Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: hier's een vir julle - EN HIER IS JOUNE OOK .....
Re: hier's een vir julle - EN HIER IS JOUNE OOK ..... [boodskap #8099] Di, 21 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Herman,
Jou hele ou storietjie (gediggie??) is duidelik gemik
teen Suid Afrikaners (ex-pats) oorsee.
Dit is duidelik dat jy een of ander ding het
teen hulle wat jou gat krap ne^ ?

Jou verwysing na "sentimentele gediggies" op die nuusgroep is onnosel:
enigiemand wat die nuusgroep goed ken, weet dat hier 'n verskydenheid
gedigte geplaas is, in Afrikaans, van verskeie digters uit verskeie
tydvakke. Dit het jou vry gestaan om ander te pos.
Die nuusgroep gaan immers om Afrikaans en Kultuur.
Kry ook jou feite reg, dit is nie Gloudina wat "O God van Jakob"
geplaas het nie. Dis ek.
En toe kom jy met jou Army herinneringe daaroor,
(Is jy dalk sentimenteel?).
Ek het eerlikwaar meer van jou verwag, veral na ek eenkeer jou bydrae
gelees het oor die Stellenbosche predikante en die komissie.

Jy opinie oor ex-Suid Afrikaners is beledigend en uiters oppervlakkig,
Wat jy skryf is slegs waar van sommige ex-Suid Afrikaners,
maar dit is 'n verskriklike veralgemening.
Daar was en is 'n moerse uitog uit RSA, weens verskillende redes.
En daardie redes het nogal baie met die Afrikaner en politiek te doen.
Dit is duidelik dat jy eenvoudig bitter min weet/wil weet van Afrikaners
in die buiteland, en alweer die ou stereotipiese idees oor hul gorrel.
Jou goedkoop kritiek is 'n tipiese reaksie van Suid Afrikaners tuis
wat dit nog altyd probeer afmaak het.
'n Regte ou laertrek mentaliteit. Verskans jou teen die invloed van "buite".

Ag toe nou!

Vriendelike groete.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: hier's een vir julle - EN HIER IS JOUNE OOK ..... [boodskap #8116 is 'n antwoord op boodskap #8099] Wo, 22 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
gal...@ibm.net wrote:

> Jou verwysing na "sentimentele gediggies" op die nuusgroep is onnosel:
> enigiemand wat die nuusgroep goed ken, weet dat hier 'n verskydenheid
> gedigte geplaas is, in Afrikaans, van verskeie digters uit verskeie
> tydvakke. Dit het jou vry gestaan om ander te pos.
> Die nuusgroep gaan immers om Afrikaans en Kultuur.
> Kry ook jou feite reg, dit is nie Gloudina wat "O God van Jakob"
> geplaas het nie. Dis ek.
Verskeidenheid met 'n kort ei, hoor. Maar ek is nie so seker daarvan
nie, ek is mos onnosel. En tog so jammer oor die vergissing met jou
en Gloudina, maar die vlak van julle bydraes stem so ooreen dat die
verwarring verstaanbaar is.
> En toe kom jy met jou Army herinneringe daaroor,
> (Is jy dalk sentimenteel?).
Help my as ek verkeerd is, maar is 'n mens nie net sentimenteel oor
ervarings waarvan jy gehou het nie? Dit het buitendien nie gegaan oor
my persoonlike herinneringe nie, hoe sentimenteel dit ook al vir jou
mog klink, maar oor die (algemene) feit dat die godsdiens gebruik is
om Afrikanerbelange te legitimiseer.
> Ek het eerlikwaar meer van jou verwag, veral na ek eenkeer jou bydrae
> gelees het oor die Stellenbosche predikante en die komissie.
Baie dankie vir die kompliment, en dankie vir die hoë verwagtinge. Ek
sal die goue sterretjie bewaar.

> Jy opinie oor ex-Suid Afrikaners is beledigend en uiters oppervlakkig,
> Wat jy skryf is slegs waar van sommige ex-Suid Afrikaners,
> maar dit is 'n verskriklike veralgemening.
Ai, 'n mens leer 'n taal so gou af. Die woord 'jy', dink ek, is 'n
persoonlike of aanwysende voornaamwoord. Die woord 'jou', om besit aan
te dui, moes hier gebruik word. Maar ek is nie seker daarvan nie, ek
is maar onnosel. Natuurlik is my opinie 'n veralgemening. Net soos jou
gebruik van die term Afrikaner ook 'n veralgemening is. Die skoen is
gegee vir wie hy pas.
> Daar was en is 'n moerse uitog uit RSA, weens verskillende redes.
> En daardie redes het nogal baie met die Afrikaner en politiek te doen.
> Dit is duidelik dat jy eenvoudig bitter min weet/wil weet van Afrikaners
> in die buiteland, en alweer die ou stereotipiese idees oor hul gorrel.
> Jou goedkoop kritiek is 'n tipiese reaksie van Suid Afrikaners tuis
> wat dit nog altyd probeer afmaak het.
Weer eens 'die Afrikaner'. Wat is dit/hy/sy? Nou as ek dan verkeerd
het oor die redes vir die uittog en die houding van ex-pats, hoekom
stel jy dit nie reg nie. Wys vir my dat jy nie die stereotipe verdien
nie. En verduidelik vir my hoekom jy nog steeds as 'n Suid-Afrikaner
bestempel moet word.
> 'n Regte ou laertrek mentaliteit. Verskans jou teen die invloed van "buite".
Laertrek? Wat is hierdie nuusgroep anders as 'n elektroniese
kampvuurgeselsie? Het jy al my Sanna gesien?

Voortrekkergroete
Herman
Re: hier's een vir julle - EN HIER IS JOUNE OOK ..... [boodskap #8169 is 'n antwoord op boodskap #8099] Vr, 24 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Tierkat  is tans af-lyn  Tierkat
Boodskappe: 12
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Herman skryf in 'n brief aan Galjoen:
> " En verduidelik vir my hoekom jy nog steeds as 'n Suid-Afrikaner
bestempel moet word."<

HERMANUS.....kan jy dit nou eenmaal in jou kop kry dat
lojaliteit/liefde....en ja....'n nostalgie vir Suid-Afrika my reg is. Ek
het daardie reg verdien omdat ek 'n Suid-Afrikaner is....daar gebore
...daar getooi. Die ou "goewermint" het gese ek was een.....en die "new
goverment" se ek mag maar een bly.... en my hart se vir my dat ek altyd
een sal wees.... en daar is nie 'n rede op die aarde hoekom ek of enige
ander sogenaamde "ekspat" dit vir jou hoef te verduidelik nie. Vorige
pogings om so te doen het in elk geval heeltemal by jou verby gegaan.
Miskien moet ek 'n ander taal probeer en se:"Absense makes the heart grow
fonder." OF Miskien moet ek myself net oor en oor herhaal...."'n
bietjie "ex" sal helse goed wees vir jou "pat" OF miskien is dit met jou
'n geval van: Jy benodig 'n helse lot "ex" om jou hoegenaamd "pat" te kry.
Ware Suid-Afrikaners waardeer alle ander Suid-Afrikaners....maak nie saak
waar op moeder aarde hulle voete 'n gemaklike holte gevind het nie.
Suid-Afrikaans wees is 'n "state of the MIND"....en soos vantevore
vermoed.....jou gees/wereld en BREIN lyk 'n bietjie klein.

> "Verskeidenheid met 'n kort ei, hoor." "Ai, 'n mens leer 'n taal so gou af. Die woord 'jy', dink ek, is 'n
persoonlike of aanwysende voornaamwoord. Die woord 'jou', om besit aan te
dui, moes hier gebruik word. Maar ek is nie seker daarvan nie, ek is maar
onnosel."<
> " maar oor die (algemene) feit dat die godsdiens gebruik is
om Afrikanerbelange te legitimiseer"<

Vir iemand wat 'n adder soos "LEGITIMISEER" aan sy boesem koester het jy
darem baie te se oor ander mense se Afrikaans.....

Hou op om so te "nit pick" .....sprei die vlerke....en kry vir jou 'n
"eagle's view"

Groetnis
Hester
Vorige onderwerp: Vir Herman....van '''n "ex"...en 'n "pat"
Volgende onderwerp: aan herman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Okt 07 15:20:34 MGT 2024