Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Kennisgewings » Stand van Afrikaanse Forums
Stand van Afrikaanse Forums [boodskap #120685] Ma, 23 Julie 2018 07:01 na volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
'n Forum kan beskryf word as 'n webwerf waarop gebruikers gesprekke kan begin of daaraan kan deelneem. Sulke forums het hoofsaaklik ontstaan as 'n meer gebruikersvriendelike alternatief tot e-poslyste en die eertydse USENET Nuus. As sulks word dit algemeen op die internet gebruik om skriftelike kommunikasie te bevorder en te argiveer.

Daar is 'n klomp Afrikaanse forums op die Internet, waarvan hierdie webtuiste maar net een is. Tog lyk dit of meeste Afrikaanse forums deesdae relatief onaktief en onbeman is (of was dit nog altyd so). Ek vermoed forums se bloeitydperk is verby, hoewel hulle sekerlik nog lank nie uitgedien is nie en 'n magdom van kennis bevat wat oor talle jare opgebou is.

Baie mense kies vandag eerder Facebook, Twitter en ander verwante sosiale media platforms (wat natuurlik self tipiese forums is). Hierdie platforms is dikwels maklik om te gebruik, dit kos niks en almal weet daarvan omdat dit wyd in die media verkondig word. Die platforms het natuurlik ook hul tekortkominge en posstukke verdwyn relatief vinnig in 'n see van boodskappe in.

Dit laat my soms wonder wat die beste manier is om 'n Afrikaanse gehoor te bereik. Blogs werk lekker as jy meestal self die praatwerk gaan doen. Forums daarteenoor is meer interaktief en oop vir enigiemand wat aan 'n gesprek wil deelneem. Dis natuurlik ook moontlik om posstukke wat op 'n forum gepos word na ander netwerke te propageer. Boodskappe hier word o.a. na Twitter gestuur en gebruikers kan kies om boodskappe na hulle eie profiele op sosiale media te versprei (sien knoppies onder aan elke gesprek).

Hier is so 'n paar Afrikaanse forums waarvan ek bewus is. Laat ons asb. weet as jy van enige ander weet.
Daar is natuurlik ook 'n magdom forums wat toegemaak het en nie meer bestaan nie. Hierdie forums se boodskappe is ongelukkig vir die mensdom verlore. Om so 'n paar te noem:
  • http://boerevryheid.co.za/ (terug by http://boerevryheid.xyz/)
  • http://koeksuster.com/
  • http://vriende.com/
  • http://www.4afrikaans.com/
As u van enige ou forums weet wat nie meer beman word nie, stuur ons asb. 'n rugsteunkopie daarvan sodat ons dit hier kan laai. Dit is relatief maklik om forums te versmelt (amalgameer) om groter forums te vorm. Sodoende kan die kennis wat in dié forums vasgevang is op die internet behoue bly.

Groete.
Administrasie

NS: As u 'n kopie van dié forum soek, moet om hemels naam nie probeer om dit bladsy vir bladsy oor die internet af te laai nie. Kontak ons (meld aan en stuur 'n privaatboodskap aan "admin") en laat ons weet hoekom u 'n kopie soek en wat u daarmee wil doen. Ons sal dit met graagte aan aktiewe lede en navorsers beskikbaar setel.
Re: Stand van Afrikaanse Forums [boodskap #120686 is 'n antwoord op boodskap #120685] Ma, 23 Julie 2018 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
alleman  is tans af-lyn  alleman
Boodskappe: 2
Geregistreer: Julie 2018
Karma: 2
Junior Lid
Jy is reg dat dit sosiale media is (Facebook veral), wat die forums se deelnemers weglok.
Re: Stand van Afrikaanse Forums [boodskap #120702 is 'n antwoord op boodskap #120686] So, 05 Augustus 2018 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Dankie vir hierdie inligting Admin en vir die noem van kampforum.co.za

Ons (kampforum) probeer om Afrikaans hoog te hou, die webwerf is darem al 95% vertaal. Ons moet kyk na 'n manier om die afrikaanse platforms te "verenig" ? Ek sal die ander ook besoek en probeer vriende maak met tyd, dalk kan hier iets mooi van kom wat eenheid kan genereer. Facebook het ook sy tekortkominge en ons vind oor die algemeen is FB 'n plek waar mense respek vir mekaar verloor.
Re: Stand van Afrikaanse Forums [boodskap #126289 is 'n antwoord op boodskap #120702] Do, 30 Mei 2019 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Die "Afrikaanse Forum" (http://forum.afrikaanseforum.co.za/) is tans aflyn. Ons het kontak gemaak en die versekering gekry dat hulle besig is om daaraan te werk, maar dat dit 'n rukkie gaan neem om al die tegniese probleme aan te spreek. Hulle het gevra dat mense hulle nie persoonlik moet kontak nie en asseblief geduldig moet wees tot al die probleme uitgestryk is.
Re: Stand van Afrikaanse Forums [boodskap #126365 is 'n antwoord op boodskap #126289] So, 02 Junie 2019 20:05 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Danksy hul onbaatsugtige werk is die "Afrikaanse Forum" weer op die lug. Goeie werk mense!
Vorige onderwerp: Formatering van teks
Volgende onderwerp: URL skakeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 07:19:41 MGT 2024