Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Taalnuus uit Afrizania
Taalnuus uit Afrizania [boodskap #8237] Di, 28 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Mampoer  is tans af-lyn  Mampoer
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die jongste taalnuus, ter wille van die ex-pats:

Die goeie nuus: Die jaarlikse Klein Karoo Nasionale Kunstefees vind
weer van 29 Maart tot 5 April op Oudtshoorn plaas. Dit gaan groter as
die vorige twee wees, veral a.g.v. groot nuwe borgskappe. Die hooffees
se program is vanaf 6 Februarie beskikbaar. Die feesmense kan gekontak
word by: http://www.karoofees.com

Die slegte nuus: Die Gautengse Onderwysdepartement het dit goed gedink
om vanjaar die matriekleerplan vir Afrikaans te verander sonder om die
onderwysers en eksaminatore daarin te ken. Die vraestelle, hulpmiddels
ens. wat reeds klaar was, moet nou verander word.
Erger nog: Daar is geen ruimte in die nuwe leerplan vir 'n Afrikaanse
roman nie! Die hoeveelheid kortverhale wat hulle moet lees, is wel nou
meer, maar hulle hoef geen ordintlike boek te lees nie. Ons gaan 'n
spul dowwerds sonder verbeelding grootmaak...

Groete uit Afrizania,
Mampoer.
Re: Taalnuus uit Afrizania [boodskap #8238 is 'n antwoord op boodskap #8237] Di, 28 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl) writes:
> From: gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl)
> Subject: Re: Taalnuus uit Afrizania
> Date: Tue, 28 Jan 97 17:03:35 GMT

> Mampoer het gesê
>>
>>
>>
>>
>> ... meer, maar hulle hoef geen ordintlike boek te lees nie. Ons gaan 'n
>> spul dowwerds sonder verbeelding grootmaak...
>>
>> Groete uit Afrizania,
>> Mampoer.
>>

> Miskien krap ek nou net - maar het ons dit nie in elk geval gedoen deur
> kreatiewe denke met dissipline te probeer vervang in die "ou" skoolstelsel nie?

> Ek onthou ons onderwysers het ons aan "debatte" laat deelneem - ons kon se wat
> ons wou so lank dit gestrook het met die aanvaarde (regering-voorgeskrewe)
> sienswyse.

Absoluut waar. Maar het jy al die riglyne vir die nuwe kurrikulum gesien
waaraan daar tans gewerk word?

Een voorbeeld (uit die rubriek "life skills"):

Die leerder moet uit sy gedrag demonstreer dat hy "non-judgemental thinking"
beoefen.

Ek sou graag wil sien hoe hierdie beperking op die leerder se gewetensvryheid
as redelik bewys word onder die beperkingsklousule van die grondwet. Selfs die
handves van kinderregte beperk hom tot _manifestasies_ van die vryheid van
geloof wat beperk mag word, en dan slegs in die uiterste omstandighede. In
daardie dokument is die vryheid van geloof, denke, ens self absoluut. Die
staat mag die _gedrag_ van mense beperk, maar met sy _denke_ het hy, volgens
die internasionale instrumente van menseregte niks uit te waai nie.

Daar is ander - Die _staat_ vereis dat:

Die leerder moet sy kennis demonstreer van die basiese beginsels van sy geloof.

Selfs Christelik-Nasionale Onderwys het hom nie so aangematig nie.

(Die materiaal kom uit 'n voorpublikasie-weergawe, maar sover ek weet is dit
nog in die finale weergawe)

Groete, Leendert
Re: Taalnuus uit Afrizania [boodskap #8294 is 'n antwoord op boodskap #8237] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mampoer  is tans af-lyn  Mampoer
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 28 Jan 97 17:03:35 GMT, gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl) wrote:

>
> Mampoer het gesê
>> ... meer, maar hulle hoef geen ordintlike boek te lees nie. Ons gaan 'n
>> spul dowwerds sonder verbeelding grootmaak...
>>

>
> Miskien krap ek nou net - maar het ons dit nie in elk geval gedoen deur
> kreatiewe denke met dissipline te probeer vervang in die "ou" skoolstelsel nie?
> Ek onthou ons onderwysers het ons aan "debatte" laat deelneem - ons kon se wat
> ons wou so lank dit gestrook het met die aanvaarde (regering-voorgeskrewe)
> sienswyse.
> -Gideon-
>

Tog ja, maar die issue hier is om te lees, lees, lees. Veral noudat
daardie denke glo bevry is.
In elk geval, by nabetragting het selfs Bart Nel my g'n skade gedoen
nie ...

Mampoer
Re: Taalnuus uit Afrizania [boodskap #8295 is 'n antwoord op boodskap #8237] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 31 Jan 1997 00:55:12 GMT, djor...@beeld.naspers.co.za
(Mampoer) wrote:

daardie denke glo bevry is.[/color]
> In elk geval, by nabetragting het selfs Bart Nel my g'n skade gedoen
> nie ...>>>

Ons het in matriek romans gedoen.
Dit was F.A. Venter oor die helde van die groot trekkery.
Die meeste kinders het dit gelees.
Die straatslim kinders het opsommings en vrae afgeskryf en dit
geleer. Hulle het nogal goed deurgekom.
Omtrent niemand het 'n liefde vir ernstige literatuur getoon nie.
Die wat dit wel getoon het, het dit getoon ten spyte van die romans,
nie as gevolg daarvan nie, dink ek nou nog.
Dis 'n moeilike issue hierdie.
Re: Taalnuus uit Afrizania [boodskap #8304 is 'n antwoord op boodskap #8237] Sa, 01 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
djor...@beeld.naspers.co.za says...
>
> On Tue, 28 Jan 97 17:03:35 GMT, gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl)
> wrote:
>
>>
>> Mampoer het gesê
>>> ... meer, maar hulle hoef geen ordintlike boek te lees nie. Ons gaan 'n
>>> spul dowwerds sonder verbeelding grootmaak...

Julle redeneer nou asof juis die "roman" die
student 'n goeie aanvoeling vir die letterkunde
gaan gee. Dis egter 'n welbekende feit dat die
kortverhaal 'n baie meer gevoelige intellektuele
instrument is om 'n aanvoeling vir die woord by
studente op te wek. As hulle dus meer kortverhale
kry, het hulle 'n groter kans om deur vergelyking
van meer outeurs 'n goeie studie van die Afrikaanse
letterkunde te maak.
'n Mens hoop natuurlik dat hulle deur boeke-
lyse en boekrapporte verplig sal word om ook 'n
aantal voorgeskrewe Afrikaanse romans te lees.
Is daar nog Nederlandse en Vlaamse inhoud in
die Afrikaanse leerplan?

Gloudina Bouwer
Re: Taalnuus uit Afrizania [boodskap #8313 is 'n antwoord op boodskap #8237] So, 02 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
herman[2]  is tans af-lyn  herman[2]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

> In article ,
> djor...@beeld.naspers.co.za says...
>>
>> On Tue, 28 Jan 97 17:03:35 GMT, gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl)
>> wrote:
>>
>>>
>>> Mampoer het gesê
>>>> ... meer, maar hulle hoef geen ordintlike boek te lees nie. Ons gaan 'n
>>>> spul dowwerds sonder verbeelding grootmaak...

> Julle redeneer nou asof juis die "roman" die
> student 'n goeie aanvoeling vir die letterkunde
> gaan gee. Dis egter 'n welbekende feit dat die
> kortverhaal 'n baie meer gevoelige intellektuele
> instrument is om 'n aanvoeling vir die woord by
> studente op te wek. As hulle dus meer kortverhale
> kry, het hulle 'n groter kans om deur vergelyking
> van meer outeurs 'n goeie studie van die Afrikaanse
> letterkunde te maak.
> 'n Mens hoop natuurlik dat hulle deur boeke-
> lyse en boekrapporte verplig sal word om ook 'n
> aantal voorgeskrewe Afrikaanse romans te lees.
> Is daar nog Nederlandse en Vlaamse inhoud in
> die Afrikaanse leerplan?

> Gloudina Bouwer

Gloudina, en waar kom jy daaraan dat kortverhale 'n 'meer gevoelige
instrument is om liefde vir die woord op te wek'? 'n Sweeping
statement, of actually gebaseer op iets substansieels?

Herman
Re: Taalnuus uit Afrizania [boodskap #8314 is 'n antwoord op boodskap #8237] So, 02 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , bab...@babbelry.com
says...
>

>
> Gloudina, en waar kom jy daaraan dat kortverhale 'n 'meer gevoelige
> instrument is om liefde vir die woord op te wek'? 'n Sweeping
> statement, of actually gebaseer op iets substansieels?
>
> Herman
>

Herman,
'n Kortverhaal in vergelyking met 'n roman
is soos die sonnet in vergelyking met 'n gewone gedig
wat 'n losser vorm het. As jy iemand wil sensitief
maak vir dissipline en vorm in die bedryf van die woord-
kuns, sou jy dus liewer 'n sonnet kies om daardie persoon
te oortuig dat letterkundige vorme nie net 'n aanmekaar-
flans van woorde is nie. Dit wil sê : dat om 'n ware digter
te wees, nie so maklik is nie. Dieselfde geld vir die kort-
verhaal. Dit is dus daarom dat kortverhaalskrywers wat
goed is, altyd baie op die hande gedra word, in enige
letterkunde. Net soos sonnetskrywers in die digkuns. In
die kortverhaal verwag 'n mens 'n sekere vonds, 'n sekere
geestelike gewin aan die einde, dieselfde as in 'n sonnet.
In 'n kortverhaal, net soos in 'n sonnet, moet die skrywer
hom telkens afvra : is die woorde en vertelling wat ek
gebruik, essensieel vir die konsep van die storie.
Dit behoort natuurlik nie nodig vir my te wees om vir
jou hierdie dinge te vertel nie. Jy behoort dit self op skool
te gehoor het, in jou Afrikaanse klasse, en in jou Engelse
klasse.
Ek probeer nou dink aan wie die goeie kortverhaal-
skrywers in Afrikaans was in die dae wat ek nog in Suid-
Afrika gebly het, maar ek kan net aan Engelse voorbeelde
dink. Soos Herman Charles Bosman. Miskien kan jy my
inlig oor goeie kortverhaalskrywers wat op die oomblik
in Afrikaans skryf.

Gloudina.
Re: Taalnuus uit Afrizania [boodskap #8329 is 'n antwoord op boodskap #8237] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Feb 1997 20:39:21 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

>

Wat 'n wonderlike skrywer.

Oor kortverhale dink ek altyd aan Hemmingway wat so-so was in sy
romans, maar kortverhale gemaak het wat my soms hoendervleis gegee
het.
Re: Taalnuus uit Afrizania [boodskap #8351 is 'n antwoord op boodskap #8237] Di, 04 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , bab...@babbelry.com says...
>

>
> Gloudina, ek is bevrees ons het hier te doen met waarde-oordele oor
> literatuurvorme, en nie soseer objektiewe (sover objektiewe uitsprake
> vergelykende genrestudies moontlik is) sienings oor die invloed van
> literatuur. Moet dit dus nie as 'n persoonlike aanval sien nie, maar
> hier is my mening.
>> Herman,

Herman,
Baie baie dankie dat jy die tyd geneem het
om oor die Afrikaanse letterkunde te praat. Waar
ek hier sit, is dit moeilik om uit te vind wat in SA
op letterkundige gebied aangaan.( Ek begin darem
nou "Tydskrif vir Letterkunde" kry.) Ek is veral
geinteresseerd wanneer jy praat van die "grens-
verhaalgenre." Geinteresseerd veral omdat jy dit
'n "genre" noem. Kan jy daaroor uitwei?
Oor wat ek tevore geskryf het: ek is natuurlik
die laaste mens wat sal argumenteer dat die roman
'n tweederangse plek beklee as genre. Ek wou maar
net opmerk dat, pedagogies, dit nie so 'n radikale
besluit is om net kortverhale "voor te skryf" nie.
Veral as 'n mens deur boekelyse en dies meer die lees
van romans by die studente kan kontrolleer en dan
ook periodiek bespreek.
Ek hoop dat hierdie nuusgroep kan ontwikkel
in 'n forum waar ons dinge soos die letterkunde van
Afrikaans kan bespreek. Baie uitgewekenes is uit
akademiese agtergronde en sal intens geinteresseerd
wees in harde inligting oor dinge in SA, liewers as om
oor die voor- en na-dele van die ou bedeling te stry.
Ekself is, byvoorbeeld, uit SA ontwortel nadat ek
intens die Afrikaanse letterkunde bestudeer het, twee
proefskrifte geskryf het oor Opperman (die laaste een
met N.P.Van Wyk Louw as eksterne eksaminator),
en toe vir dekades min kontak met dinge hier in die
vreemde gehad het, behalwe die enkele boek wat 'n
familielid aanstuur, of die paar boeke waarmee jy terug-
keer na 'n seldsame besoek aan SA so elke sewe jaar.
Ek hoop dus dat jy so nou en dan die tyd sal neem om
te praat oor interessante nuwe skrywers en digters. Ek
is seker dat selfs mense binne SA geinteresseerd sal
wees om aan sulke besprekings deel te neem.

Gloudina
Re: Taalnuus uit Afrizania [boodskap #8352 is 'n antwoord op boodskap #8237] Di, 04 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
herman[2]  is tans af-lyn  herman[2]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

> In article , bab...@babbelry.com
> says...
>>

>>
>> Gloudina, en waar kom jy daaraan dat kortverhale 'n 'meer gevoelige
>> instrument is om liefde vir die woord op te wek'? 'n Sweeping
>> statement, of actually gebaseer op iets substansieels?
>>
>> Herman
>>

Gloudina, ek is bevrees ons het hier te doen met waarde-oordele oor
literatuurvorme, en nie soseer objektiewe (sover objektiewe uitsprake
vergelykende genrestudies moontlik is) sienings oor die invloed van
literatuur. Moet dit dus nie as 'n persoonlike aanval sien nie, maar
hier is my mening.
> Herman,
> 'n Kortverhaal in vergelyking met 'n roman
> is soos die sonnet in vergelyking met 'n gewone gedig
> wat 'n losser vorm het.
'n Roman het nie noodwendig 'n losser vorm nie - baie romans vertoon
hegte strukture, maar postmodernistiese romans, waarin sluiting vermy
word en koherensie doelbewus verbreek word, se skynbaar losser vorm
veroorsaak nie noodwendig dat hulle nie 'n sensitiwiteit vir die
geladenheid van taal het nie. Veral nie, omdat daar dan juis gewys
word op taal as nie-referensieel en die metafiksionele strategie van
postmodernistiese romans ook juis die leser se aandag op die taal as
nie-deursigtige verskynsel wil vestig. Daar kan dus geargumenteer word
dat 'losser' romans juis 'n groter sensitiwiteit vir taal openbaar as
gestruktureerde romans waar die klem op 'n storie val.
As jy iemand wil sensitief
> maak vir dissipline en vorm in die bedryf van die woord-
> kuns, sou jy dus liewer 'n sonnet kies om daardie persoon
> te oortuig dat letterkundige vorme nie net 'n aanmekaar-
> flans van woorde is nie
Dis nou as jy 'n modernis is, vir wie struktuur en samehang die
belangrikste kriterium vir literêre oordeel is.
. Dit wil sê : dat om 'n ware digter
> te wees, nie so maklik is nie. Dieselfde geld vir die kort-
> verhaal. Dit is dus daarom dat kortverhaalskrywers wat
> goed is, altyd baie op die hande gedra word, in enige
> letterkunde.
Ek wil verskil - ek dink, sover dit Afrikaans op die oomblik aangaan
in elk geval, is romanskrywers baie meer bekende figure as
kortverhaalskrywers. Skrywers raak dikwels ook eers bekend as hulle
romans publiseer - dink maar aan Etienne van Heerden, wat as digter en
kortverhaalskrywer nie soveel blootstelling geniet het as toe hy begin
romans skryf het nie. Maar ek neem aan 'n mens kan ook redeneer dat
iemand al meer bekend word hoe meer hy skryf.
Net soos sonnetskrywers in die digkuns. In
> die kortverhaal verwag 'n mens 'n sekere vonds, 'n sekere
> geestelike gewin aan die einde, dieselfde as in 'n sonnet.
> In 'n kortverhaal, net soos in 'n sonnet, moet die skrywer
> hom telkens afvra : is die woorde en vertelling wat ek
> gebruik, essensieel vir die konsep van die storie.
by 'n roman verwag 'n mens, veral as jy jou kriterium van sluiting en
struktuur gebruik, ook 'n vonds aan die einde. Dit is wel waar dat
kortverhale meer gekonsentreerd is, maar dit beteken nie dat die
taalgebruik in romans minder verbeeldingryk of minder veelseggend hoef
te wees nie.
> Dit behoort natuurlik nie nodig vir my te wees om vir
> jou hierdie dinge te vertel nie. Jy behoort dit self op skool
> te gehoor het, in jou Afrikaanse klasse, en in jou Engelse
> klasse.
Ek het darem so 'n bietjie meer letterkundige kwalifikasies as dié wat
ek op die skoolbanke opgedoen het. Ek neem egter aan jou snedigheid is
terloops.
> Ek probeer nou dink aan wie die goeie kortverhaal-
> skrywers in Afrikaans was in die dae wat ek nog in Suid-
> Afrika gebly het, maar ek kan net aan Engelse voorbeelde
> dink. Soos Herman Charles Bosman. Miskien kan jy my
> inlig oor goeie kortverhaalskrywers wat op die oomblik
> in Afrikaans skryf.
Daar is Rachelle Greeff (pas 'n debuutroman gepubliseer wat nie so
goed is soos haar kortverhale nie), soos reeds genoem het Etienne van
Heerden baie goeie kortverhale geskryf, so ook Abraham de Vries en, in
'n heel ander kader, Koos Prinsloo. En die hele grensverhaalgenre van
'n paar jaar gelede (dink maar weer aan Strachan, byvoorbeeld) het
briljante kortverhale opgelewer. En daar verskyn gereeld nog
debuut-kortverhaalskrywers - ek dink juis dis omdat die kortverhaal in
baie opsigte makliker is om te skryf as 'n roman, en daarom debuteer
skrywers dikwels met kortverhale voor hulle na romans beweeg (dink
byvoorbeeld aan Eben Venter, wie se kortverhaalbundel Witblitz nie
dieselfde ovasies gekry het as Foxtrot of sy uitmuntende nuwe Ek
stamel ek sterwe nie.)

Maar soos voorheen gesê, ons bespiegel nou maar.
Groete
Herman

> Gloudina.
>
Vorige onderwerp: Afrikaanse Speller....
Volgende onderwerp: Groundhog Day in Noord-Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 16 16:30:38 MGT 2024