeu aan pasiente met
probleme voorgeskryf het.
Albei het die mense in hulle sorg arseen gevoer.
Om te se hulle - die dokters en Daisy de Melker - is identies is wat
hulle doen aan mense in hulle sorg, is om op 'n baie verfynde manier
te lieg.)
|
|
|
Re: Vra hulle self [boodskap #8511 is 'n antwoord op boodskap #8500] |
Wo, 12 Februarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Vra hulle self
> Date: Tue, 11 Feb 1997 14:28:06 GMT
> ooooooo!
> 'n Boendoehof!!!!
> Hoe exciting!!!!
A jury of his peers.
Aangevra deur die aangeklaagde!
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Vra hulle self [boodskap #8512 is 'n antwoord op boodskap #8500] |
Wo, 12 Februarie 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina (vanaf Izak Bouwer se epos adres) versoek Leendert
> Ek wil nou graag he^ jy moet die volgende vraelys
> vir my invul. Se^ alleen ja of nee, geen kwalifikasies
> nie:
> (1) Verkies jy die Verwoerd-era liewer as die Bhengu-
> era. Ja.... of Nee...
> (2) Voel jy dat daar net soveel menseregte verkrag word
> in die Bhengu-era is in die Verwoerd-era?
> Ja.... Nee....
Gloudina,
Ek is beswaard. Jou vraag 1 doen presies soos die politici maak.
Hulle eien hulleself die reg toe om opsies A en B (en party keer
selfs 'n C) vir 'n mens te formuleer. Daarna gee hulle 'n mens ewe
vroom die reg om tussen A of B te kies. Dit is een van hulle resepte
vir hulle sosiale ingenieurspraktyk.
Hoekom is ek beswaard? Omdat mense se kreatiwiteit daardeur ontken
word. Laat ons jou vraag as voorbeeld neem. Het jy daaraan gedink
dat daar mense is wat nog die Verwoerd-era, nog die Bhengy-era verkies,
maar miskien eerder 'n era van lank gelede? Verder is daar dalk mense
wat na 'n era streef wat nog moet kom, 'n era wat anders is as die eras
wat reeds gekom het? Omdat jy vereis dat die persoon geen kwalifikasies
moet stel aan sy/haar antwoorde nie, weier jy by voorbaat hierdie
moontlikhede. Miskien het jy dalk dit spesifiek in gedagte gehad om
Leendert in 'n hoek te dryf.
Ek koester die volgende gedagtes:
1 Die glibberige kalante:
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Daar is te veel glibberige kalante wat nie sal toelaat dat hulle in
'n hoek gedryf word nie. Kyk maar net na die politici. Verder, wat
bereik 'n mens om so 'n persoon in 'n hoek te dryf? Min mense glo nog
dat die waarheid 'n mens vry maak - die meeste soek net na 'n reseppie
wat hulle heel voor en bo sal bring indien hulle nie reeds so 'n reseppie
beoefen nie.
2 Die soeke na die waarheid:
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Die waarheid is nie eenvoudig nie. Drie belanrike fassette daarvan is
die fenomeniese, die logiese and die paradigmatiese. Een resep om die
fenomeniese fasset te minag, is om die intellektuele en dus die gedagte-
beelde van die fenomeen te verguis. 'n Ander resep om die logiese te
ontken, is om of-of te dink in plaas van niks-een-sommiges-alles. Nog
'n resep om die paradigmatiese te versaak, is om gister met vandag se
norme te beoordeel.
3 Wat moet die toekoms inhou:
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Party mense slaan die tamboer van (mense)regte en ander weer die tamboer
van verantwoordelikhede. Party trommel op sentrale magte en ander weer
op ontbundelde magte. Daar is so baie diagnoses en voorskrifte dat weining
nog vra na wat die siel verlang.
My siel verlang om skeppend te kan leef en om ander dieselfde vreugde te
kan laat ervaar.
Best wense
At de Lange
|
|
|
Re: Vra hulle self [boodskap #8513 is 'n antwoord op boodskap #8500] |
Wo, 12 Februarie 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
oos...@scientia.up.ac.za says...
>
> As u "een van die nuusgroep se mense" is, het u nou die geleentheid om
te
Leendert,
My kop draai, en my oë kyk oorkruis, van te
probeer volg wat jy en Koos vir mekaar te sê het
elke keer. Ek dink meeste mense op die nuusgroep
voel soos ek.
Ek dink dat jy baie minder moet konsentreer en
reageer op Koos se aksies en reaksies. Probeer liewers
verduidelik presies wat jy dink oor sake, sonder altyd
te verwys na Koos se uitsprake. Sover ek kan sien, wil
jy ons oortuig dat daar geen verskil tussen Verwoerd
en Bhengu is nie. Die implikasie is dus dat Verwoerd
ook probeer doen het wat die beste is vir die studente
net soos Bhengu. En dat Bhengu net soos Verwoerd
ondemokraties en fascisties is, en �social engineering�
probeer doen. Kom ek gee albei punte vir jou toe.
Wat bly oor? Die wete dat jy, as jy eerlik is, moet
toegee dat jy soos baie ander mense in jou kring
die Verwoerd-era as iets baie donker en onheilig
beskou het. En dat jy, ten spyte van die feit dat jy
voel jy moet waarsku teen Bhengu se tendense om
diktatoriaal op te tree, op die oomblik voel jy bly in
'n vry land, waar dinge op die tafel is. En ek dink
dis die boodskap van al Koos se opgewonde aanvalle
op jou: hy �revelê in hierdie vryheid, wat hy seker nou
vir die eerste keer werklik ondervind. ( Ek het 'n gevoel
hy is in die apartheids-era gebore, en het nooit geweet
wat dit was om in 'n oop gemeenskap te bly nie.)
Terloops, die eerste hoof van Bantoe-Onderwys was
Frank de Villiers. Hy was die hoogs-gerespekteerde hoof
van nie-blanke onderwys in die Kaapprovinsie. Ek het
hom geken in daardie kapasiteit, want een van sy dogters
was (en is nog) een van my beste vriendinne op universiteit.
Hy is in 1949 uitgenooi deur die Amerikaanse sendelinge
van Adams College op Adams Mission om hulle hoof te
word, toe hulle vorige hoof 'n pos aan die Universiteit van
Natal aangeneem het. Frank de Villiers het 'n jaar daar
waargeneem, maar uiteindelik besluit om nie die aanbod
aan te neem nie. Hy is toe in die vroeg vyftigerjare uitge-
nooi om die hoof van Bantoe-Onderwys te word. Ek is
seker hy sou nie die pos aangeneem het, as hy nie aanvank-
lik geglo het dat dit 'n pos is waarmee hy iets nuttigs kon
bydra tot die ontwikkeling van nie-blanke onderwys in die
land nie. Ek self het in die begin gewonder of dit nie 'n
goeie ding is om 'n sentrale outoriteit te he^ in plaas van
die lappieskombers van sendelingskole nie.
Maar toe ek vir die tweede keer na dieselfde skool
gegaan het (die tweede keer oorgeneem deur Bantoe-
Onderwys) toe het ek die rot begin ruik: witmense wat
instroom in swart onderwys om promosies te bekom,
apartheid ingevoer in waar mense by more-godsdiens
kon staan, gebaseer op hulle velkleur. 'n Hoof van die
hele inrigting (wat die pos gekry het omdat hy en sy
vrou glo vir die Verwoerd-kinders gebabysit het) se
vrou wat spesiale koppies gaan koop toe sy vir Chief
Luthuli onder andere in haar huis moet ontvang, omdat
sy nie weer uit dieselfde koppies wou drink nie. Luthuli,
'n Nobel-pryswinner. Dis sulke tye dat jy weet jy kyk
in die gesig van die duiwel. Kan jy my blameer dat ek
dankbaar was om so 'n land te verlaat?
Ek wil nou graag he^ jy moet die volgende vraelys
vir my invul. Se^ alleen ja of nee, geen kwalifikasies
nie:
(1) Verkies jy die Verwoerd-era liewer as die Bhengu-
era. Ja.... of Nee...
(2) Voel jy dat daar net soveel menseregte verkrag word
in die Bhengu-era is in die Verwoerd-era?
Ja.... Nee....
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: Vra hulle self [boodskap #8514 is 'n antwoord op boodskap #8500] |
Wo, 12 Februarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> Leendert,
> My kop draai, en my oë kyk oorkruis, van te
> probeer volg wat jy en Koos vir mekaar te sê het
> elke keer. Ek dink meeste mense op die nuusgroep
> voel soos ek.
> Ek dink dat jy baie minder moet konsentreer en
> reageer op Koos se aksies en reaksies.
Ek stem saam. Een of ander ou Romein het verklaar dat dit sinneloos is om te
debateer met iemand wat nog die feitelike waarheid nog die beginsels van die
logika belangrik ag.
> Sover ek kan sien, wil
> jy ons oortuig dat daar geen verskil tussen Verwoerd
> en Bhengu is nie.
Op 'n baie fundamentel vlak, wat uiting find in die beleidsuitsrpake van albei.
> Die implikasie is dus dat Verwoerd
> ook probeer doen het wat die beste is vir die studente
> net soos Bhengu.
Ek bevraagteken hierdie aanname t.o.v. beide Bengu en Verwoerd. Albei wou, so
sê hulle, "the greatest good for the greatest number" hê. Die probleem is dat
_hulle_ die inhoud van "good" bepaal.
> En dat Bhengu net soos Verwoerd
> ondemokraties en fascisties is, en �social engineering�
> probeer doen. Kom ek gee albei punte vir jou toe.
> Wat bly oor? Die wete dat jy, as jy eerlik is, moet
> toegee dat jy soos baie ander mense in jou kring
> die Verwoerd-era as iets baie donker en onheilig
> beskou het.
Daar was ook mense wat betrokke was by konstruktiewe aspekte daarvan wat dit
as opwindend en belowend beskou het.
> En dat jy, ten spyte van die feit dat jy
> voel jy moet waarsku teen Bhengu se tendense om
> diktatoriaal op te tree, op die oomblik voel jy bly in
> 'n vry land, waar dinge op die tafel is.
Ek dink dit is meer as tendense. En dit is nie beperk tot Bhengu nie.
Ondergeskikte politici, akademici wat hulle adviseer (ek het briewe waarin 'n
akademikus wat 'n bekende marxis is, 'n provinsiale leier adviseer oor
onderwysbeleid - op versoek van die provisiale leier. Dit is grillerig as jy
onder die indruk is dat jy in 'n vry land woon) en van die amptenare (sommige
van hulle ingevoer) wat beleid ontwikkel met wie 'n mens onderhandel. Daar is
'n maniese messiaanse gees vaardig, _identies_ aan die wat mens onder
welmenende apartheidsburokrate gekry het. Die ergste is. Daar is _geen_ respek
vir die gewone burger se oordeelsvermoë nie - dieselfde mense wat hulle
ingestem het. Net soos in die geval van Verwoerd en opvolgers. En die mense
kom dit agter. Swart ouers wat al saam met my in sulke onderhandelingsessies
was voel dit aan en praat daaroor.
Van Verwoerd se opvolgers gepraat. Sommige van hulle sit natuurlik nou in die
opposisiebanke. Party van die wat mag gehad het onder die vorige bedeling het
steeds dieselfde houdings. Van _al_ die politeke partye is hulle die enigstes
wat jou beperk tot 'n halfuur afspraak, tien minute laat opdaag, en dan tien
minute neem om te verduidelik hoe belangrik en besig hulle is. Die laaste tien
minute gebruik hulle om uiteen te sit hoekom jou idees nie kan werk nie.
> En ek dink
> dis die boodskap van al Koos se opgewonde aanvalle
> op jou: hy �revelê in hierdie vryheid, wat hy seker nou
> vir die eerste keer werklik ondervind. ( Ek het 'n gevoel
> hy is in die apartheids-era gebore, en het nooit geweet
> wat dit was om in 'n oop gemeenskap te bly nie.)
The price of freedom is eternal vigilance. As ons dit nie gou leer nie sal die
vryheid kortstondig wees.
> Terloops, die eerste hoof van Bantoe-Onderwys was
> Frank de Villiers. Hy was die hoogs-gerespekteerde hoof
> van nie-blanke onderwys in die Kaapprovinsie. Ek het
> hom geken in daardie kapasiteit, want een van sy dogters
> was (en is nog) een van my beste vriendinne op universiteit.
> Hy is in 1949 uitgenooi deur die Amerikaanse sendelinge
> van Adams College op Adams Mission om hulle hoof te
> word, toe hulle vorige hoof 'n pos aan die Universiteit van
> Natal aangeneem het. Frank de Villiers het 'n jaar daar
> waargeneem, maar uiteindelik besluit om nie die aanbod
> aan te neem nie. Hy is toe in die vroeg vyftigerjare uitge-
> nooi om die hoof van Bantoe-Onderwys te word. Ek is
> seker hy sou nie die pos aangeneem het, as hy nie aanvank-
> lik geglo het dat dit 'n pos is waarmee hy iets nuttigs kon
> bydra tot die ontwikkeling van nie-blanke onderwys in die
> land nie. Ek self het in die begin gewonder of dit nie 'n
> goeie ding is om 'n sentrale outoriteit te he^ in plaas van
> die lappieskombers van sendelingskole nie.
Sentralisering is nou die in ding. Selfs diskresionêre magte wat uitdruklik
deur die parlement by wyse van wetgewing aan provinsiale amptenare toegewys
is, moet uitgeoefen word onder die perke van "norme en standaarde" wat deur
die sentrale departement vasgestel word.
> Maar toe ek vir die tweede keer na dieselfde skool
> gegaan het (die tweede keer oorgeneem deur Bantoe-
> Onderwys) toe het ek die rot begin ruik: witmense wat
> instroom in swart onderwys om promosies te bekom,
> apartheid ingevoer in waar mense by more-godsdiens
> kon staan, gebaseer op hulle velkleur. 'n Hoof van die
> hele inrigting (wat die pos gekry het omdat hy en sy
> vrou glo vir die Verwoerd-kinders gebabysit het) se
> vrou wat spesiale koppies gaan koop toe sy vir Chief
> Luthuli onder andere in haar huis moet ontvang, omdat
> sy nie weer uit dieselfde koppies wou drink nie. Luthuli,
> 'n Nobel-pryswinner. Dis sulke tye dat jy weet jy kyk
> in die gesig van die duiwel. Kan jy my blameer dat ek
> dankbaar was om so 'n land te verlaat?
Die duiwel manifesteer hom nou op ander maniere. Maar dieselfde duiwel is nog
steeds daar. Sy naam is totalitêre mag. Die verskil is dat 'n mens jou nou tot
'n mate daarteen kan verdedig. Emigrasie is nie meer die "enigste uitweg"
nie. As jy die middele en die insig het. Maar dieselfde mense vir wie
emigrasie geen moontlikheid was in die verlede nie, is die wat nou nie die
middele en die insig het nie. En die funksie van die kooose van die wêreld is
om die insig (en mettertyd die middele) van hulle weg te hou. Die kooose is
die _presiese_ ekwivalent van die begeesterde amptenare, onderwysers en
party-organiseerdes wat met soveel heilige geloof die voordele van apartheid
gepreek het.
> Ek wil nou graag he^ jy moet die volgende vraelys
> vir my invul. Se^ alleen ja of nee, geen kwalifikasies
> nie:
> (1) Verkies jy die Verwoerd-era liewer as die Bhengu-
> era. Ja.... of Nee...
Nee.
> (2) Voel jy dat daar net soveel menseregte verkrag word
> in die Bhengu-era is in die Verwoerd-era?
> Ja.... Nee....
Ja. Dis nie net ek wat so sê nie. Ek het Alister Sparks reeds aangehaal wat
verklaar dat die onderwysbeleid van hierdie regering 'n crime against humanity
is van dieselfde omvang as die vorige. (Dis nie 'n kwalifikasie nie. Dis 'n
ampilfikasie :-)
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Vra hulle self [boodskap #8515 is 'n antwoord op boodskap #8500] |
Wo, 12 Februarie 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink die verskil tussen 'n gesels in 'n kroeg of 'n coffee shop en
'n boendoehof le in die volgende grens wat oorgesteek word:
1. In die praatjies maak oor die draad sê mense: "Jy! Jy weet nie hoe
ongewild jy in die buurt is nie!"
Of: "Jy! Ek dink jy dra nuus aan vir die polisie. En dis nie net ek
wat so dink nie."
Of: "Jy! Jy sê jy respekteer menseregte maar ek sê nou aan jou jy
doen dit nie! "
Dan laat hulle dit daar. Hervat die gesprek dalk more.
2. Die boendoehof: Persoon een gaan dan verder. Hy kry die buurt
bymekaar. Sit hulle voor hom dat hulle luister en vra: "Hou ons van
die man!?" En wys na hom en versoek 'n massa-antwoord in die openbaar.
Die tweede vraag natuurlik as die antwoord "nee" is. is om te vra "en
wat gaan ons daaromtrent doen?"
Die argumente begin my nou verveel.
Dit het lank reeds uitgerafel.
Ek gaan onttrek aan dierdie "thread" se heen en weer nit picking en
sal waarskynlik volstaan met 'n seleksie uit jou geskrifte op die
groep rondom hierdie onderwerp - wat ek moontlik vanaand op die groep
sal laat vir jou om te lees.
(Jury of peers by the way verwys na 'n ordelike hofsaak waarin daar
baie dinamieke in werking is. Nie die poging van jou nie.
In so 'n ondersoek sal ek en jy aan objektiewe kruisondervraging
blootgestel word.)
|
|
|
Re: Vra hulle self [boodskap #8516 is 'n antwoord op boodskap #8500] |
Wo, 12 Februarie 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article amde...@gold.up.ac.za writes:
> From: amde...@gold.up.ac.za
> Subject: Re: Vra hulle self
> Date: Wed, 12 Feb 1997 10:41:00 GMT
> Gloudina (vanaf Izak Bouwer se epos adres) versoek Leendert
Is dit nou versoek soos in verlei? :-)
>> Ek wil nou graag he^ jy moet die volgende vraelys
>> vir my invul. Se^ alleen ja of nee, geen kwalifikasies
>> nie:
>> (1) Verkies jy die Verwoerd-era liewer as die Bhengu-
>> era. Ja.... of Nee...
>> (2) Voel jy dat daar net soveel menseregte verkrag word
>> in die Bhengu-era is in die Verwoerd-era?
>> Ja.... Nee....
> Gloudina,
> Ek is beswaard. Jou vraag 1 doen presies soos die politici maak.
> Hulle eien hulleself die reg toe om opsies A en B (en party keer
> selfs 'n C) vir 'n mens te formuleer. Daarna gee hulle 'n mens ewe
> vroom die reg om tussen A of B te kies. Dit is een van hulle resepte
> vir hulle sosiale ingenieurspraktyk.
Nee, At. Kyk weer. By vraag 1 het die antwoord "ja" betekenis. Die antwoord
"nee" het geen werklike betekenis nie. Indien iemand "nee" antwoord op daardie
vraag weet jy nog nie of hy die Bengu era verkies, of geen een van die twee
nie. Dit laat dus vele moontlikhede oop :-)
By vraag 2 het die "nee"-antwoord nog veel meer moontlike betekenisse. Dit kan
beteken dat jy dink dat enigeen van Verwoerd of Bengu meer menseregte verkrag
het.
Ek stem egter met jou saam. Sulke metodes is manipulerend van aard. Ek dink
dit strek tot Gloudina se krediet dat sy duidelik nie baie goed is daarmee nie
:-)
Groete, Leendert.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 16 18:39:54 MGT 2024
|