Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE MAN MET DIE STOMP KNIPMES: GRUSAME VERHAAL
DIE MAN MET DIE STOMP KNIPMES: GRUSAME VERHAAL [boodskap #8292] Vr, 31 Januarie 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees gister in 'n tydskrif hier dat hulle uiteindelik
'n graf opgerig het vir 'n Australier wat in die Outback
op 'n grusame manier omgekom het.

Dit het baie lank gelede gebeur:
Die ou het sy perd gevat en van die plaas af gery.
Toe hy nie terugkom nie het hulle hom gaan soek.
Toe hulle roep-roep deur die veld gaan, blaf sy hond.

Hulle kry toe die man met 'n af-arm: doodgebloei.
'n entjie nader kry hulle 'n knipmes
en 'n stuk arm wat uit 'n boom steek.

Die arm was in 'n nes van papegaaie,
wat in die holte van 'n boom nesgemaak het.
(hy het voorheen laat blyk hy wil papegaaie soek)
Hy het blykbaar op sy perd geklim en sy hand ingesteek,
maar die perd het onder hom padgegee,
en sy arm het vasgesit. Daar het hy gehang.
Hy was blykbaar 'n baie swaar man ook.

Hy kon nie sy arm loskry nie, die skopmerke van sy skoene
was duidelik teen die boom se stam afgeteken.
Hy moes toe seker besluit het (toe hulp nie opdaag nie),
dat hy maar sy arm moet afsny.
Daar was snymerke aan die potjie van sy arm,
want hy het dit eers daar probeer afsny,
maar moes dit later op 'n ander plek afsny,
en het dit toe reggekry.
Hy moes egter soveel bloed verloor het dat hy nie verder kon
kom as die skaduwee van 'n nabye boom nie.

Hulle het hom maar daar begrawe, want dit was te warm
om die lyk na die familie te vervoer.

Grusame, maar ware verhaal.
Nou het hul na al die jare 'n monumentjie/grafsteen opgerig
op die plek waar die boom gestaan het.

Vriendelike groete.
Vorige onderwerp: Die Afrikaner: BBG wen saak teen Pretoria stadsraad
Volgende onderwerp: Re: WARNING TO ALL SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 04:55:30 MGT 2024