|
RASPOETIEN - Philip de Vos [boodskap #112259 is 'n antwoord op boodskap #112242] |
So, 21 Januarie 2007 07:09 |
Red Ryder
Boodskappe: 2 Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hierdie is spesiaal vir Fritz (Zippitie zip jou draad word afgeknip) en
Walter die Wonderman skaamteloos gestuur deur Philip de Vos die skrywer van
hierdie versie:
RASPOETIEN *
In die dae voor kommuniste
was daar welbedeelde Ruste,
maar wie is ék nou om te oordeel
oor darie grote Rus se voor deel?
Dié Rus se naam was Raspoetien
en hy had glad g'n slap sardien.
Wie hom sien, gaan glo aan 't gille
oor darie grote bul der bulle.
Maandae had hy Anna, Masja,
Tanja, Kitti en Natasja.
Dinsdae kry Madame von Meck
glo 'n sopsoen oppie bek.
Vroue was vir hom nes ooie,
dán breek hy die Tien Gebooie.
Daarna kielie hy vir Lara
met sy woeste skilferhare.
Raspoetien raak goddelooster
en die mans word al hoe booster.
Ja, dié ou se vryery
moes nou wragtag einde kry.
Sergei voer vir hom arseen,
Lenski skiet hom deur die skeen.
En Vladimir gaan vééls te ver:
Versuip hom eers . en gryp 'n SKÊR!!
Ra, Ra, Raspoetien!
Yslik grote Vrymasjien.
Boos, boos dié man was boos.
Toe sterwe hy katotterloos .
*(als die reine waarheid)
Philip de Vos uit Kat se Blad Human & Rousseau 1999
|
|
|