Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Versie vir Gloudina..
'n Versie vir Gloudina.. [boodskap #7844] Wo, 18 Desember 1996 00:00
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Ek het gevra..

Ek het vir krag gevra, sodat ek kon presteer,
Ek is swak gemaak sodat ek in alle nederigheid
gehoorsaamheid kon leer.

Ek het om gesondheid gevra, sodat ek groter dinge kon doen,
Ek het ongesteldheid ontvang, sodat ek beter dinge kon doen.

Ek het om rykdom gevra, sodat ek gelukkig kon wees,
Ek het armoede ontvang sodat ek wys kon wees.

Ek het gesag gevra, sodat ek die respek van mense kon afdwing,
Ek het swakheid ontvang, sodat ek kon voel hoe nodig ek God het.

Ek het alles gevra sodat ek die lewe kon geniet,
Die lewe is aan my gegee sodat ek alles kan geniet.

Ek het niks ontvang waarvoor ek gevra het nie,
maar alles waarop ek gehoop het.
Sonder inagneming van myself, is my gebede beatwoord.
Van alle mense is ek die mees ryklik geseende."

Anoniem

Groete
Dave
Vorige onderwerp: Definieer "Die Toekoms.."
Volgende onderwerp: Kerstyd in die laer - Joubero Malherbe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 00:36:47 MGT 2024