Gesellig Afrikaans
Waar ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Ernstig » Nuus » Skok-bewerings teen Magnus Malan
Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #120707] Ma, 06 Augustus 2018 06:14 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 270
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Magnus Malan was op sy dag die hoof van die Suid-Afrikaanse Leër en die Minister van Verdediging. Hy is op 18 Julie 2011 (op 81) by sy huis aan hartversaking oorlede. Nou, sewe jaar ná sy dood, word 'n boek bekendgestel wat beweer dat hy 'n pedofiel was wat 40 tot 50 jaar terug aan seksorgies tydens "visvanguitstappies" deelgeneem het. Die boek se naam is "Die seuns van Bird Island" (nogal in Afrikaans).

Dis 'n afgryslike storie, maar klink 'n bietjie dik vir 'n daalder. Kan dit 'n poging wees om geld te maak uit iemand wat homself nie meer kan verdedig nie, of is dit dalk waar? Hoe kon so iets vir so lank toegesmeer word?
Re: Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #120709 is 'n antwoord op boodskap #120707] Ma, 06 Augustus 2018 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
alleman  is tans af-lyn  alleman
Boodskappe: 2
Geregistreer: Julie 2018
Karma: 2
Junior Lid
Dis dalk minder dik vir 'n daalder as jy in ag neem dat magsdronk leiers van elders gevang is dat hulle soortgelyk optree.

Byvoorbeeld die pedofiel netwerk wat bestaan het in die Britse parlement en waarskynlik Britse ministers ingesluit het.
Die reekse en reekse seksmisdade teen kinders wat Roomse priesters wêreldwyd gepleeg het teen kinders wat aan hulle sorg toevertrou is.
Jimmy Saville en Rolf Harris se celebrity status het aan hulle mag gegee om skynbaar te maak soos hulle wil.
Saville was so magtig dat baie mense by die toesmeer van sy bedrywighede betrokke was - selfs polisiemanne, en personeel by die hospitale waar hy van die dinge gedoen het


Verder is dit bekend dat Malan baie wreed was. Hy het gesit en mense se moorde en beplan saam met die BSB wat hy begin het. So moet ons hom die voordeel van die twyfel gee omdat sy BSB bedrywighede ter wille van ons gedoen is? Ek dink nie so nie. Daardie dinge was immoreel en het almal in SA, Afrikaners inkluis, in werklikheid benadeel
Re: Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #120721 is 'n antwoord op boodskap #120709] Do, 09 Augustus 2018 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 270
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
> "Hulle hoop was dat die boek die slagoffers en mense met meer inligting na vore sal laat kom."

Dit klink al te veel na 'n "visvangstorie" met 30+ jaar se stertjies daarby. As iemand wel met feite vorendag kom kan ons seker 'n opvolg op die boek verwag. Riool-joernalistiek op sy beste, maar miskien lei dit tog tot een of ander waarheid. Ek neem aan tyd sal leer.
Re: Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #120733 is 'n antwoord op boodskap #120721] Wo, 15 Augustus 2018 14:41 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 270
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Mark Minnie, 'n oudspeurder en mede-skrywer van die boek, het blykbaar selfmoord gepleeg. Hy is aangetref met 'n skietwond aan sy kop, asook 'n selfmoordbrief en 'n vuurwapen wat nie aan hom behoort nie. Volgens die polisie word vuilspel nie vermoed nie, maar baie bespiegel dat hy te veel geweet en derhalwe "uitgehaal" is.

In 'n ander wending is Barend du Plessis ('n voormalige minister van finansies) geïdentifiseer as die waarskynlike derde medepligtige wat se naam nie in die boek genoem is nie. Seker oorlat hy nog lewe en homself kan verdedig.
Vorige onderwerp: Trump en Kim ontmoet in Singapoer
Volgende onderwerp: Treurgrond
Gaan na forum
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jan 21 12:22:06 UTC 2019