Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » 'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans
'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans [boodskap #8338] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
BOBBEJAAN KLIM DIE BERG

Bobbejaan klim die berg,
so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg
so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg
om die boere te vererg.
Hoera vir die jollie bobbejaan!
O moenie huil nie,
o moenie treur nie,
die Stellenbosse boys kom weer.
O moenie huil nie,
o moenie treur nie,
die Stellenbosse boys kom weer.

Tradisionele volkswysie. Verwerk deur
Philip McLachlan.

Bobbejaan : baboon
berg : mountain
haastig : in a hurry, hastily
lastig : bothersome, irritating
boere : farmers, also Afrikaners
om te vererg : to irritate, bother, annoy
jollie (English jolly)
moenie/moet nie : do not
huil : cry, shed tears
treur : be sad, to sorrow
Stellenbosse boys : the boys from Stellenbosch
weer : again

I have never heard any explanation of why this song
starts off singing about baboons bothering farmers,
and ends up talking about the boys from Stellenbosch
returning again. This is my private theory : this song
is a student song, sung by students from Stellenbosch
taunting their main rivals, the students from the
University of Cape Town. The students from U.C.T.
were called Ikeys, the students from Stellenbosch were
called Maties. The word "Ikeys" was used as a derogatory
term for U.C.T. initially, but lateron lost its pejorative
meaning. The term "Maties" came from the word "tamaties"
(tomatoes), referring to the colours of the sweaters of the
Stellenbosch sports teams, and their university blazers,
(with an actually quite ugly combination of wine coloured
and white stripes, but sure to set an ex-Matie's heart on
fire, wherever he saw it.) So, I imagine, this song was sung
by the Maties, calling their rival Ikeys "baboons" (perhaps
because they lived at the foot of Table Mountain?) and
telling them that the Stellenbosch boys would return again.
I find this a very fascinating folk song.

Gloudina Bouwer
Re: 'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans [boodskap #8493 is 'n antwoord op boodskap #8338] Ma, 10 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andy Myron  is tans af-lyn  Andy Myron
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
mailto:amy...@total.net
Ek is nou baie bly dat ek Afrikaans hier sien.

Ek is n Suid Afrikaaner (engelsman) en ek woon in Canada nou. Vir my dis
lekker om afrikaans te sien. Nou ek praat glat nie suiwer afrikaans nie
maar ek dink aan afrikaans baie.

Ek dink dat dit is belangrik ( that we protect the afrikaans language)

In Canada ( ek woon in Quebec ) Die (francais) is baie trots en ek dink
dat dis goet

Andy

mailto:amy...@total.net
Re: 'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans [boodskap #8590 is 'n antwoord op boodskap #8338] Di, 18 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais[2]  is tans af-lyn  Etienne Marais[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
: Ek is nou baie bly dat ek Afrikaans hier sien.
Ek is bly dat jy bly is :)

: Ek is n Suid Afrikaaner (engelsman) en ek woon in Canada nou. Vir my dis
: lekker om afrikaans te sien. Nou ek praat glat nie suiwer afrikaans nie
: maar ek dink aan afrikaans baie.

Dit beteken baie dat mense soos jy aan Afrikaans dink, dankie.

: Ek dink dat dit is belangrik ( that we protect the afrikaans language)

Ek dink ook so, ek dink dit is belangrik om alle tale te beskerm.

: In Canada ( ek woon in Quebec ) Die (francais) is baie trots en ek dink
: dat dis goet

Et parle vous francais ?
Je suis un etudiant la francais, mais je n'parle pas tres bien francais.

Good-bye
Au revoir
Totsiens

: Andy

Etienne
Re: 'n Lied vir Beginner-studente van Afrikaans [boodskap #9640 is 'n antwoord op boodskap #8338] Sa, 31 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
=======

> builder has been attacked in the media. Recently we saw
> a series titled "Rhodes" here in Canada, which exposes him
> as a ruthless business man and manipulator of opinion at the

Was dit 'n Kanadese produksie as sulks ? Hier het ons die
vertoning van 'n reeks met die naam "Molo Fish", 'n
gesamentlike Suid Afrikaanse - Kanadese produksie. Alhoewel
dit goeie cinematografiese (help met korreke Afr. asb) en
amper uitstekende persoonlikehid en karakteronwikkeling
vertoon, is dit 'n super vereenvoudiging en romantisering van
'n groepie mense (menende 'n familie en 'n paar ander) verontreg
deur apartheid, en terselfdetyd 'n stereotipering en demonisering
van 'enige iets' wat Afrikanerskap verteenwoordig. Dit is 'n
totale minagting van hoe mense regtig in Suid Afrika is/was.

En vir "Rhodes here in Canada", ek wens tog dat dit hier
kon wys.

En verder, is daar veel invloed van die Franse kunstigheid en
nasionalisme te bespeure in Engels-Kanades produksies ?
Word die Franse `canal plus` produksies gereeld uitgesaai ?
'n Afrikaanse vertaling van 'n animasie weergawe van Victor
Hugo se 'Les Miserables' genaamd ' 'n Lewe van ellende` het
'n ruk hier gewys. Dit is jammer dat jy so anti-nasionalisties
en nasie is want dit was 'n uitstekende weerspieling nie net
van Hugo se werk nie, maar ook Franse kultuur en identiteit,
baie meer as wat ooit in 'what makes us all human' en
'universitality of human nature' van sekere ander weergawes
van die werk onder humanitere simplisme ingebring word.

(Om presies te wees, Molo Fish is 'n voorbeeld van 'n
humanitere leun.)

Etienne Marais
Re: 'n Lied vir Beginner-studente van Afrikaans [boodskap #9668 is 'n antwoord op boodskap #8338] Ma, 02 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> ( Ek sou hoogstens net ingee dat ek
> "anti-whitey" is.


Gloudina, ek verstaan nie wat jy bedoel nie. Ek probeer die logika begryp, hoe
iemand wat "anti-whitey" is kan padgee uit Afrika (swart) uit om in Kanada
(wit) te gaan bly?

Ek probeer nie snaaks wees nie - jy meen seker jy was teen rassisme gekant?
(Nie teen alle wit mense nie?) Maar as mens sterk gevoelens het, maak dit mos
meer sin om te bly en dinge te probeer help regstel ...

Groete,
Vira.
Re: 'n Lied vir Beginner-studente van Afrikaans [boodskap #9669 is 'n antwoord op boodskap #8338] Ma, 02 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Etienne (lekker Franse naam! Ek het ook
> volop Franse bloed in my -

Nou nie te veel oor myself nie maar net vir interesantheid, ons Franse
dosent het baie vinnig vir my verduidelik hoe Etienne (Frans) en
Stephanus/Stefan/Steven ens. (germaans) verwant is. Hy het baie
vinnig gepraat so my begrip is dalk 'n bietjie verkeerd :

Frans>> Etienne -> Estienne (s nie uitgespreek nie) -> 'estieen'
(germane het s gelees) -> 'stieen' -> Stevan/Steven/Stephanus Fouches - en ek voel dit in my meer volatiele[/color]
> lewensbenadering, wat my nader aan die
> Franse in Kanada as aan die ander groepe
> uit Europa laat voel.)

Volatiele = volatile Engels ? Jeg :) as nie wat beteken dit ? Ek het nie
'n woordeboek hier op kampus nie :( Somtyds wonder ek of my eie
assosiering met Frans nie dalk 'n ontvlugting is van 'n meer harde
realiteit nie, of 'n ontsnaproete as ek dit nodig mag he nie, het jy al
so gevoel ? (nee ek probeer jou nie skuldig laat voel of so iets nie,
die vraag is opreg bedoel :)

> Jy vra oor "Rhodes." Sover ek kon onthou,
> was dit artistiek 'n totale Engelse produksie,
> met baie van die tonele geskiet in Afrika. Hulle
> het gesê dat hul die Mandela-kabinet se steun
> en goedkeuring gekry het voor hulle dit uitgesaai
> het. Die man wat Rhodes speel, is baie goed en
> lyk ook net soos Rhodes in foto's.

Die hele Rhodes produksie klink baie fasinerend, soveel te meer
met die Engelse se 'eie inslag'. Hmm, wat was daardie film oor
ierse poletiek, nie Devil's Own nie, die een wat vroeer hierdie
jaar vrygestel is, en verban is in Engeland(!)... Moet nog daarby
ook uitkom. As ENGELAND begin moderne films verban dan
moet jy maar weet dit vat waar dit seermaak. Van die Iere gepraat,
gehoor dat die verteenwoordiger of iemand van Sinn Fein, tesame
met een of ander ou van een of ander 'union' groep met Constand,
en Roelfie kom gesels, dit ook is nogal fasinerend, lyk asof Blair
alklaar aan die gang is daar in die 'glorie ryke' VK, minstens het
hy devolusie en magsoordrag aan die Skotte en Iere belowe, sien
sal kom. En weer by Devil's Own, Brad Pitt (spelling?) lyk my het
iets geleer wat hom nogal insig gegee het toe hy navorsing gedoen
het oor sy rol as 'n IRA/SINN FEIN 'terroris', ek ondhou iets van
"It's shocking to know how little we actually know about what is
going on" op 'n CNN onderhoud. Hy het vrooer blykbaar gese
dat hy nie van die poletieke benadering hou van Devil's own nie,
(dit laat die Ierse pro-onafhanklikes nogal sleg lyk) so hy moes
iets wys geword het. Later se hy toe ook dat hy jammer is dat hy
dit gese het, laat my wonder......

En laaste oor die VK, lyk my dat dinge anders daar werk, d.i.
konserwatief=oorheersing en homogeniteit, en liberaal beteken
devolusie maar ook selfbeskikking. Hou nogal heelwat meer van
Tony as Major.

> Het nie "Molo Fish" gesien nie. Wel 'n series
> getiteld "Ekhaya" wat baie goed was. Elke segment
> begin met Toronto, met terugflitse na SA en die
> hoofkarakter se jeug. Dis hoofsaaklik die storie
> van 'n kleurlingbuurt in Johannesburg, en hoe
> sekere lede van die kleurlinggemeenskap diskrimi-
> neer het teen die hoofkarakter, omdat hy "te swart"
> was. Die adolessente outjie wat die hoofkarakter
> se kinderjare vertolk, is regtig goed. As dit in SA
> gewys word, moet jy dit definitief volg.

Sal uitkyk.

> Oor Franse kontakte. Ons kry een kanaal direk
> van Frankryk (weet nie of dit canal plus is nie.)

Presies wat canal plus is weet ek nie, ek meen dit is
'n Franse TV kanaal, wat as sulks ook in die filmbedryf
(produksie) betrokke is, sien net heel dikwels die canal
plus 'logo' by kunsfilms en ander programme, dis
hoekom ek eintlik gevra het, om te kykof jy my meer kan
leer (aah, die sekondere agendas :)

> Baie sielloos - dekadente
half-veramerikaanste>tegnieke en inhoud. Die omtrent vyf Kanadese

Ons leer dat daar meer Engelse invloed en Engelse woorde
in Frankryk se Frans is as Quebec. Ai my geheue irreteer
my soms maar voorbeelde is 'long weekend, sweat shirt
en walkman' wat Franse woorde in Quebec het. Frankryk is
seker al te vervuil met uitlanders wat deel wil he aan die
kuns en mode en goeie smaak ens. maar eintlik nie 'n idee
het van die ware kultuur agter die skerms nie. My bliksem,
was die verkiesings (1'ste rondte) nie die 25'ste gewees nie,
of is dit 25/06 ? Kan nie glo dat ek dit sou mis nie :) Die
eksamens disorienteer my heeltemal ! Elgeval, wonder of
die 'National Front' (weet nie wat die Frans is nie, ons hoor
maar net die Engelse naam) wel so 'n sterk stem gaan he,
jy kan natuurlik raai wat ek op sou hoop :)

> Dit amuseer my dat jy dink ek is "anti-nasionalisties
> en anti-nasie." Hoekom? Waarop baseer jy die
> observasie? ( Ek sou hoogstens net ingee dat ek
> "anti-whitey" is. Dit het in SA beteken dat ek veront-
> waardig was hoe wit velle kaatjie van die baan was
> in 'n land waar 80% se menslike gevoelens vertrap
> is. Hier in Kanada beteken dit dat ek daarteen is
> dat 'n klein getal wit mense van Franse oorsprong
> probeer om vir ander te dikteer. Meeste van die
> provinsie van Quebec word bevolk deur talle "First
> Nations" wat nie van Kanada wil afskei nie. Daar
> moet ook onthou word dat 'n groot aantal van die
> Franssprekendes (in Montreal byvoorbeeld) nie
> etnies van Franse oorsprong is nie, maar uit die
> verskillende Frans-sprekende Karibbiese eilande
> kom. Dis iets wat mense buite Kanada vergeet -
> hulle dink die sogenaamde Franse in Quebec is
> almal wit. So die mense in Quebec wat wil afskei,
> is 'n baie klein groepie afstammelinge van die ou
> Franse immigrante.

Goed, ek is dan jammer, ek het jou probeer opsom
(ek hou darem al BAIE lankal jou 'postings' dop.) en
soos dit maar altyd gebeur kan 'n mens nie
gevolgtrekkings maak van iemand wat verlig soos jy
is nie, eenvoudig omdat daar nie stereotipiese
beginsels te vinde is by iemand wat self kan dink nie !
Bygese, ek wonder aan die lig van my pro-Afrikaner
'postings' hoeveel mense my dalk verkeerd opsom
en stereotipies klassifiseer .....

Etienne Marais
Re: 'n Lied vir Beginner-studente van Afrikaans [boodskap #9689 is 'n antwoord op boodskap #9669] Di, 03 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Etienne Marais wrote in article
...

> Goed, ek is dan jammer, ek het jou probeer opsom
> (ek hou darem al BAIE lankal jou 'postings' dop.) en
> soos dit maar altyd gebeur kan 'n mens nie
> gevolgtrekkings maak van iemand wat verlig soos jy
> is nie, eenvoudig omdat daar nie stereotipiese
> beginsels te vinde is by iemand wat self kan dink nie !
> Bygese, ek wonder aan die lig van my pro-Afrikaner
> 'postings' hoeveel mense my dalk verkeerd opsom
> en stereotipies klassifiseer .....

Etienne, lanklaas het iemand sulke waar woorde geskryf.

Dis sinloos om iemand wat selfstandig dink te tipeer anders
as 'n selfstandige denker.

Maar dis ook broodnodig om te weet wanneer iemand
'n selfstandige denker is. Wil jy nie maar die moed
bymekaar skraap en oor die saak begin skryf nie. Skryf
sommer uit die hart uit.

Alles van die beste
At de Lange
Re: 'n Lied vir Beginner-studente van Afrikaans [boodskap #9714 is 'n antwoord op boodskap #8338] Wo, 04 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes: >
>
> Etienne Marais wrote in article

>> Goed, ek is dan jammer, ek het jou probeer opsom
>> (ek hou darem al BAIE lankal jou 'postings' dop.) en
>> soos dit maar altyd gebeur kan 'n mens nie
>> gevolgtrekkings maak van iemand wat verlig soos jy
>> is nie, eenvoudig omdat daar nie stereotipiese
>> beginsels te vinde is by iemand wat self kan dink nie !
>> Bygese, ek wonder aan die lig van my pro-Afrikaner
>> 'postings' hoeveel mense my dalk verkeerd opsom
>> en stereotipies klassifiseer .....
>

Wil jy nie maar die moed
> bymekaar skraap en oor die saak begin skryf nie. Skryf
> sommer uit die hart uit.

> At de Lange
>

Etienne,
Weet jy, ek het nooit die pos op die groep
gelees, waarin jy dié stuk skryf wat At hier aan-
haal nie. Dit beteken dus dat sommige dinge
tog kan "verlore" gaan tussen punt A en punt B.
Ek weet dus nie wat jy verder geskryf het nie.
Moenie sleg voel nie oor jy dink dat jy my
getipeer het.Ons is mos maar almal bietjie aan
dié soort ding skuldig. Ek was juis gevlei dat jy
my "opmerk."
Ek wil vir jou verseker dat ek nog altyd baie
pro-Afrikaner was. Dis juis daarom dat ek veront-
waardig was dat 'n klein groepie Afrikaners my
groep se naam so kon beswadder.
Vira vra oor die gebruik van die woord "whitey."
Ek is nou al so lank uit SA uit, dat ek vergeet het
of dit ook daar algemeen in gebruik is. Maar hier
in Kanada gebruik jy dit afhalend as jy wil aandui
dat die persoon, al probeer hy hom voordoen as
liberaal en nie-rassisties, tog maar 'n klein blanke
agenda het, en dink al die ander rassegroepe is nou
nie so goed soos die "witman" nie.('n Mens sal die
uitdrukking dus byvoorbeeld nie gebruik vir 'n uit
en uit neo-nazi hier of AWB-tipe in SA nie.) Ek
is natuurlik bewus dat wanneer ek die term "whitey"
gebruik, ek ook 'n oordeel oor myself uitspreek.
Ek dink dis baie goed dat At voorstel dat ons 'n
gesprek moet voer oor wat 'nasie' en 'nasionalisme'
en 'Afrikanerskap' beteken. Ons almal, of ons nou
binne of buite SA is, staan op die kruispad, waar hoe
ons oor hierdie dinge voel, geweldig saak begin maak.
Veral omdat dit vir my lyk asof in die kuberruimte
dit moontlik word om lid te wees van 'n Afrikaner-
groep wat nie meer deur nasionale grense of oseane
geskei hoef te word nie. Ek voel egter dat ons liewers
'n Suid-Afrikaanse kubernasiegroep moet wees, sodat
Vira ook deel daarvan kan wees.

Gloudina
Re: 'n Lied vir Beginner-studente van Afrikaans [boodskap #9724 is 'n antwoord op boodskap #8338] Do, 05 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Beste At,

Wat ek wil sê is moelik om te formuleer, maar ek sal probeer. Die onderwerpe
van jou afgelope paar briewe vorm 'n geheel wat baie sin maak.

Jy praat van selfstandig dink, van produseer (wat alleenlik kan lei tot nasie
bou), en van "ontluikend" leer.

Studeer is amper 'n inhalige proses, soos die denkwyse van die verbruiker. Dit
kry eers ware betekenis as iets daaruit groei, en 'n persoon produseer/ gee
iets uit as gevolg van sy leerwerk. Dit is inderdaad sirkulêr van aard ('n
tipe spirale Mandala) omdat die produsering wys waar daar verder geleer moet
word, ens., en dit is hoe die mens/nasie kan verder groei.

Die mens se grootste studeerwerk is homself te leer ken en aanvaar, omdat hy
dan 'n beter begrip het vir ander, en oop "ontluik[end]" kan wees met sy
medemens. Hoe meer hy dit reggekry het, hoe meer kan hy op 'n "innovative" en
selfstandige manier dink, en sy eie persoonlikheid uitlaat, sonder om _te_ veel
aandag te gee aan wat ander gaan dink of sê. Kreatiewe denke lei gevolglik ook
tot 'n groter mate van produktiwiteit (sp?), en terwyl jy besig is om te skep,
sal jy nuwe probleme teëkom wat weer bemeester moet word. So gaan die pad
voorwaarts, plaas van agteruit.

Ek voel baie besorgd oor Cosatu se nuutse eise, en wonder heel tyd wat mens kan
doen om hulle te laat begryp dat almal nou harder moet werk as ooit, en juis
moet produseer, om die toekoms beter te maak. Ek het nie die antwoorde nie.
Miskien lê dit juis in "studeer" - opvoeding van die werkers. Maar dit kan ook
nie forseer word nie .

Ek dink ek begin nou oor my eie woorde val. Ek hoop ek maak enigsins sin?

Laastens, wil ek net vir Gloudina dankie sê dat sy my darem nog wil insluit in
die groep. Eintlik is name of "labels" nie vir my belangrik nie. Of ons nou 'n
Afrikaanse groep is, of 'n Suid Afrikaanse, julle moet my nie eers in ag neem
oor so 'n besluit nie. Solank ek hier welkom is, gesels ek baie graag met
julle. Ek is wel in Duitsland gebore, maar soos ek in my heel eerste pos vir
julle gesê het, ek het 'n Afrikaanse hart, en het dus maar deur my Afrikaanse
vriende 'n aangenome kind geword.

Liefde Groete,
Vira.
Re: 'n Lied vir Beginner-studente van Afrikaans [boodskap #9726 is 'n antwoord op boodskap #8338] Do, 05 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> Ek dink dis baie goed dat At voorstel dat ons 'n
> gesprek moet voer oor wat 'nasie' en 'nasionalisme'
> en 'Afrikanerskap' beteken. Ons almal, of ons nou
> binne of buite SA is, staan op die kruispad, waar hoe
> ons oor hierdie dinge voel, geweldig saak begin maak.
> Veral omdat dit vir my lyk asof in die kuberruimte
> dit moontlik word om lid te wees van 'n Afrikaner-
> groep wat nie meer deur nasionale grense of oseane
> geskei hoef te word nie. Ek voel egter dat ons liewers
> 'n Suid-Afrikaanse kubernasiegroep moet wees, sodat
> Vira ook deel daarvan kan wees.

Gloudina, ek eintlik voorgestel dat ons 'n bietjie gedagtes
moet wissel oor wat belangrik is om selfstandig te kan dink.
Miskien is die wegraak van bydraes verantwoordelik dat jy
'n ander voorstel bedink het.

Maar dit is op sigself nie so 'n slegte idee nie. Leendert meen
dat die idee nie tot iets konstruktiefs lei nie juis vanwee die
aard van hierdie nuusgroep. Miskien kan ons hom verkeerd
bewys. Verder skryf Leendert ook:
> 'n Idee wat wel vir my problematies is, is die een van
> "Suid-Afrikaans" of "Suid-Afrikaner". Dit is nie vir my duidelik
> dat dit enige uniekekonnotasie behalwe 'n geografiese een
> het nie.

Ek dink dat ons hier met 'n 'diep' probleem te doen het.
In 'n pragtige boek oor die geskiedenis (10 000vC - 1960nC)
van Twente (in die ooste van Nederland) staan die volgende
merkwaardige paragraaf, verwysend na ons germaanse
voorouers 1500vC:
"De mens werd van voedselverzamelaar geleidelijk voedsel-
producent. Daardoor kwam ook aan zijn trekkende bestaan
een einde en was hij genoodzaakt een vaste woonplaats te
kiezen; hij werd landbouwer."

Een van Afrika se groot probleme vandag is dat daar 'n kultuur
van verbruik in plaas van 'n kultuur van produksie in Afrika heers.
Hierdie twee kulture staan in baie opsigte teenoor mekaar sodat
hulle tot heelwat konflikte aanleiding gee. Byvoorbeeld, die
verbruiker se idee van eienaarskap verskil hemelsbreed van
die produsent s'n. Dink maar net hoeveel probleme ons hier in
Suid-Afrika ervaar as gevolg van hierdie twee verskillende idees.

Die saak wat ek nou vir bespreking wil stel, is in hoeverre hierdie
twee kulture die idee van nasieskap beïnvloed. Ek beskou
nasieskap as die idee van onderlinge verbondenheid tussen al
die mense van een gebied sodat elkeen 'n volwaardige lewe kan
lei. 'n Vraag wat onmiddellik by my opduik, is of nasieskap
moontlik is as die oorgrote meerderheid van die nasie se mense
'n kultuur van verbruik beoefen?

Hoe dink julle?

Alles van die beste
At de Lange
Re: 'n Lied vir Beginner-studente van Afrikaans [boodskap #9751 is 'n antwoord op boodskap #8338] Ma, 09 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article
...
Beste Vira,

> Studeer is amper 'n inhalige proses, soos die denkwyse van die verbruiker. Dit
> kry eers ware betekenis as iets daaruit groei, en 'n persoon produseer/ gee
> iets uit as gevolg van sy leerwerk. Dit is inderdaad sirkulêr van aard ('n
> tipe spirale Mandala) omdat die produsering wys waar daar verder geleer moet
> word, ens., en dit is hoe die mens/nasie kan verder groei.

Jy slaan die spyker op die kop. As jy meer wil lees oor
hierdie sikliese (herhalende) proses wat nodig is vir
innerlike selfontluiking, kan ek twee baie interessante
boeke aanbeveel. Die een is "Order out of Chaos" (1984,
Bantam Books) deur Ilya Prigogine en Isabella Stengers.
Die ander een is "The Web of Life" (1996, HarperCollins)
deur Fritjof Capra.

> Die mens se grootste studeerwerk is homself te leer ken en aanvaar, omdat hy
> dan 'n beter begrip het vir ander, en oop "ontluik[end]" kan wees met sy
> medemens. Hoe meer hy dit reggekry het, hoe meer kan hy op 'n "innovative" en
> selfstandige manier dink, en sy eie persoonlikheid uitlaat, sonder om _te_ veel
> aandag te gee aan wat ander gaan dink of sê. Kreatiewe denke lei gevolglik ook
> tot 'n groter mate van produktiwiteit (sp?), en terwyl jy besig is om te skep,
> sal jy nuwe probleme teëkom wat weer bemeester moet word. So gaan die pad

> voorwaarts, plaas van agteruit.

Jy het dit pragtig gestel.

> Ek voel baie besorgd oor Cosatu se nuutse eise, en wonder heel tyd wat mens kan
> doen om hulle te laat begryp dat almal nou harder moet werk as ooit, en juis
> moet produseer, om die toekoms beter te maak. Ek het nie die antwoorde nie.
> Miskien lê dit juis in "studeer" - opvoeding van die werkers. Maar dit kan ook
> nie forseer word nie .

Ek hou van jou rondspring met gedagtes. Dit is so dat 'n
herhalende prose nodig is om van binne af te kan ontluik
("self-organising emergence"). Maar hierdie gee-saak is
in 'n nog omvangryker herhalende proses vasgevang wat
gee (produksie) en neem (verbruik) behels en waarin die
kwessies chaos en order onlosmakende dele is. Cosato
reflekteer 'n kultuur wat hoogty vier in Afrika, naamlik 'n
verbruikkultuur in plaas van 'n produsiekultuur.

Hoe verander 'n mens dit? Jy het iets baie waar gesê met
"Maar dit kan ook nie forseer word nie." Ek sal by 'n latere
geleentheid meer hieroor sê.

> Ek dink ek begin nou oor my eie woorde val. Ek hoop ek maak enigsins
sin?

Jou tweede saak: dit maak baie sin.

Jou eerste saak: ("Ek dink ek begin nou oor my eie
woorde val"). Jy het so pas bely dat jy begin delf het in
jou stomkennis ("tacit knowledge"). Michael Polyani het
stomkennis beskryf as daardie keenis waaroor 'n persoon
bekik wat die persoon nog nie voorheen geartikuleer het
nie.

Een van die redes waarom 'n moedertaal so belangrik is,
is omdat dit een van die kragtigste middels is om
stomkennis mee te artikuleer.

> Laastens, wil ek net vir Gloudina dankie sê dat sy my darem nog wil insluit in
> die groep. Eintlik is name of "labels" nie vir my belangrik nie. Of ons nou 'n
> Afrikaanse groep is, of 'n Suid Afrikaanse, julle moet my nie eers in ag neem
> oor so 'n besluit nie. Solank ek hier welkom is, gesels ek baie graag met
> julle. Ek is wel in Duitsland gebore, maar soos ek in my heel eerste pos vir
> julle gesê het, ek het 'n Afrikaanse hart, en het dus maar deur my Afrikaanse
> vriende 'n aangenome kind geword.

Aangenome kinders is dikwels 'n groter bron van plesier as eie kinders!

Alles van die beste.
At de Lange
Vorige onderwerp: 'n Lied vir Beginner-studente van Afrikaans
Volgende onderwerp: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 16 16:32:10 MGT 2024