Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Re: onderwys.
Re: onderwys. [boodskap #8343] Di, 04 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nog een van die ooreenkomste tussen Verwoerd se Bantoe-Onderwysstrukture en
die nuwe beleid onder die SA Skolewet:

Die skepping van sg. "governance structures" om die skyn van demokratiese
konsultasie te skep. In werklikheid het hierdie structures geen effektiewe mag
oor die wesenlike inhoud van die onderwys nie - wat geleer word, en hoe dit
geleer word.

In die geval van die SA Skolewet was dit selfs 'n helse bakleiery in die
parlement om die ANC sover te kry dat die ouergemenskap 'n gewone merderheid
(50% +1) op die bestuursliggame van staatskole te laat wees. Ingevolge die SA
Skolewet dit nou wel so - die liggame het egter geen wesenlike mag nie - wel
baie verpligtinge, soos om geld in te samel om die finansiële las van die
onderwys op die staat te verlig.

Dit herinner so sterk aan die sogenaamde Model C-skole wat Piet Marais in die
doodsnikke van die NP-regering ingestel het. Hier het hy letterlik die reg op
inspraak in die onderwys aan die ouers verkoop. Dit is die mees siniese
erkennig van presies wat daardie regering se standpunt was oor die reg van
kinders om, onder die rigting en leiding van hul ouers, hul eie fundamentele
regte uite oefen - die woorde van die Handves van Kinderregte. Piet Marais
het, soos 'n middeleeuse priester wat aflaatbriewe verkoop, mense se
onvervreembare fundamentele regte aan hulle verkwansel.

Maar selfs dit was oëverblindery. Al magte wat die mense in werklikheid gekry
het, was om te besluit watter soort kunsmis hulle sal koop vir die rugbyveld
en watter kleur die servette sal sal wees op die tafels vir die matriekafskeid
- en wie hulle sal aanstel in die onderwysposte waarvoor hulle betaal het.

Oor wat hulle kinders leer, en hoe dit onderrig word, het hulle geen inspraak
gekry nie.

Nou verklaar Bhengu trots: Alle skole is nou model C-skole.

Groete, Leendert

In article oos...@scientia.up.ac.za
(Leendert van Oostrum) writes:

> Snaaks genoeg, iets wat baie ander mense ook nie weet nie. Daar was, (soos
> nou, volgens die SA Skolewet), raadplegende strukture onder Bantu Education,
> waar "minder belangrike aspekte" oor onderwys uitgeklaar is. In landelike
> gebiede hoofsaaklik die tradisionele strukture, in stedelike gebiede die
> (weliswaar gebrekkige) raadplegende strukture in die woongebiede. Kyk gerus na
> die betrokke wette en na die jaarverslae van die betrokke departement (e). Wat
> geleer sou word en hoe is natuurlik nooit bespreek nie. Soos tans.
Re: onderwys. [boodskap #8345 is 'n antwoord op boodskap #8343] Di, 04 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article "xfiles" writes:
> From: "xfiles"
> Subject: leendert/onderwys.
> Date: 4 Feb 1997 00:08:05 GMT

> Ek waardeer jou lywige skrywe.
> Vraag:
> Die Swart ouers wat -gekies- het dat hul kinders onderwys ontvang in
> Engels(n onjuiste besluit misskien, maar dalk tog n besluit) en nie in die
> moedertaal nie, wie is hulle en hoe het dit gebeur. Was daar n referendum
> onder die swart bevolking. Wie was die verteenwoordigers (van die ouers dan
> en oor die spesefieke aangeleentheid ) in die parlement. Ek weet werklik
> nie die antwoord nie. N vraag dus.

Snaaks genoeg, iets wat baie ander mense ook nie weet nie. Daar was, (soos
nou, volgens die SA Skolewet), raadplegende strukture onder Bantu Education,
waar "minder belangrike aspekte" oor onderwys uitgeklaar is. In landelike
gebiede hoofsaaklik die tradisionele strukture, in stedelike gebiede die
(weliswaar gebrekkige) raadplegende strukture in die woongebiede. Kyk gerus na
die betrokke wette en na die jaarverslae van die betrokke departement (e). Wat
geleer sou word en hoe is natuurlik nooit bespreek nie. Soos tans.

> Mymering:
> Toe die tye verander het en dit was vir iedereen duidelik dat daar onvrede
> was oor die onderwysverpligting dat sekere vakke in Afrikaans aangebied
> moes word en Engels deur vele eerder dan Afrikaans verkies was as taal van
> onderrig, toe Afrikaans apartheid verteenwoordig het in die
> waarnemingswereld van die studente, kan ek jou suiwer logiese redenering
> begryp dat die opstand om en in 1976, logies beskouw, teen
> moedertaalonderwys gerig was (behoort te gewees het...), maar ek neem die
> argumentering as demagogisch* omdat dit n ontkenning is van wat in die
> gemoedere van die jongmense (en in die land) afgespeel het en van die
> resultaat hiervan wat nou nog natril. Is dit jou bedoeling om logika te
> gebruik om die fenomenologiese waarneembare ongeldig te verklaar in n
> argument ?

Lees weer wat ek geskryf het. Nie wat in jou kop aangaan nie. Ek het dit baie
duidelik gestel dat ek nie dink dat die "opstandelinge" (was die woord) bekend
was met die ware toedrag van sake nie.

Waar dit jou beskuldiging van demagogiese retoriek aangaan, moet jy dus jou
woorde terugtrek.

Om die waarheid te sê, behoort jy jou af te vra waarom daar so 'n verskil was
tussen die persepsie van die bevolking - hul naief-fenomenologiese waarneming
van die situasie - en die verklaarde beleid van die owerheid (onaanvaarbaar
soos dit was). Jy mag daar dalk illustratiewe voorbeelde van die betekenis van
"demagogies" vind. (Dis nie nodig om die woord vir my te verklaar nie. Selfs
al sou ek daar onbkend mee wees, het ek gerieflike toegang tot verskeie
woordeboeke - insluitende Van Dale).

> Ek herhaal: "miljoene moes onderwys ondervind in n taal wat nie hulle
> moedertaal was nie....."

Nou bring dan bewys hiervoor.

Maar as jou persepsie is dat die betrokke miljoene enige begeerte gehad het om
in hul moedertaal te leer, fouteer jy ernstig. Die leerlinge wou nie in
Afrikaans leer nie, maar ook nie in hul moedertaal nie. Hulle wou in Engels
leer. Bantu Education se langdurige pogings om hulle aan te moedig om
moedertaalonderwys te aanvaar is allerweë beskou as net nog 'n poging van die
apartheidsregering om hulle toegang tot internasionale toegang te ontsê.

> en ek voeg by (wat ookal die rede daarvoor was -
> asof die rede die feit ophef of bepaal) maar wel in n gehate taal deur vele
> en voer die bogenoemde plus jou uiteensetting as die gevraagde bewys aan.
> Geen legende,feite.

> Wanopvatting ? Hardly. Misskien gebruik jy Afrikaner Zen: Ja-Nee om te
> verbluf.

Ek het nie die persepsies van die bevolking ontken nie. Ek het nie probeer
bluf nie. Ek het probeer om bykomende inligting te verskaf, waarvan jy
klaarblyklik nie bewus was nie. As dit jou "verbluf", moet jy miskien gaan kyk
na die geldigheid van jou aanvanklike aannames.

> En tog dink ek nie dat dit jou intensie is nie. Dit kan wees dat
> ek Afrikaans nie meer so goed begryp nie. En misskien is my argumentele
> vermogens ook al afgetakel. Ek wil nie in n vingerwysspelletjie met jou
> beland nie. Ek vind jou bydrae (vir my) besonder waardevol dit gee my n
> bepaalde insig.

Dit was dan ook my bedoeling. Ek het geen rede om die goedgerapporteerde
opstande en die persepsies van die opstandelinge te probeer wegpraat nie. Wat
ek wel probeer doen is om minder bekende aspekte van die saak te belig. Ter
wille van groter insig. Vir sover ons die geskiedenis moet/wil herskryf, lyk
dit vir my na 'n sinvolle aktiwiteit.

>> .....................
> Ek weet nie wat om te dink van die verdwyning van geskiedenis as vak nie.
> Ook geen Europese geskiedenis nie?

My mededeling was klaarblykik te kripties, want jy verstaan my verkeerd.
Geskiedkundige verskynsels word steeds hanteer, maar nie in 'n afsonderlike
vak "geskiedenis" nie. Die leerstof word as deel van ander vakke ingewerk.
Daar is egter ook sterk klemverskuiwings. "Feite" word minder hoog aangeslaan,
en persepsies/individuele ervaring van gekiedkundige gebeure sterker
beklemtoon. Europese geskiedenis word baie sterk afgeskaal ten gunste van
Afrikageskiedenis en plaaslike/persoonlike/familiegeskiedenis word beklemtoon
bo "akademiese" geskiedenis.

>> ..................
> Inderdaad klink dit my ook soos an education melt down. Ek vrees die
> gevolge van so n aksie. Onderwys en goed onderwys is n kardinale
> verantwoordelikheid van ons as mens. Die tegenpool is n crime against
> humanity!
> Wat van TV's soos in die outback van Australia.

TV word reeds op heel groot skaal aangewend. Die SABC saai daagliks (baie
goeie) onderwysprogramme uit. Universiteit van Pretoria se eksperimentele
program om interaktiewe TV-onderwys te voorsien is so pas uitgebrei om 'n
satelietkanaal in te sluit, wat die reikwydte daarvan oor die hele
subkontinent uitrei. Ook privaatorganisasies het sulke insisatiewe, bv
Afrca Growth Network, 'n skepping van Absa en Sanlam.

> Wat word gesien as n oplossing, word daar een aangebied?

>> behalwe as jy nie met die beleid..........
> Nee, vanaf die punt hier word ek weer byna verbluf.
> Jy kan, (iedereen kan) vrylik praat en publiseer en natuurlik moet daar
> kritiek wees. Wat sleg is bly sleg, wie dit ookal doen. En sekerlik word
> daar geskree en is daar political posturing en -beledigingen van soms
> onverwagte kante, maar daar is geen wetgeving teen nie en vir jou idee en
> kritiek word jy nie gemartel of vermoor nie. Die vergelyking is nie goed
> nie en verhinder begrip en kommunikasie.
> Appels en pere argumentasie.

Dit is 'n baie ou wanopvatting onder Europeërs dat wetgewing of objektiewe
reg die finale of die enigste vorm van gesag/mag is. Dit is wat gelei het tot
die grootliks mislukte pogings om die Europese restelsels te kodifiseer.
Wetgewing is nie die enigste vorm van mag in die samelewing nie, en veral nie
waar dit sensuur aangaan nie.

Gemeenskappe pas baie vorme van sensuur en druk op die vryheid van spraak van
hul lede toe. Vele voorbeelde daarvan kan jy daagliks in hierdie nuusgroep
sien, maar Afrikagemeenskappe, wat hulle vir dekades onder wesenlik vreemde
regstelsels moes handhaaf, is baie bewus van die onderskeid.

Die gevaar ontstaan wanneer die owerheid "alternatiewe" sensuurmag being
aanwend om gebrek aan wetgewing te oorkom. Soos wat Mandela met die swart
joernaliste gedoen het. Dit is ook wat die Nazis in Duitsland gedoen het
voordat hulle die mag verkry het dit was daarna dat hulle hul alternatiewe
magsvorme met objektiewe reg in die vorm van wetgewing vervang het.

Die USSR, byvoorbeeld, het 'n grondwet gehad wat in tersaaklike opsigte veel
meer progressief was as die van die VSA. Dit het die volk geen beskerming
gebied teen magsvergrype deur die regering nie.

> En kyk nou wat doen jy in die volgende paragraaf; Jy
vergelyk die paar>uitsonderlike "wit" ouers wat in die tronk gegooi is en wie
se kinders in>weeshuise geplaas is (en wie was hulle - Jehova's getuies? hoe
lank was>hulle in die tronk en onder watter omstandighede - ek weet werklik nie
> hiervan of die getalle nie, en sou dit graag van jou hoor) met die
> verskrikking van die moorde en uitbuiting van die swart bevolking. Ek weet
> werklik nie wat jy hiermee wil bereik nie.

Verduidelik asseblief hoe jy daarop kom dat ek 'n vergelyking getref het? Dit
was nie my bedoeling nie, en dit kan ook nie uit die teks gelees word nie.

> Die twee dinge ( en die "wit"
> ouers en die swartvolksvernedering) is deel van dieselfde afskuwelike
> regeringsperiode.

Dit was presies my argument. Die vorige regering was totalitêr ten opsigte van
die _hele_ bevolking, swart sowel as wit. In die wit bevolking was dit
egter net individue en minderheidsgroepe wat die straf daarvan moes dra
omdat hulle, soos die swart bevolking, geen effektiewe politieke
bedingingsmag gehad het nie. Daaruit volg my waarskuwing dat daar _geen_
aanduiding is dat die huidige regering in hierdie opsig verskil nie.

Die enkele ouerpaar waarna ek hier verwys is tot drie jaar _opgeskorte_
tronkstraf gevonnis is (maar het weens internasionale druk net ses maande [die
moeder] en vyf maande [die vader] gesit). Hulle het geweier om hul
kinders na staatskole te stuur, ten spyte van die opgeskorte vonnis. Dosyne
ander het ingegee nadat hulle soortgelyke opgeskorte vonnisse opgelê is, en
honderde ander nadat hulle die eerste aanmanings van die owerheid ontvang het.

> Die wanstaltige nasionale party wat liefdeloosheid
> opgewerp het as idiaal.
> en wat geld nou "vir almal ongeag ras" ?

Die staatsdwang dat alle kinders volgens die staat se heersende ideologie
ge-indoktrineer moet word is nou op _alle_ kinders van toepassing, en nie net
op wittes nie. Dit is die verklaarde beleid van die ANC soos aangeteken in die
Hansards van die nasionale parlement en verskeie provinsies (Ek het een uit
die Wes-Kaap, 9 Oktober 1996 hier op my tafel. "Alle leerlinge moet deur
dieselfde stelsel gaan" is die partybeleid.)

Al wat hulle in toom hou is die grondwet en die internasionale instrumente van
menseregte. Dit verhoed hulle net om wetgewing in te stel om hul beleid af te
dwing. Dit verhoed hulle nie om ander magsmiddele te gebruik, soos om
Katolieke skole te dwing om staatskole te word deur hul subsidies af te sny
nie (kan jy jou voorstel dat die staatsubsidiering van die kerkskole [60% +
van alle skole] in Nederland opgeskort word? Die onderwysopstande van die
vorige eeu sal onmiddelik herleef!)

> Hier klop iets werklik nie.

Probeer harder om die fenomeen te verstaan - en nie die algemene persepsie
daarvan nie. Dit, per slot van rekening, is die voorskrif van die
fenomenologiese metode. Begin met jou eidetiese reduksie - maak jou kop skoon
van verwagtinge en vooroordele - so het Husserl ons tog geleer?

> Xfiles

> * Demagogue; A person of definite character and purpose who comprehends our
> way of thought is sure to exert power over us. He cannot altogether be
> resisted; because, if he understands us, he can make us understand him,
> through the word, the look, or other symbol, which both of us connect with
> the common sentiment or idea; and thus by communicating an impulse he can
> move the will.
> Charles Horton Cooley (1864�1929), U.S. sociologist. Human Nature and the
> Social Order, ch. 4 (1902).

Hmmm..... Iemand wat ons mesmeraais. Mandela het nogal 'n reputasie hiervoor
:-)

Groete, Leendert
Re: onderwys. [boodskap #8346 is 'n antwoord op boodskap #8345] Di, 04 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ongegronde beskuldigings van demagogery is natuurlik een van die
"alternatiewe" vorms van sensuur wat individue en gemeenskappe toepas :-)

Groete, Leendert

In article oos...@scientia.up.ac.za
(Leendert van Oostrum) writes:

> In article "xfiles"

>> Mymering:
>> Toe die tye verander het en dit was vir iedereen duidelik dat daar onvrede
>> was oor die onderwysverpligting dat sekere vakke in Afrikaans aangebied
>> moes word en Engels deur vele eerder dan Afrikaans verkies was as taal van
>> onderrig, toe Afrikaans apartheid verteenwoordig het in die
>> waarnemingswereld van die studente, kan ek jou suiwer logiese redenering
>> begryp dat die opstand om en in 1976, logies beskouw, teen
>> moedertaalonderwys gerig was (behoort te gewees het...), maar ek neem die
>> argumentering as demagogisch* omdat dit n ontkenning is van wat in die
>> gemoedere van die jongmense (en in die land) afgespeel het en van die
>> resultaat hiervan wat nou nog natril. Is dit jou bedoeling om logika te
>> gebruik om die fenomenologiese waarneembare ongeldig te verklaar in n
>> argument ?

> Lees weer wat ek geskryf het. Nie wat in jou kop aangaan nie. Ek het dit baie
> duidelik gestel dat ek nie dink dat die "opstandelinge" (was die woord) bekend
> was met die ware toedrag van sake nie.

> Waar dit jou beskuldiging van demagogiese retoriek aangaan, moet jy dus jou
> woorde terugtrek.
Re: onderwys. [boodskap #8361 is 'n antwoord op boodskap #8343] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 4 Feb 1997 11:02:28, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:

(50% +1) op die bestuursliggame van staatskole te laat wees. Ingevolge die SA[/color]
> Skolewet dit nou wel so - die liggame het egter geen wesenlike mag nie - wel
> baie verpligtinge, soos om geld in te samel om die finansiële las van die
> onderwys op die staat te verlig.>>>

En hoekom was die ANC so teensinnig Leendert?
Vertel bietjie vir die mense hoekom, toe!
Re: onderwys. [boodskap #8362 is 'n antwoord op boodskap #8345] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 4 Feb 1997 09:41:02, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:

>>>[/color]

EN

>>

Jy't 'n ding hieroor, lyk dit my.

joernaliste gedoen het. Dit is ook wat die Nazis in Duitsland gedoen het[/color]
> voordat hulle die mag verkry het dit was daarna dat hulle hul alternatiewe
> magsvorme met objektiewe reg in die vorm van wetgewing vervang het.>>>

Moenie twak praat nie.
Gaan vra eers vir die swart joernaliste. En ander joernaliste wat
"Mandela met hulle gedoen het" voor jy dit so "glibly" ingly in 'n
pseudo feit om jou subtiele ideologiese muur te bou.
En dan praat JY van Goebels en sy crowd.
Mandela het met die pers geraas soos Clinton dit soms doen, soos Major
dit soms doen.
En die pers het met hom teruggeraas hieroor.
En voortgegaan om te doen presies wat tot die raas aanleiding gegee
het.
Mandela het nie hof toe gegaan nie. Hy het nie 'n wet gemaak nie. Hy
het nie polisiemanne na die koerante toe gestuur nie.
Hy het aanvaar dat hy kan raas en dat hulle die keuse het om te
luister as hulle wil. Of terug te raas.
Dis bietjie anders as die dae tot so laat soos die laat 80's toe sulke
jong wit mans met Pierre Cardin-pakke en donkerbrille by koerante
ingeloop het, die sekuriteit geignoreer het, nie eers by die redakteur
omgegaan het nie en reguit na 'n joernalis se lessenaar toe gestap
het.
En haar daar baie duidelik gese het sy hou nou op skryf en vra oor die
onderwerp of sy gaan baie jammer wees. (Dit was toevallig oor die
Smith-moorde)

(Ons het jou stem toe gemis, Leendert.)
Re: onderwys. [boodskap #8415 is 'n antwoord op boodskap #8343] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: onderwys.
> Date: Wed, 05 Feb 1997 13:49:40 GMT

> On Tue, 4 Feb 1997 11:02:28, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:

> > (50% +1) op die bestuursliggame van staatskole te laat wees. Ingevolge die SA
>> Skolewet dit nou wel so - die liggame het egter geen wesenlike mag nie - wel
>> baie verpligtinge, soos om geld in te samel om die finansiële las van die
>> onderwys op die staat te verlig.>>>

> En hoekom was die ANC so teensinnig Leendert?
> Vertel bietjie vir die mense hoekom, toe!

Omdat "die ouers moet deur hul oortuigingskrag lei, en nie deur hul oorwig van
getalle nie" - Mary Metcalfe in haar voorlegging voor die
onderwysstaandekomitee in die parlement 3 Spetember 1996.

Insiggewende kommentaar in die lig van ander bepalings van die wet wat Mary
die mag gee om oor te neem wanneer daar probleme ontstaan in bestuursrade van
skole.

Omdat "daar baie onderontwikkelde gemeenskappe in die land is waar die
onderwysers nie kans sien om te werk as die ouers te veel sê het nie." Mary
Metcalfe tydens 'n vergadering in Johannesburg in Augustus 1995, waar ek die
voorsitter was.

Dis wat die ANC sê, kooos. Wat sou jy graag wou gehad het hulle moet sê?

Groete, Leendert
Re: onderwys. [boodskap #8416 is 'n antwoord op boodskap #8362] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:

> Dit sluit aan by die volgende: In die hede en toenemend in die toekoms
> word ons verswelg deur inligting.
> Die bepalende vaardigheid sal wees om die inligting te evalueer, te
> verstaan wat dit is en waar dit vandaan kom en om te weet waar om die
> inligting te kry.
> Om slegs inligting te onthou wat aan jou gevoer word, sal nie meer
> goed genoeg wees nie.

Yep 100% korrek en waar. En daarom het ons nuwe onderwysbenaderings nodig, en
daarom ondersteun ek die konstruktiwistiese onderwysmetodiek wat die Education
Policy Development Unit daar by jou in Braamfontein ontwikkel baie sterk. En
daarom is ek betrokke by 'n projek om sulke onderwysmetodes vir onderwysers te
leer (In my persoonlike hoedanigheid, en grootliks in my vrye tyd). En dit is
waarom ek betrokke is by die ontwikkeling van die eerste onderwysgraad wat
onder die nuwe COTEP voorskrifte goedgekeur is.

Die probleem is dit. Daar is nog geen groot burokratiese stelsel waar dit
geslaag ingestel was nie. Nie hier plaaslik, waar dit al op provinsiale vlak
uitgetoets is nie, en nie in Nieu Zeeland of die VSA waar dit al op groter
skaal probeer is nie.

Burokratiese implementering daarvan lei tot chaos, tot weerstand van die
onderwyserskorps en tot 'n verval van onderwysstandaarde. Dit werk net waar
onderwysers dit vrywillig, op eie inisiatief, maar met die steun van die
owerheidstruktuur instel.

Dit is ongelukkig nie wat beplan word nie. Ek voorspel dat dit plek-plek baie
goed sal werk. In voorstedelike skole met redelik gesofistikeerde bevolking.
Vir die arme bliksems wat dit die nodigste het sal dit nog swakker onderwys
meebring.

> >>

> Hoorsê Leendert? Jy kyk dan nie meer TV nie. Jy is dan trots dat jy
> twee jaar al nie meer kyk nie.
> Jy weier seker ook om 'n lisensie te betaal.

Natuurlik weier ek om 'n lisensie te betaal vir 'n TV stel wat nie werk nie.
Ek is egter ook betrokke by aksies wat TV-onderrig beskikbaar
maak - deel van my werk, sien.

> > aanwend om gebrek aan wetgewing te oorkom. Soos wat Mandela met die swart
>> joernaliste gedoen het. Dit is ook wat die Nazis in Duitsland gedoen het
>> voordat hulle die mag verkry het dit was daarna dat hulle hul alternatiewe
>> magsvorme met objektiewe reg in die vorm van wetgewing vervang het.>>>

> Moenie twak praat nie.
> Gaan vra eers vir die swart joernaliste. En ander joernaliste wat
> "Mandela met hulle gedoen het" voor jy dit so "glibly" ingly in 'n
> pseudo feit om jou subtiele ideologiese muur te bou.

?????

> En dan praat JY van Goebels en sy crowd.
> Mandela het met die pers geraas soos Clinton dit soms doen, soos Major
> dit soms doen.

O? Manela het nie met "die pers" geraas nie. Hy het swart joernaliste daarvan
beskuldig dat hulle swart belange skaad deur in die sakke te wees van wit
base. Wys my enige soortgelyke optrede van Clinton of Major.

> En die pers het met hom teruggeraas hieroor.
> En voortgegaan om te doen presies wat tot die raas aanleiding gegee
> het.

Ja. Tot hul krediet. Vir hoe lank?

> Mandela het nie hof toe gegaan nie. Hy het nie 'n wet gemaak nie. Hy
> het nie polisiemanne na die koerante toe gestuur nie.

Nog nie.

> Hy het aanvaar dat hy kan raas en dat hulle die keuse het om te
> luister as hulle wil. Of terug te raas.

Ek vind dit veelseggend dat hy "aanvaar hy kan raas" met _swart_ joernaliste
wat hul werk doen, raas met hulle _op grond van hulle swartheid_.

> Dis bietjie anders as die dae tot so laat soos die laat 80's toe sulke
> jong wit mans met Pierre Cardin-pakke en donkerbrille by koerante
> ingeloop het, die sekuriteit geignoreer het, nie eers by die redakteur
> omgegaan het nie en reguit na 'n joernalis se lessenaar toe gestap
> het.
> En haar daar baie duidelik gese het sy hou nou op skryf en vra oor die
> onderwerp of sy gaan baie jammer wees. (Dit was toevallig oor die
> Smith-moorde)

Ja, dit is inderdaad anders. Ek hoop ons kan dit so hou. Dit is waarom ek
bekommerd is oor Mandela se optrede.

> (Ons het jou stem toe gemis, Leendert.)

Snaaks, kooos, ek het _jou_ toe ook nie gehoor nie.

> En het dit 'n onafhanklike lewenslank aangestelde konsitisionele hof
> gehad wat die handves teen die parlement beskerm het?

Hul hof was nie onafhanklik nie. Ons s'n moet nog toon dat hy onafhanklik is.

> En het dit gereelde verkiesings gehad?

O ja!

> En het dit vryheid van assosiasie gehad - bewese op die sypaadjie?

Binne die "redelike perke" wat hul grondwet toegelaat het, ja.

> En het ons die goed hierbo?

Nee. Ons moet nog sien of ons dit het.

As die president vooraf aankondig wie hy graag as hoofregter genomineer wil
sien, het ek probleme met die onafhanklikheid van die regbank.

As Afrikaanstalige skole, waar daar ook swart leerders is wat deur die medium
van Afrikaans leer, gedwing word om ook in Engels te onderrig het ek 'n
probleem met die vryheid van assosiasie.

> Jy argumenteer met 'n agende Leendert.
> Verwys na 'n vorige "posting" hieroor, swaer.

> > die _hele_ bevolking, swart sowel as wit. In die wit bevolking was dit
>> egter net individue en minderheidsgroepe wat die straf daarvan moes dra
>> omdat hulle, soos die swart bevolking, geen effektiewe politieke
>> bedingingsmag gehad het nie. >>>

> Dis seker hoekom Helen Suzman tronk toe was, ne?
> En hoekom Jaap Marais ook tronk toe was, ne?

Dis hoekom Bram Fisher tronk toe was, Hoekom Hellen Joseph en Beyers Naude
ingeperk was - en vele ander.

> > ge-indoktrineer moet word is nou op _alle_ kinders van toepassing, en nie net
>> op wittes nie. Dit is die verklaarde beleid van die ANC soos aangeteken in die
>> Hansards van die nasionale parlement en verskeie provinsies (Ek het een uit
>> die Wes-Kaap, 9 Oktober 1996 hier op my tafel. "Alle leerlinge moet deur
>> dieselfde stelsel gaan" is die partybeleid.) >>>

> 1.Wes-Kaap word deur die NP regeer.

Ja, en die ANC is daar in opposisie, en neem aan die debatte deel. Dieselfde
stelling is ook elders gemaak. Die groot voordeel van uitlatings van
agterbankers is dat hulle dikwels juis die party line uitlap, omdat hulle nie
die oordeel het om dit "aanvaarbaar" in te klee nie. Dit by hulle wat jy die
ding reg uit die koukus se bek kry.

> 2. Wat is daai ding nou weer van selektief aanhaal. En daai ding van
> in konteks aanhaal?

????

> Jy stel onderwys-stelsel gelyk aan ideologiese indoktrinering.
> Dus: As alle Nederlandse kinders deur dieselfde skoolstelsel moet
> gaan, is die Nederlandse regering besig om alle Nederlandse kinders
> ideologies te indoktrineer.

Inderdaad. Dit is waarom jy in Nederland (en België, Duitsland, Skandinawië
ens) die grondwetlike reg het om 'n privaatskool te stig waar jou eie
oortuigings verkondig word - op die onkoste van die staat. Meer as 60% van die
skole in Nederland is privaatskole (meesal kerkskole) wat per leerling presies
dieslefde staatsfondse ontvang as staatskole.

> ...sê Leendert die matroos.

Se die grondwette en onderwyswetgewing van daardie lande - en die professore
van onderwysreg uit daardie wat in Oktober 'n konferensie in Rustenburg
toegespreek het.

> > menseregte.>>>

> Juis.
> Daar le nogal baie opgesluit in daardie woord "grondwet".

> > Katolieke skole te dwing om staatskole te word deur hul subsidies af te sny
>> nie (kan jy jou voorstel dat die staatsubsidiering van die kerkskole [60% +
>> van alle skole] in Nederland opgeskort word? Die onderwysopstande van die
>> vorige eeu sal onmiddelik herleef!)>>>

> Al gewonder of daar ander redes daarvoor is ?
> Of is die feit dat jy aanmekaar oor jou skouer loer 'n bewys dat jy
> agtervolg word?

????

> (Leendert, ons het jou stem gemis toe apartheid nog geheers het.)

Ek het joune ook nie gehoor nie, kooos. Ek het wel dokumentêre bewys van my
uitsprake in daardie tyd. Het jy?

Groete, Leendert
Re: onderwys. [boodskap #8457 is 'n antwoord op boodskap #8416] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 7 Feb 1997 13:45:49, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:

> Gaan vra eers vir die swart joernaliste. En ander joernaliste wat[/color]
>> "Mandela met hulle gedoen het" voor jy dit so "glibly" ingly in 'n
>> pseudo feit om jou subtiele ideologiese muur te bou.
>
> ?????>>>

Wat beteken ?????

beskuldig dat hulle swart belange skaad deur in die sakke te wees van wit[/color]
> base. Wys my enige soortgelyke optrede van Clinton of Major.>>>

Spanning tussen regering en 'n vrye pers in normaal in enige
demokrasie.
Dit is ook gesond.
En dit gebeur in alle demokrasiee.
Lees bietjie veral Amerikaanse joernaliste hieroor.

> En die pers het met hom teruggeraas hieroor.[/color]
>> En voortgegaan om te doen presies wat tot die raas aanleiding gegee
>> het.
>
> Ja. Tot hul krediet. Vir hoe lank?>>>

Vir hoe lank?
Dis waar die persepsie inkom.
Vir so lank as wat ons grondwet bly en vir solank as wat die land se
bevolking die grondwet wil he.
Daar is geen waarborg nie. Daar was nooit een nie en daar sal nooit
een wees nie.
Is daar tekens dat die regering beplan om die grondwet wat dit betref
te verander? Nee.
Is daar tekens dat hulle daarmee sal kan wegkom?
Nie juis nie.
Sal Cosatu en die SAKP om twee van hule vennote te noem, dit aanvaar
dat Mbeki die handves van menseregte uitgooi om byvoorbeeld die pers
te onderdruk?
Ek glo nie.
Die bewese rekord van kritiek van hulle op die ANC is daar vir jou om
te gaan kyk na.
Nou praat ons nie eens van die DP, NP (of wat hy volgende jaar gaan
wees) en die sake-gemeenskap nie.
En die kerke.
Dus: Die regering beplan nie om persvryheid in te kort nie. En al sou
hulle, gaan hulle dit nie regkry nie.
Om dus jou lewe in te rig asof jy op die mespunt daarvan leef, is 'n
bietjie silly.

> luister as hulle wil. Of terug te raas.[/color]
>
> Ek vind dit veelseggend dat hy "aanvaar hy kan raas" met _swart_ joernaliste
> wat hul werk doen, raas met hulle _op grond van hulle swartheid_.>>>

Dit se baie oor die land wat ons op die oomblik is, ja. Ons sit nog
met die nalatenskap van jou klaarblyklik geliefde Verwoerd.
Swart bemagtiging en tersaaklike strominge is 'n werklikheid en
waarskynlik 'n onvermydelike uitvloeisel van die verlede.
Jy weet moontlik nie dat Mandela ook al met "Afrikaanse joernaliste"
gepraat het nie.

[/color]
>> (Ons het jou stem toe gemis, Leendert.)
>
> Snaaks, kooos, ek het _jou_ toe ook nie gehoor nie. >>>

Ek het toe ook gese wat ek nou se.
Ek het nie 'n openbare verhoog nie, maar het waar ek gewoon en gewerk
het toe dieselfde gese. En partykeer kak opgetel daaroor.
Ek het gese: Apartheid is verkeerd.
Swart mense moet kan woon en werk waar hulle wil.
Hulle moet kan stem en hulle moet in die regering kan wees.
En swart kinders moet enige skool kan bywoon - gegee die gewone
logistieke strukture.
Het jy dit ook toe verkondig?
Het jy in die vroee jare tagtig en die jare sewentig die vryheid
voorgestaan wat jy nou voor baklei?
Dis 'n eerlike reguit vraag die.
Het jy waar jy was - akademiese inrigting vermoed ek - hardop gese
swart kinders moet die vryheid he om enige "wit" skool by te woon?

En het dit 'n onafhanklike lewenslank aangestelde konsitisionele
hof
>> gehad wat die handves teen die parlement beskerm het?
>
> Hul hof was nie onafhanklik nie. Ons s'n moet nog toon dat hy onafhanklik is.>>>

Onafhanklik beteken die regters word lewenslank aangestel en kan nie
gefire word nie. behalwe as hulle mal raak of totaal onbevoeg om hulle
job te doen.
In die Russiese situasie sou dit beteken daar was 'n regter wat vir
Bresnjef sou kon se hy mag nie 'n regulasie uitvaardig nie want dit
oortree die handves van menseregte.
En dan sou Bresjnjef NIKS op Gods aarde aan die man kon doen nie.
Hy sou hom nie kon fire of van die saak af geskuif het nie.

Ons hof is onafhanklik op die terme.
Onafhanklik in hul siening: Dis 'n hewige komplekse argument of idee
of wat ookal. Dit begin by wat beteken onafhanklik. Onafhanklik van
wat? Afhanklik aan wat?
Soos in enige ander land (soos die nou reeds Holywood-bekende
Amerikaanse voorbeeld van integrasie in die suide) sal die regters
hulle obviously steur aan die make up van die samelewing en die
onderliggende worstelinge wat in die gemeenskap aan die gang is.

[/color]
> O ja!>>>

Waarin net lede van die kommunistiese party kon stem, sover ek weet.
Dink jy regtig alle Russe het onder Kommunisme in Sowjet-Rusland
geheime stemreg in alle verkiesings gehad?
Of argumenteer jy nie "straight" nie?
By ons het alle SA burgers 'n geheime stem.

En het dit vryheid van assosiasie gehad - bewese op die sypaadjie?
>
> Binne die "redelike perke" wat hul grondwet toegelaat het, ja.>>>

Nee. 'n Mens kon nie as jy 'n Rus was 'n Kapitalistiese Party gestig
het, dit geregistreer het en aan 'n verkiesing deelgeneem het nie.
By ons kan jy enige party van jou keuse registreer en aan enige
verkiesing deelneem.

[/color]
> Nee. Ons moet nog sien of ons dit het. >>>

Ons het dit.
Gaan vind 'n bietjie uit.
Ons is deur twee verkiesings met die goed van ons.
En daar is nie aan hulle geraak nie.
En daar is geen teken dat iemand aan dit wil raak nie.
In fact, as die ANC wou, kon hy die finale grondwet gebuig het soos hy
wou.
Hy het nie.

>>[/color]

Die onafhanklikheid van die regbank setel hoofsaaklik daarin dat
regters aangewys word uit die geledere van bevoegde regslui (hul, die
balie en so meer se insette is baie bepalend in die opstel van die
finale lys sover ek weet) en dat hulle "for life" aangestel word.
Mandela het die keuse van 'n bevoegde wit hoofregter gehad en van 'n
bevoegde swart hoofregter.
In die gees van die tyd het hy aangedui dat sy keuse die swartman is.
Die swartman het toevallig die meeste steun onder regslui ook geniet.
Mandela het in die openbaar gese hy sal like as Mohammed die
hoofregter word.
Hy kon natuurlik soos in die verlede eenvoudig geprobeer het om agter
die skerm te werk en te maak asof die keuse nie syne was nie.
In plaas daarvan het hy sy keuse - binne die beperking van die finale
lys wat aanhom voorgele was, sover ek onthou - die onderwerp van
openbare debat gemaak.
Waaraan die hele bevolking toe deelgeneem het.
Dit bekommer my nie.
Die wese van die proses wat gevolg was, maak my uiters hoopvol vir die
toekoms.
Jy sien, so teen 1991 het baie blankes Nuremberg-verhore verwag.

Dit hierbo is wat hulle gekry het.

Die swart hoofregter is by the way uiters bevoeg vir die job.

van Afrikaans leer, gedwing word om ook in Engels te onderrig het ek 'n[/color]
> probleem met die vryheid van assosiasie.>>

Vat dit grondwetlike hof toe.
Dis soos die demokrasie werk.
Vir die eerste keer in die bestaan van die land is daardie hof daar
vir jou.

Dis seker hoekom Helen Suzman tronk toe was, ne?
>> En hoekom Jaap Marais ook tronk toe was, ne?
>
> Dis hoekom Bram Fisher tronk toe was, Hoekom Hellen Joseph en Beyers Naude
> ingeperk was - en vele ander.>>>

Die vorige bedeling het 'n relatief nou "baan" van demokrasie
toegelaat waarbinne die hoofstrome van blankes groot vryhede geniet
het.
'n Mens kon wit wees en dit nooit ervaar het dat jy in 'n totalitere
staat woon nie.
As jy swart was, het jy in 'n uiters totalitere staat gewoon, in alle
opsigte van jou bestaan.

stelling is ook elders gemaak. Die groot voordeel van uitlatings van[/color]
> agterbankers is dat hulle dikwels juis die party line uitlap, omdat hulle nie
> die oordeel het om dit "aanvaarbaar" in te klee nie. Dit by hulle wat jy die
> ding reg uit die koukus se bek kry.>>>

Agterbankers se uitlating in die verband word selde die aksie van die
voorbankers.
Die agterbankers verteenwoordig meer kere faksies van emosie en
alternatiewe denke in 'n koukus.
Ek neem aan jy bestudeer die uitlating van NP en DP agterbankers netso
goed.
'n Regering kan beslis nie aan die uitlatings van sy partylede wat
agterbankers is in 'n streek-parlement waar hulle die opposisie vorm,
gemeet word nie.

2. Wat is daai ding nou weer van selektief aanhaal. En daai ding
van
>> in konteks aanhaal?
>
> ????>>>

Ek neem aan jy wil aandui jy verstaan nie die opmerking nie.
Dit is: As jy die uitlatings van lede van die regerende party vat waar
hulle agterbankers in 'n streek-parlement is in 'n provinsie waar
hulle die opposisie vorm, en jy maak daardie uitlatings die (enigste)
premise van 'n argument waarmee jy die betrokke regering se nasionale
beleid wil aanval, dan is jy besig met uiters selektiewe aanhaling en
neem jy geen stukkie konteks in aanmerking nie.

>> Jy stel onderwys-stelsel gelyk aan ideologiese indoktrinering.
>> Dus: As alle Nederlandse kinders deur dieselfde skoolstelsel moet
>> gaan, is die Nederlandse regering besig om alle Nederlandse kinders
>> ideologies te indoktrineer.
>
> Inderdaad. Dit is waarom jy in Nederland (en België, Duitsland, Skandinawië
> ens) die grondwetlike reg het om 'n privaatskool te stig waar jou eie
> oortuigings verkondig word - op die onkoste van die staat.>>>

Eie leerplan, eie eksamens. eie vakke?

skole in Nederland is privaatskole (meesal kerkskole) wat per leerling presies[/color]
> dieslefde staatsfondse ontvang as staatskole.>>>

Nederland is in die gelukkige posisie dat hy waarskynlik gratis
staatsonederrig kan aanbied.
Ons het nie genoeg geld om eers genoeg skole vir die kinders van die
land in jare op te rig nie.
Dan sit ons ook nog met 'n verlede waarin erg diskriminerende vlakke
van onderwys ingemessel is in die omgewing.
En met 'n werklikheid waarin talle regse gemeenskappe as hulle die
kans kry, skole sal kaap en slegs blank sal maak ten koste van
waarskynlik honderde swart kinders.
Potgietersrus is jou voorbeeld.

uitsprake in daardie tyd. Het jy?>>>[/color]

Deel dit met ons. Toe.
Dan deel ek myne met jou.
Re: onderwys. [boodskap #8475 is 'n antwoord op boodskap #8343] Ma, 10 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Feb 1997 09:49:43, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:

Vir so lank as wat ons grondwet bly en vir solank as wat die land
se
>> bevolking die grondwet wil he.
>
> Die kern van die saak, ne!>>>

Ja. Dis demokrasie. As die Amerikaanse bevolking volgende maand as 'n
massa sou besluit om 'n totalitere staat te raak, waai hulle grondwet.

Daar is geen waarborg nie. Daar was nooit een nie en daar sal
nooit
>> een wees nie.
>
> En jy beskuldig my hieronder dat ek voorgee dat ons "op 'n mespunt" leef!
> Lyk my nogal na 'n mespuntsituasie wat jy hier beskryf.>>>

Nee. Dis realiteit. God waarborg nie grondwette nie. Dit beteken hulle
kan net bestaan solank die algemene bevolking hulle wil he.
Jy maak asof daar alle tekens is dat die grondwet verwerp gaan word
terwyl die teenoorgestelde geld.

help. Vir die groot koerante is sulke koste nie 'n probleem nie. Vir die[/color]
> kleineres wel. Vra vir Max du Preez.>>>

Dis 'n situasie van werklikheid oral in die wereld.
Max du Preez het sy koerant nooit bedryf met die oog om dit winsgewend
te maak nie.
Hy het dit van die begin af bedryf as een waarin hy gedoen het wat hy
wou - aan die lewe gehou deur skenkings.
Hy het aanvaar dat as die skenkings ophou hou hy ook op.
En toe dit ophou in die begin negentigs het hy opgehou.

Gaan kyk bietjie na Mail and Guardian vir 'n beter voorbeeld.

Klein koerante kan omtrent nerens in die wereld werklik hof toe gaan
nie. Dis oral te duur.
Dis 'n funksie van ons samelewing en ekonomie en die tariewe van
advokate, nog al die jare.

> wat hul werk doen, raas met hulle _op grond van hulle swartheid_.>>>>>[/color]

Hy het met almal geraas.
En die swart joernaliste het die hardste teruggeraas.

Dat Mandela met swart joernaliste raas omdat hulle nie die swart line toe nie[/color]
> as gevolg van die nalatenskap van Verwoerd?
> Indien wel? Verdedig jy die voortsetting van hierdie nalatenskap?>>

Dat SA op die oomblik nog steeds die gevolg is van apartheid wat die
samelewing vir dekades op etniese spore gedryf het is 'n realiteit.
Kyk om jou.
As mens maak of dit nie so is nie kan jy dit nie behoorlik hanteer en
verander nie.
Om die werklikheid te verander moet jy met die werklikheid werk.

[/color]

Retoriese vraag. Hoe sal jy ooit weet?
Die feit is die stem was geheim en die politieke partye kan hulle
daaromtrent inlig.

wat "swaar sou leef" as hul stamme nie reg stem nie.>>>[/color]

Van die IFP?
Daar was obviously sulke goed. Dit was egter nie die algemene
werklikheid nie en weereens, die mense se stemme was geheim. Die
opposissie kon dit vir hulle gese het.
Moenie die IFP of wie ook al se onderduimsheid gebruik om die makers
van die grondwet mee af te skiet nie.
Jy argumenteer mos nie so nie, of hoe?

>>[/color]

Of omdat hulle beginsels goed gedien word deur die grondwet soos hy
is.
Of omdat hulle werklik 'n demokratiese staat wil skep.
Take your pick afhangende van groot jou siel is.

In elk geval: So jy gee hier toe dat die ANC sensitief is vir
internasionale raad en hom daardeur laat lei?
Goeie regering, ne?

Jammer Verwoerd het dit nooit gedoen nie.

aan die ongehoorlike grens en dit maak jou hoopvol vir die toekoms?>>[/color]

Oneindig meer hoopvol as ooit onder Verwoerd, Vorster of PW Botha.

> ens) die grondwetlike reg het om 'n privaatskool te stig waar jou eie[/color]
>>> oortuigings verkondig word - op die onkoste van die staat.>>>
>
>> Eie leerplan, eie eksamens. eie vakke?
>
> Ja.>>>

Hulle het nie nie standaard-eksamen nie?
Hoe keur hulle mense vir die universiteit?

wat dit kos om dieselfde leerling in 'n staatskool te huisves. Dit kos die[/color]
> tipiese godsdienstige privaatskole veel minder (50% in die VSA, soortgelyk
> hier) per leerling as wat die opleiding van die leerling in die staatskool kos
> (salarisse, hoofsaaklik - nonne en monnike kos min. Ook onderwysers in ander
> denominasies wat onderwys as bediening beskou. Maar die grootste besparing lê
> daarin dat privaatskole nie die ontsaglike burokrasie van staatsonderwys
> onderhou nie.)>>>

In SA bedien die privaatskole by verre die ryk mense.
Hoe is dit dan in elk geval dat almal skryf en praat dat privaatskole
nou so gewild is en left right en centre opgerig word?
Die mense het dan mos geld daarvoor.

>>[/color]

Potgietersrus het oor ras gegaan. Niks anders as dit nie.
Re: onderwys. [boodskap #8476 is 'n antwoord op boodskap #8343] Ma, 10 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 7 Feb 1997 13:47:09, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:

>

Raait Leunie, wat hiervan:

Die ondervinding van Potgietersrus het parlementslede van die ANC
oortuig dat die staat die finale se moet he oor wat met 'n skool
gedoen word.

En die feit dat daar uit die main stream wit Afrikaanse gemeenskap
nie juis 'n veroordeling gekom het oor wat by Potgietersrus gebeur
het nie.
Re: onderwys. [boodskap #8477 is 'n antwoord op boodskap #8457] Ma, 10 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: onderwys.
> Date: Sun, 09 Feb 1997 21:07:12 GMT

> On Fri, 7 Feb 1997 13:45:49, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
> Oostrum) wrote:

> joernaliste daarvan
>> beskuldig dat hulle swart belange skaad deur in die sakke te wees van wit
>> base. Wys my enige soortgelyke optrede van Clinton of Major.>>>

> Spanning tussen regering en 'n vrye pers in normaal in enige
> demokrasie.
> Dit is ook gesond.
> En dit gebeur in alle demokrasiee.
> Lees bietjie veral Amerikaanse joernaliste hieroor.

Dit was nie spanning tussen die regering en "'n vrye pers" nie. Dit was
spanning tussen Manela en die _swart_ pers, op grond van hul _swart_-heid.
Wat sê Amerikaanse joernaliste hieroor?

> > En die pers het met hom teruggeraas hieroor.
>>> En voortgegaan om te doen presies wat tot die raas aanleiding gegee
>>> het.
>>
>> Ja. Tot hul krediet. Vir hoe lank?>>>

> Vir hoe lank?
> Dis waar die persepsie inkom.
> Vir so lank as wat ons grondwet bly en vir solank as wat die land se
> bevolking die grondwet wil he.

Die kern van die saak, ne!

> Daar is geen waarborg nie. Daar was nooit een nie en daar sal nooit
> een wees nie.

En jy beskuldig my hieronder dat ek voorgee dat ons "op 'n mespunt" leef!
Lyk my nogal na 'n mespuntsituasie wat jy hier beskryf.

> Is daar tekens dat die regering beplan om die grondwet wat dit betref
> te verander? Nee.
> Is daar tekens dat hulle daarmee sal kan wegkom?
> Nie juis nie.
> Sal Cosatu en die SAKP om twee van hule vennote te noem, dit aanvaar
> dat Mbeki die handves van menseregte uitgooi om byvoorbeeld die pers
> te onderdruk?
> Ek glo nie.
> Die bewese rekord van kritiek van hulle op die ANC is daar vir jou om
> te gaan kyk na.
> Nou praat ons nie eens van die DP, NP (of wat hy volgende jaar gaan
> wees) en die sake-gemeenskap nie.
> En die kerke.
> Dus: Die regering beplan nie om persvryheid in te kort nie. En al sou
> hulle, gaan hulle dit nie regkry nie.
> Om dus jou lewe in te rig asof jy op die mespunt daarvan leef, is 'n
> bietjie silly.

Ek dink nie die regering sal probeer om die grondwet te verander nie. Net om
dit te ignoreer, sodat mens teen groot koste die hof moet inroep om jou te
help. Vir die groot koerante is sulke koste nie 'n probleem nie. Vir die
kleineres wel. Vra vir Max du Preez.

> In die hof en in die ander gevalle in die grondwetlike hof sou hy
> natuurlik sy gat gesien het.
> Maar hy kon dit getry het as hy wou.
> Hy het nooit enige aanduidig daarvan gegee nie.
> Nooit eers daarna verwys nie.
> Hy het nooit eers daarmee gedreig nie. Nie in die openbaar of in die
> private gesprekke met swart joernaliste nie. Gaan vra hulle as jy wil.
> Dus lyk jou "nog nie" - tensy jy dit anders gaan verduidelik - na 'n
> tipiese vooroordeel of agterdog omdat hy swart en ANC is of na 'n saai
> van agterdog.

Ek raak agterdogtig as Mandela met swart joernaliste raas omdat hulle as
swartes nie die swart line toe nie.

Noem dit vooroordeel as jy wil. Maar kyk skerp na wie bevooroordeeld is in
hierdie situasie.

> Hy het aanvaar dat hy kan raas en dat hulle die keuse het om te
>>> luister as hulle wil. Of terug te raas.
>>
>> Ek vind dit veelseggend dat hy "aanvaar hy kan raas" met _swart_ joernaliste
>> wat hul werk doen, raas met hulle _op grond van hulle swartheid_.>>>

> Dit se baie oor die land wat ons op die oomblik is, ja. Ons sit nog
> met die nalatenskap van jou klaarblyklik geliefde Verwoerd.
> Swart bemagtiging en tersaaklike strominge is 'n werklikheid en
> waarskynlik 'n onvermydelike uitvloeisel van die verlede.

O? Beweer jy hier dat Mandela se optrede die nalatenskap van Verwoerd is?
Dat Mandela met swart joernaliste raas omdat hulle nie die swart line toe nie
as gevolg van die nalatenskap van Verwoerd?
Indien wel? Verdedig jy die voortsetting van hierdie nalatenskap?

> Jy weet moontlik nie dat Mandela ook al met "Afrikaanse joernaliste"
> gepraat het nie.

> > bekommerd is oor Mandela se optrede.
>>
>>> (Ons het jou stem toe gemis, Leendert.)
>>
>> Snaaks, kooos, ek het _jou_ toe ook nie gehoor nie. >>>

> Ek het toe ook gese wat ek nou se.

Maar ek het jou nie gehoor nie.

> Ek het nie 'n openbare verhoog nie, maar het waar ek gewoon en gewerk
> het toe dieselfde gese. En partykeer kak opgetel daaroor.
> Ek het gese: Apartheid is verkeerd.
> Swart mense moet kan woon en werk waar hulle wil.
> Hulle moet kan stem en hulle moet in die regering kan wees.
> En swart kinders moet enige skool kan bywoon - gegee die gewone
> logistieke strukture.

Ek het jou dit ook nie hoor sê nie.

> Het jy dit ook toe verkondig?

Sommige daarvan wel. Maar ook ander aspekte wat jy nie hier noem nie. Wat meer
is, ek het dit nie net gesê nie. Ek was betrokke by die verwydering van, o.a.
werkafbakening deur opleiding in my industrie en die verwydering van sosiale
beletsels.

> Het jy in die vroee jare tagtig en die jare sewentig die vryheid
> voorgestaan wat jy nou voor baklei?

Yep. So vroeg as '74.

> Dis 'n eerlike reguit vraag die.
> Het jy waar jy was - akademiese inrigting vermoed ek - hardop gese
> swart kinders moet die vryheid he om enige "wit" skool by te woon?

Nee. Ek was in daardie stadium by ander aspekte betrokke.

> En het dit 'n onafhanklike lewenslank aangestelde konsitisionele
> hof
>>> gehad wat die handves teen die parlement beskerm het?
>>
>> Hul hof was nie onafhanklik nie. Ons s'n moet nog toon dat hy onafhanklik
> is.>>>

> Onafhanklik beteken die regters word lewenslank aangestel en kan nie
> gefire word nie. behalwe as hulle mal raak of totaal onbevoeg om hulle
> job te doen.
> In die Russiese situasie sou dit beteken daar was 'n regter wat vir
> Bresnjef sou kon se hy mag nie 'n regulasie uitvaardig nie want dit
> oortree die handves van menseregte.
> En dan sou Bresjnjef NIKS op Gods aarde aan die man kon doen nie.
> Hy sou hom nie kon fire of van die saak af geskuif het nie.

> Ons hof is onafhanklik op die terme.
> Onafhanklik in hul siening: Dis 'n hewige komplekse argument of idee
> of wat ookal. Dit begin by wat beteken onafhanklik. Onafhanklik van
> wat? Afhanklik aan wat?

Inderdaad.

> Soos in enige ander land (soos die nou reeds Holywood-bekende
> Amerikaanse voorbeeld van integrasie in die suide) sal die regters
> hulle obviously steur aan die make up van die samelewing en die
> onderliggende worstelinge wat in die gemeenskap aan die gang is.

Interessant dat, in 'n gemeenskap waar 80% van die bevolking die aanwending
van die doodstraf voorstaan, daar nie _een_ van die regters op die
grondwetlike hof is wat dit voorstaan nie.

> >
>> O ja!>>>

> Waarin net lede van die kommunistiese party kon stem, sover ek weet.
> Dink jy regtig alle Russe het onder Kommunisme in Sowjet-Rusland
> geheime stemreg in alle verkiesings gehad?
> Of argumenteer jy nie "straight" nie?
> By ons het alle SA burgers 'n geheime stem.

Ja. En shop stewards en partywerwers wat ongesofistikeerde mense met stories
oor tokelosje en alsiende rekenaars oortuig dat hul stem _nie_ geheim is nie.

Is 'n verkiesing vry wanneer die stem objektief geheim is, of wanneer dit in
die gemoed van die kieser geheim is?

> En het dit vryheid van assosiasie gehad - bewese op die sypaadjie?
>>
>> Binne die "redelike perke" wat hul grondwet toegelaat het, ja.>>>

> Nee. 'n Mens kon nie as jy 'n Rus was 'n Kapitalistiese Party gestig
> het, dit geregistreer het en aan 'n verkiesing deelgeneem het nie.
> By ons kan jy enige party van jou keuse registreer en aan enige
> verkiesing deelneem.

Een van die "redelike perke" van hul grondwet.

> >
>> Nee. Ons moet nog sien of ons dit het. >>>

> Ons het dit.
> Gaan vind 'n bietjie uit.
> Ons is deur twee verkiesings met die goed van ons.
> En daar is nie aan hulle geraak nie.

Hoeveel kiesers in die twee verkiesings het geglo dat hul stem werklik geheim
is?

> En daar is geen teken dat iemand aan dit wil raak nie.

Nie? Ek herinner my sekere uitlatings wat gemaak is oor tradisionele leiers
wat "swaar sou leef" as hul stamme nie reg stem nie.

> In fact, as die ANC wou, kon hy die finale grondwet gebuig het soos hy
> wou.
> Hy het nie.

Omdat hy nie wou nie? Of omdat hy bewus was van die potensiaal van
internasionale druk.?

> > sien, het ek probleme met die onafhanklikheid van die regbank.>>>

> Die onafhanklikheid van die regbank setel hoofsaaklik daarin dat
> regters aangewys word uit die geledere van bevoegde regslui (hul, die
> balie en so meer se insette is baie bepalend in die opstel van die
> finale lys sover ek weet)

So behoort dit te wees - mitsdit sonder onbehoorlike be-invloeding geskied.

> en dat hulle "for life" aangestel word.
> Mandela het die keuse van 'n bevoegde wit hoofregter gehad en van 'n
> bevoegde swart hoofregter.
> In die gees van die tyd het hy aangedui dat sy keuse die swartman is.

In die gees van die tyd en teen die gees van die grondwet? Dis 'n bekvol wat
jy hier sê - in die lig van jou ander uitlatings oor die onskendbaarheid van
die grondwet.

> Die swartman het toevallig die meeste steun onder regslui ook geniet.

Goed, en 'n regsgeleerde met 'n goeie reputasie. Maar irrelevant.

> Mandela het in die openbaar gese hy sal like as Mohammed die
> hoofregter word.
> Hy kon natuurlik soos in die verlede eenvoudig geprobeer het om agter
> die skerm te werk en te maak asof die keuse nie syne was nie.
> In plaas daarvan het hy sy keuse - binne die beperking van die finale
> lys wat aanhom voorgele was, sover ek onthou - die onderwerp van
> openbare debat gemaak.

Nee. Hy het sy keuse bekendgemaak _voordat_ die finale lys aan hom voorgelê
is. Hy het aangedui wie hy op die finale lys wil hê.

> Waaraan die hele bevolking toe deelgeneem het.
> Dit bekommer my nie.
> Die wese van die proses wat gevolg was, maak my uiters hoopvol vir die
> toekoms.

Die president van die land oefen invloed uit op die samestelling van die
kortlys vir die hoofregter van die land op 'n wyse wat onbehoorlik is of wat
aan die ongehoorlike grens en dit maak jou hoopvol vir die toekoms?

> Jy sien, so teen 1991 het baie blankes Nuremberg-verhore verwag.

> Dit hierbo is wat hulle gekry het.

> Die swart hoofregter is by the way uiters bevoeg vir die job.

Hiermee stem ek saam. Maar "die proses wat gevolg is" plaas vraagtekens oor
die kanse dat sy opvolger - of die se opvolger - ook so sal wees.

> die medium
>> van Afrikaans leer, gedwing word om ook in Engels te onderrig het ek 'n
>> probleem met die vryheid van assosiasie.>>

> Vat dit grondwetlike hof toe.
> Dis soos die demokrasie werk.
> Vir die eerste keer in die bestaan van die land is daardie hof daar
> vir jou.

Absoluut. Daaroor is ek bly. Dat die hof nou 'n wesenlike rol kan speel in die
proses van regskepping.

Die probleem is dat regskepping via die howe 'n uiters duur proses is vir die
individu. Dis maklik om te sê "vat dit hof toe".

Een manier om regte te beperk is dus om wetgewing daar te stel wat teen groot
koste in die howe reggeskaaf moet word. As jy genoeg daarvan doen put jy die
bronne van die betrokke burgers uit (want hulle betaal ook vir jou saak teen
hulle, onthou).

Met die SA Skolewet is ons (tuisonderwys) al met die eerste konsep aangesê om
ons saak na die grondwetlike hof te neem - deur 'n amptenaar van die
uitvoerende gesag. Let wel. Die amptenaar het die oordeel van die wetgewende
gesag vooruitgeloop. Geweet sy baas in die minsterstoel se wet sou deurgaan.
'n Bepaling wat in geen ander land met vergelykbare grondwet staande gebly het
nie. Die proses om dit deur die grondwetlike hof gewysig te kry sal, in die
praktyk, tien jaar neem. Die duur van die meeste kinders se skoolloopbaan.

> Dis seker hoekom Helen Suzman tronk toe was, ne?
>>> En hoekom Jaap Marais ook tronk toe was, ne?
>>
>> Dis hoekom Bram Fisher tronk toe was, Hoekom Hellen Joseph en Beyers Naude
>> ingeperk was - en vele ander.>>>

> Die vorige bedeling het 'n relatief nou "baan" van demokrasie
> toegelaat waarbinne die hoofstrome van blankes groot vryhede geniet
> het.

> 'n Mens kon wit wees en dit nooit ervaar het dat jy in 'n totalitere
> staat woon nie.

Slegs as jy saamgestem het met die regering. Jy was dus vry om te kies wat
jy wou - mits die keuse binne die perke van die regering se goedkeuring
geval het. Dit is nou weer so dat die wat nie effektiewe politieke mag het
nie, beperk word in die keuses wat hulle mag uitoefen.

> As jy swart was, het jy in 'n uiters totalitere staat gewoon, in alle
> opsigte van jou bestaan.

> Dieselfde
>> stelling is ook elders gemaak. Die groot voordeel van uitlatings van
>> agterbankers is dat hulle dikwels juis die party line uitlap, omdat hulle nie
>> die oordeel het om dit "aanvaarbaar" in te klee nie. Dit by hulle wat jy die
>> ding reg uit die koukus se bek kry.>>>

> Agterbankers se uitlating in die verband word selde die aksie van die
> voorbankers.
> Die agterbankers verteenwoordig meer kere faksies van emosie en
> alternatiewe denke in 'n koukus.
> Ek neem aan jy bestudeer die uitlating van NP en DP agterbankers netso
> goed.
> 'n Regering kan beslis nie aan die uitlatings van sy partylede wat
> agterbankers is in 'n streek-parlement waar hulle die opposisie vorm,
> gemeet word nie.

> 2. Wat is daai ding nou weer van selektief aanhaal. En daai ding
> van
>>> in konteks aanhaal?
>>
>> ????>>>

> Ek neem aan jy wil aandui jy verstaan nie die opmerking nie.
> Dit is: As jy die uitlatings van lede van die regerende party vat waar
> hulle agterbankers in 'n streek-parlement is in 'n provinsie waar
> hulle die opposisie vorm, en jy maak daardie uitlatings die (enigste)
> premise van 'n argument waarmee jy die betrokke regering se nasionale
> beleid wil aanval, dan is jy besig met uiters selektiewe aanhaling en
> neem jy geen stukkie konteks in aanmerking nie.

Aangesien ek dit nie die enigste premise gemaak het nie, bly my reaksie:

?????

>>> Jy stel onderwys-stelsel gelyk aan ideologiese indoktrinering.
>>> Dus: As alle Nederlandse kinders deur dieselfde skoolstelsel moet
>>> gaan, is die Nederlandse regering besig om alle Nederlandse kinders
>>> ideologies te indoktrineer.
>>
>> Inderdaad. Dit is waarom jy in Nederland (en België, Duitsland, Skandinawië
>> ens) die grondwetlike reg het om 'n privaatskool te stig waar jou eie
>> oortuigings verkondig word - op die onkoste van die staat.>>>

> Eie leerplan, eie eksamens. eie vakke?

Ja.

Maar dis nie wat die ANC bedoel as hulle praat van "almal moet deur die
selfde stelsel" gaan nie. Hulle bedoel eksplisiet staatsonderwys.

Ongelukkig maak die grondwet en die internasionale instrumente dit vir hulle
onmoontlik om dit af te dwing. Selfs Verwoerd het hierdie fundamentele reg (om
elders as in staatskole opgelei te word) nie openlik afgeskaf nie. Daar is
egter baie maniere om die uitoefening van hierdie reg onmoontlik te maak. Soos
Verwoerd gedoen het en soos Bengu dit doen.

> > skole in Nederland is privaatskole (meesal kerkskole) wat per leerling presies
>> dieslefde staatsfondse ontvang as staatskole.>>>

> Nederland is in die gelukkige posisie dat hy waarskynlik gratis
> staatsonederrig kan aanbied.
> Ons het nie genoeg geld om eers genoeg skole vir die kinders van die
> land in jare op te rig nie.

Die subsidie vir 'n leerling in 'n privaatskool kos die staat ongeveer 40% van
wat dit kos om dieselfde leerling in 'n staatskool te huisves. Dit kos die
tipiese godsdienstige privaatskole veel minder (50% in die VSA, soortgelyk
hier) per leerling as wat die opleiding van die leerling in die staatskool kos
(salarisse, hoofsaaklik - nonne en monnike kos min. Ook onderwysers in ander
denominasies wat onderwys as bediening beskou. Maar die grootste besparing lê
daarin dat privaatskole nie die ontsaglike burokrasie van staatsonderwys
onderhou nie.)

Deur die subsidie te verwyder, word 90% van die leerlinge in privaatskole
gedwing om na staatskole te gaan. Daardie leerlinge kos die staat dus _meer_
in die staatskool as in die privaatskool.

> Dan sit ons ook nog met 'n verlede waarin erg diskriminerende vlakke
> van onderwys ingemessel is in die omgewing.
> En met 'n werklikheid waarin talle regse gemeenskappe as hulle die
> kans kry, skole sal kaap en slegs blank sal maak ten koste van
> waarskynlik honderde swart kinders.
> Potgietersrus is jou voorbeeld.

In Potgietersrus was die betrokke skool _verder_ van die leerlinge se huise as
die naaste staatskool, wat in der waarheid leeg geloop het.

Die uitspraak van regter Spoelstra is gegrond op die reg van daardie kinders
om die keuse uit te oefen om die betrokke skool by te woon, _ondanks_ die feit
dat dit nie die naaste staatskool was nie.

Ek dink dat die regter se beslissing korrek was, en ek ondersteun die kinders
se uitoefening van daardie reg. Maar Potgietersrus is nie die voorbeeld van
wat jy hierbo skets, van kinders wat geen alternatiewe toegang tot onderwys
het nie.

> bewys van my
>> uitsprake in daardie tyd. Het jy?>>>

> Deel dit met ons. Toe.

Ek het elders verwys na akademiese stukke wat dateer uit 1987.

Groete, Leendert
Re: onderwys. [boodskap #8499 is 'n antwoord op boodskap #8477] Di, 11 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: onderwys.
> Date: Mon, 10 Feb 1997 22:53:07 GMT

> >>> ens) die grondwetlike reg het om 'n privaatskool te stig waar jou eie
>>>> oortuigings verkondig word - op die onkoste van die staat.>>>
>>
>>> Eie leerplan, eie eksamens. eie vakke?
>>
>> Ja.>>>

> Hulle het nie nie standaard-eksamen nie?
> Hoe keur hulle mense vir die universiteit?

Ek is nie seker van Nederland nie - hulle mag wel 'n standaardeksamen vir
universiteitstoelating hê - wat slegs die laaste jaar of drie van die
skoolonderwys be-invloed. Waarskynlik het hulle meer as een, soos ons.

Dit is egter nie noodwendig so nie. In die VSA is daar glad geen standaard
skooleindeksamen nie. Elke skool het sy eie en elke universiteit het sy eie
toelatingsvereistes, wat in sommige gevalle eksamens insluit.

Groete, Leendert
Re: onderwys. [boodskap #8545 is 'n antwoord op boodskap #8343] Vr, 14 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Leendert skryf:

> In die VSA is daar glad geen standaard
> skooleindeksamen nie. Elke skool het sy eie en elke universiteit het sy eie
> toelatingsvereistes, wat in sommige gevalle eksamens insluit.
>
> Groete, Leendert

Dis nie heeltemal waar nie. Dwarsdeur die VSA gebruik universiteite die resultate
van eksamens soos die GRE (Graduate Record Examn). Hierdie eksamen kan mens
tot in Suid Afrika om aansoek te doen vir toelating tot 'n Amerikaanse universiteit.
Daar is ook nog ander sulke eksamens soos die GMAT en LSAT, maar daarvan
weet ek nie veel nie.

Groete
Stef
Re: onderwys. [boodskap #8571 is 'n antwoord op boodskap #8343] Ma, 17 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ro...@physics.utoronto.ca says...
>
> Leendert skryf:
>
>> In die VSA is daar glad geen standaard
>> skooleindeksamen nie. Elke skool het sy eie en elke universiteit het sy eie
>> toelatingsvereistes, wat in sommige gevalle eksamens insluit.
>>
>> Groete, Leendert
>
> Dis nie heeltemal waar nie. Dwarsdeur die VSA gebruik universiteite die resultate
> van eksamens soos die GRE (Graduate Record Examn). Hierdie eksamen kan mens
> tot in Suid Afrika om aansoek te doen vir toelating tot 'n Amerikaanse universiteit.
> Daar is ook nog ander sulke eksamens soos die GMAT en LSAT, maar daarvan
> weet ek nie veel nie.
>
> Groete
> Stef

Dit is wel waar dat enigiemand wat nagraadse
werk in Kanada wil doen, net soos die Amerikaners
die Princeton-eksamens moet skryf. (Net soos ook
enigiemand wat 'n MBA by die Universiteit van
Kaapstad wil loop.)
Maar wat skooleind-eksamens betref, is Kanada
maar taamlik van 'n lappieskombers. Elke skool
het hulle eie eksamens. Daar is wel in sekere provin-
sies provinsiale eksamens in dinge soos Engels, Frans
en Wiskunde, maar hulle is gewoonlik so maklik dat
enige student wat enigsins iets weet, baie hoëe punte
kry en 'n verwronge idee van sy eie kwaliteit. Die
standaard van die verskillende skole verskil dus so,
dat die Universiteit van Waterloo byvoorbeeld geen
aandag daaraan gee nie, maar hulle eie eksamens het
in Wiskunde, Fisika en Chemie om die studente wat
by hulle aansoek doen te keur. Dit het nou gewoonte
geword in baie hoëerskole om die Waterloo-eksamens
vir hulle studente te laat skryf.
Ontario en Quebec het 13 jaar in plaas van 12 jaar
skool. Ontario is egter nou van plan om sy Graad 13
uit te skakel as 'n ekstra jaar. Hulle vind dat hulle
studente nie vreeslik veel verder voor is as die studente
van die ander provinsies wat net twaalf jaar skool gehad
het nie.
Die grootste irritasie wat ek het met die hele noord-
amerikaanse stelsel, Kanada en die VSA, is hulle manier
om die persentasie punte van die studente so hoog te maak
dat dit 'n verwronge idee vir die kind gee van hoe goed
hy werklik is. 'n Redelike goeie student hier wil punte
erens tussen 85 en 95 persent h^e. Dit is belaglik vir my
om so 'n stelsel te h^e. Dan kom daar professore van ander
dele van die wereld (soos Franse professors uit Vietnam)
en hulle gee die studente in die Universiteite realistiese
punte, en dan is daar 'n klein rebellie onder die studente
oor die �lae� punte. Vir die studente op Universiteit is daar
wel die sisteem van die �grade point average� wat hulle oor
die gewoonlik vier jaar van ondergraadse studie ontwikkel,
wat 'n taamlik goeie maatstaf is van die kwaliteit van die
student en waarna die Universiteite gewoonlik kyk as die
student aansoek doen vir nagraadse werk.
Gloudina

Gloudina Bouwer
Re: onderwys. [boodskap #8593 is 'n antwoord op boodskap #8343] Wo, 19 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina skryf:

>
>
> Dit is wel waar dat enigiemand wat nagraadse
> werk in Kanada wil doen, net soos die Amerikaners
> die Princeton-eksamens moet skryf. (Net soos ook
> enigiemand wat 'n MBA by die Universiteit van
> Kaapstad wil loop.)

Moet ek hieruit aflei dat die GRE Princeton se toelatings-eksamen is?
Ek het dit nie geweet nie.

> Maar wat skooleind-eksamens betref, is Kanada
> maar taamlik van 'n lappieskombers. Elke skool
> het hulle eie eksamens. Daar is wel in sekere provin-
> sies provinsiale eksamens in dinge soos Engels, Frans
> en Wiskunde, maar hulle is gewoonlik so maklik dat
> enige student wat enigsins iets weet, baie hoe punte
> kry en 'n verwronge idee van sy eie kwaliteit.

Sover my kennis strek is daar net 4 skoolstelsels in Kanada:
Engels, Frans, Protestants en Katoliek. Ek was onder die indruk dat
elkeen van hierdie skole 'n landwyd-gestandardiseerde eindeksamen het.

> Die
> standaard van die verskillende skole verskil dus so,
> dat die Universiteit van Waterloo byvoorbeeld geen
> aandag daaraan gee nie, maar hulle eie eksamens het
> in Wiskunde, Fisika en Chemie om die studente wat
> by hulle aansoek doen te keur. Dit het nou gewoonte
> geword in baie hoerskole om die Waterloo-eksamens
> vir hulle studente te laat skryf.
> Ontario en Quebec het 13 jaar in plaas van 12 jaar
> skool. Ontario is egter nou van plan om sy Graad 13
> uit te skakel as 'n ekstra jaar. Hulle vind dat hulle
> studente nie vreeslik veel verder voor is as die studente
> van die ander provinsies wat net twaalf jaar skool gehad
> het nie.
> Die grootste irritasie wat ek het met die hele noord-
> amerikaanse stelsel, Kanada en die VSA, is hulle manier
> om die persentasie punte van die studente so hoog te maak
> dat dit 'n verwronge idee vir die kind gee van hoe goed
> hy werklik is. 'n Redelike goeie student hier wil punte
> erens tussen 85 en 95 persent h^e. Dit is belaglik vir my
> om so 'n stelsel te h^e.

Ek weet dat in die geval van die GRE gee hulle nie persentasies wat aandui
hoeveel van die vra reg beantwoord was nie maar eerder 'n persentasie wat
sê hoeveel van almal wat daardie betrokke vraestel geskryf het swakker as
die betrokke kandidaat gedoen het. Dit is dus 'n uiters norm gedrewe stelsel
maar vir die getal studente wat die eksamen aflê is dit aanvaarbaar.

> Dan kom daar professore van ander
> dele van die wereld (soos Franse professors uit Vietnam)
> en hulle gee die studente in die Universiteite realistiese
> punte, en dan is daar n klein rebellie onder die studente
> oor die lae punte. Vir die studente op Universiteit is daar
> wel die sisteem van die grade point average wat hulle oor
> die gewoonlik vier jaar van ondergraadse studie ontwikkel,
> wat n taamlik goeie maatstaf is van die kwaliteit van die
> student en waarna die Universiteite gewoonlik kyk as die
> student aansoek doen vir nagraadse werk.
> Gloudina

Stef
Vorige onderwerp: Onderwys
Volgende onderwerp: Vredefort - Matriek 1979
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 15 17:46:29 MGT 2024