Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Potbrood
Potbrood [boodskap #120644] Wo, 27 Junie 2018 12:49
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
Hier is 'n eenvoudige en maklike resep om potbrood te maak. Heerlik saam met braaivleis of potjiekos.

Bestanddele:

500g bruismeel
1 pakkie beesstertsopoeier
1ml sout
1ml rissiepeper
125ml gerasperde Cheddarkaas
500ml karringmelk

Metode:
Meng al die bestanddele en skep in 'n gesmeerde platboompotjie of in 'n gesmeerde broodpannetjie.
Bak sowat 1 uur tussen die kole of 45 minute in 'n oond by 180°C.

Variasies:
Vervang die beesstertsoppoeier met bruin uiesoppoeier.
Vervang die rissiepeper, kaas en karringmelk met 1 blikkie bier.
Vorige onderwerp: Piesangskons
Volgende onderwerp: Mieliepap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:36:54 MGT 2024