Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: BBG wen saak teen Pretoria stadsraad
Die Afrikaner: BBG wen saak teen Pretoria stadsraad [boodskap #8290] Vr, 31 Januarie 1997 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar by:

http://www.hnp.org.za/afrikaner/

************************************************************ **********

BBG wen saak teen Pretoria stadsraad

DIE Besorgde Belastingbetalersgroep (BBG) van Pretoria, wat
weier om hulle volle munisipale rekeninge te betaal omdat daar
teen hulle gediskrimineer word, het hulle saak in die
Hooggeregshof in Pretoria teen die stadsraad gewen. Die saak
het daaruit voortgevloei dat, terwyl die swartes in die
lokasies slegs 'n vaste tarief betaal, daar van die blankes
verwag is om ten volle op te dok.
Die drie regters wat die saak verhoor het, het bevind dat
die stadsraad onregverdiglik gediskrimineer het teen blanke
belastingbetalers deurdat hulle nie soos die swartes in die
lokasies toegelaat is om 'n vaste tarief te betaal nie. Hulle
kon egter nie 'n bevel maak dat belastingbetalers kwytgeskeld
word van hulle verpligtinge nie. Aan die ander kant kan hulle
ook nie vervolg word nie. Die regters het ten opsigte van die
saak in die landdroshof bevind dat die landdros nie die
jurisdiksie gehad het om uitspraak te lewer nie.
Aanvanklik het die saak voor 'n landdros gedien, en hy het
die saak teen die BBG uitgewys. Hulle het egter geappelleer,
en die saak in die Hooggeregshof gewen. Regter Van Dijkhorst
het die saak van die Stadsraad van Pretoria met koste van die
hand gewys. Die saak is deur drie regters verhoor, maar
regter Van Dijkhorst het die uitspraak gelewer. Hy het nie
die volledige geskrewe uitspraak voorgelees nie, maar slegs 'n
opsomming gegee wat ongeveer twee minute in beslag geneem het.
Ongeveer 50 lede van die BBG het die hofsaak bygewoon. Na
afloop van die uitspraak het hulle die vierde strofe van Die
Stem gesing.

************************************************************ **

Jaap Marais: Staak diskriminasie teen Blankes!

IN 'n persverklaring oor die uitspraak van die Hooggeregshof
ten gunste van die BBG het mnr. Jaap Marais, die leier van die
HNP, die diskriminasie van die Stadsraad van Pretoria teenoor
Blankes veroordeel wat betref die betaling van munisipale
belastings. Hy het gewaarsku dat voortgesette diskriminasie
teen Blankes tot 'n groter mate van verset kan lei.
Sy volledig verklaring lui soos volg:
"Die uitspraak van die Hooggeregshof oor die appŠl van die
Besorgde Belastingbetalersgroep van Pretoria teen 'n vroe‰re
uitspraak in die Landdroshof oor die verskil in dienstegelde
wat Blankes en Swartes moet betaal, het belangrike
implikasies. Dit bevestig dat daar teen Blankes
gediskrimineer word by die heffing van dienstegelde deur die
Stadsraad van Pretoria, in stryd met die beweerde gelyke
behandeling van alle rasse.
"As di‚ aangeleentheid tot sy volle konsekwensie gevoer en
di‚ diskriminasie teen Blankes gestaak moet word, sal die
betrokke Stadsraad waarskynlik in 'n groot finansi‰le knel
wees, so groot dat dit sy administrasie tot stilstand sal laat
knars. Dit is egter die ekonomiese prys wat betaal sal moet
word vir die fiksie van rasse-gelykheid.
"Hierdie uitspraak moet Blankes prikkel tot meer
georganiseerde verset teen die voortdurende verontregting wat
in naam van 'regstellende aksie' teen hulle gepleeg word."
Vorige onderwerp: Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner
Volgende onderwerp: DIE MAN MET DIE STOMP KNIPMES: GRUSAME VERHAAL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 11:02:05 MGT 2024