Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Twee gedigte uit die apartheidsjare
Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7758] Sa, 07 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Dis hartseer om te sien dat mense so konsentreer op alles wat verkeerd
gegaan het in die land van ons, en dat hulle al die goeie vergeet of
doodeenvoudig net ge-ignoreer. Miskien het hulle die land te vroeg
verlaat om al die goedheid te sien of miskien voel hulle skuldig omdat
hulle groot aandeel in apartheid gehad het.

Ek het almal oor die selfde kam geskeer en niemand te nagekom nie selfs in
die era van apartheid so ek het niks om oor skuldig te voel. Die mense
wat die groot misdade gepleeg het in die naam van wat ook al, was
ongelukkig nie Jan allerman nie,en niks wat ons kon doen sou dit verander
het nie, tensy jy so gelukkig was om in 'n mags posisie te wees, so hoekom
moet ek skuldig voel oor dinge wat gedoen is sonder my medewete, en ek
vrae ook nie om verskoning vir iets waaraan nie deel gehad het nie.

Ek wonder net of wat nou in die land gebeur nie in dieselfde katagorie
geklassifiseer kan word as die dinge wat gebeur het tydens apartheid.
Soort van omgekeerde apartheid,druk alles rondom die Afrikaner dood (Taal
, geskiedenis, kultuur ens). Probeer vergeet dat apartheid ooit gebeur
het.

Groete

JHV
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7762 is 'n antwoord op boodskap #7758] So, 08 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , klaas...@aol.com says...

Ek is baie skepties oor iemand wat verklaar: "Ek
het almal oor dieselfde kam geskeer... so ek het niks
om oor skuldig te voel nie...so hoekom moet ek skuldig
voel oor dinge wat gedoen is sonder my medewete..."
Sien, dis amper onmoontlik vir 'n witmens wat in
SA grootgeword het, om nie van dag een skuldig te voel
oor die toestande waarin alle nie-blankes moes leef, selfs
voor 1948 nie. Waar ek grootgeword het op die walle
van die Oranje-rivier, was daar altyd 'n skuld en 'n angs
in my dat ons witmense die oorspronklike bewoners
weggedryf het van die lekker eilande en die walle van die
rivier af. Hulle nageslagte moes in die "kroeke" bly, in
die droë rantjies ver van die rivier af. Vandaar moes
hulle myle loop om water te kom haal uit die rivier uit.
Vandaar moes hulle myle loop om te gaan werk op die
eilande, waar hulle die harde werk gedoen het om druiwe
te sny, rosyntjies te maak, katoen te pluk. Nou juig my
hart dat daardie dae hopelik verby is vir daardie deel van
God se skepping wat genoeg gely het. Hulle was ook my
mense, after all.
So jy moet vir my vergeef as ek skepties voel. Ek het
al moeg geword van al die jong Afrikaanse manne wat
nou in strome na Kanada emigreer en as rede gebruik
die "regstellende aksie" wat daar nou in SA aan die gang
is. Deur die "regstellende aksie" na 1948 wat Afrikaners
in amper alle "top jobs" gesit het, is die net 'n paar miljoen
Afrikaners so bederf dat hulle vergeet het dat meer as 80 per-
sent van SA se bevolking NIE wit is nie. SA is in die eerste
plek die land van alle Suid-Afrikaners, en eers wanneer meer
as 80 persent van die poste deur non-kaukasiers beklee word,
sal daar balans wees.
Ek sien jy sit in Amerika. Nog 'n plek, soos in Kanada,
waar die Kaukasie'rs hulle plek in die son behoort te verloor.
Ek hoop jou hart breek, soos myne,wanneer jy dink wat mense
uit Europa gedoen het aan die oorspronklike inwoners van
die Amerikas. Eendag, hoop ek, sal reg en geregtigheid ge-
skied. Maar ongelukkig is daardie dag seker nog ver hier
in Noord-Amerika. In Suid-Afrika het dit egter al aangebreek, dank die
Vader. En daarom is ek nou weer trots om te sê
ek is van Afrikaanse afkoms.

Gloudina Bouwer
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7766 is 'n antwoord op boodskap #7758] Ma, 09 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina

Ek is in die VSA, nie omdat ek weggehardloop het vir dit wat gebeur in my
land nie ek sou nou eerder daar wou wees om te help met die geveg om my
Taal en Kultuur vir my kinders te probeer bewaar. Wat moes gebeur sou
gebeur. Om terug te kom na of blankes in SA moet skuldig voel oor die
groot APARTHEID in SA. Ek hou vol by dit wat ek voorheen gesê het. In my
omgewing is almal die kans gegee om skool toe te gaan as hulle wou,
instede het hulle besluit om dit af te brand ek het nie aandeel in die
brandstigting gehad nie. So moet ek skuldig voel dat hulle nie 'n
geleerdheid gekry het terwyl ek getrou skool toe is en 'n werk kon kry.
Die swart mense wat wel deurgedruk het en in die skool gebly het,het later
saam met my gewerk. Sien ek is 'n verpleegsuster en soos ek sê ons het
saam gewerk,in die hospitale waar ek gewerk het was daar nie so iets soos
apartheid nie almal het saamgewerk, sekere van my nagraads vakke is
aangebied deur swart dosente.

MY Ouma het op plaas gewoon vir jare omdat dit al was wat sy gehad het en
die plaas het nie elektrisiteit,lopende water of riool gehad nie, hulle
moes water aan dra van die rivier af wat nie net langs die huis verby
geloop het nie ens. Moet ons nou apartheid daarvoor ook blameer of sal ons
dit blameer op stadige ontwikkeling. Dit was ook nie honderd jaar gelede
nie maar in die vroee" sewentigs. En my Ouma se getrouste helpers was
swartmense en hulle het mekaar soos familie behandel nie as twee
verskillende entiteite nie.

Maar dis makliker om te kritiseer en die blaam elders te plaas. Daar is
baie wit mense wat net sulke harde tye geken het as die swartes maar hulle
het hulself nie so op die voorgrond gedruk deur ander te blameer nie maar
hulle het hulself deurentheid probeer en het stadig maar seker uit die as
opgestaan. hulle het niks pasella gekry net omdat hulle wit is nie, maar
hulle het hard gewerk vir dit wat hulle wel het.

JHV
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7767 is 'n antwoord op boodskap #7758] Ma, 09 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Dec 1996 04:47:09 GMT, klaas...@aol.com wrote:

ongelukkig nie Jan allerman nie,en niks wat ons kon doen sou dit verander[/color]
> het nie, tensy jy so gelukkig was om in 'n mags posisie te wees, ...>>>

Dit moet natuurlik genoem word dat as al die gewone mense nie vir die
NP gestem het jaar na jaar nie, dan kon dit nie gebeur het nie.

Ons het almal presies geweet wat met Steve Biko gebeur het. Dit was
wyd gerapporteer en bespreek.
Dit was in 1977.

Daana het die gewone wit mense jaar na jaar steeds NP gestem.
Jaar na jaar vir PW Botha. Hoekom?

Toe val PW Angola binne. Die res van die wereld weet dit en hier word
dit ontken.
Toe kom ons agter dit is waar.
Toe stroom ons stembusse toe om vir hom te stem.
Hoekom?

In die middel jare tagtig was daar wyd gepraat oor seksies van die SA
polisie wat "ANC mense" in vergelding doodmaak.
Toe stroom ons stembusse toe en stem vir PW.
Hoekom?

Soos dit in Duitsland was, so was dit hier: Ons het geweet. Ons het
nie omgegee nie. Ons het die voordele aanvaar en ons oe toegemaak vir
die bloed wat onder die deur deur syfer.
As ons dit ontken, lieg ons vir onsself.
Dit was 'n fout. Dit maak ons nie sleg nie.
Ons het honderde kanse in vandag se SA om op te staan en weer te
begin.
Om te help bou aan 'n beter toekoms.
Maar dan moet ons erken wat die verlede was.

Een klein waarheid soos 'n harde klippie in jou skoen: Ons het PW sy
mag gegee. Ons het hom gelegitimitiseer. Hy het in ons naam opgetree
en ons het dit goedgekeur deur weer en weer vir hom te gaan stem.

Voor PW was daar ander ook.
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7768 is 'n antwoord op boodskap #7758] Ma, 09 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7775 is 'n antwoord op boodskap #7758] Di, 10 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
In 1977 was ek in st 7 en 13jr. oud, en was ek nie regtig bewus van dinge
soos Apartheid en het ek nie omgegee wie stem vir wat nie, ek was te besig
om my huiswerk te doen en die res van my jonglewe om te speel met my beste
maatjies, wat meestal swart was. En meeste van my swart maatjies het ook
nie elders gewoon nie, maar op my ouma se plaas of paar blokke weg. Sien
ons woonbuurt en die swart woonbuurt was net geskei deur 'n spruit. Ook
was ons nie bewus van wie Steve Biko was of waaroor alles gegaan het nie.

En nou dat ek wel belangstel wat aangaan kan ek nie swart vriende he^ nie
want almal is verward weet nie of ons moet lief he^ of haat nie. En ek
kan niks verander aan Steve Bico se saligheid nie. Dit gaan hom ook nie
terug bring deur alles wat aan daardie tyd herinner dood te druk nie. Los
my Taal Kultuur en geskiedenis uit, las aan waar dit te kort skied maar
moet dit nie begrawe nie en gee my terug die reg om gelofte dag te eer.
Ons almal kan ons verskillende dae he^ wanneer ons iets spesifieks wil
vereer.

JHV
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7776 is 'n antwoord op boodskap #7758] Di, 10 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Mooi man!

Groete
Dave
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7777 is 'n antwoord op boodskap #7758] Di, 10 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Subject: Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare
> Date: Mon, 09 Dec 1996 04:19:11 GMT

> On 7 Dec 1996 04:47:09 GMT, klaas...@aol.com wrote:

> wat die groot misdade gepleeg het in die naam van wat ook al, was
>> ongelukkig nie Jan allerman nie,en niks wat ons kon doen sou dit verander
>> het nie, tensy jy so gelukkig was om in 'n mags posisie te wees, ...>>>

Ek hou nie daarvan as hande in onskuld gewas word nie.

> Dit moet natuurlik genoem word dat as al die gewone mense nie vir die
> NP gestem het jaar na jaar nie, dan kon dit nie gebeur het nie.

Hierdie afleiding is egter foutief. Dit neem aan dat die alternatiewe wat
hulle aangebied het om die land te regeer dit anders sou gedoen het.

> Ons het almal presies geweet wat met Steve Biko gebeur het. Dit was
> wyd gerapporteer en bespreek.
> Dit was in 1977.

> Daana het die gewone wit mense jaar na jaar steeds NP gestem.
> Jaar na jaar vir PW Botha. Hoekom?

Baie eenvoudig. Die Berlynse muur het in daardie stadium nog nie geval nie,
onthou. Langafstandverkenningsvliegtuie van die USSR het ons kuste
gepatroleer. Europa, Amerika en die IMF het nog daagliks mea culpas gekreun
oor kolonialisme en alle vergrype van Afrika-regerings oor die hoof gesien.

Vir baie was die alternatief tot Biko tienduisende Bikos onder die moontlike
alternatiewe regerings. En dit was nie 'n persepsie wat deur propaganda gevorm
is nie - Idi Amin was nog nuus, nie net in Suid-Afrika nie.

> Toe val PW Angola binne. Die res van die wereld weet dit en hier word
> dit ontken.
> Toe kom ons agter dit is waar.
> Toe stroom ons stembusse toe om vir hom te stem.
> Hoekom?

Soos bo. Behalwe dat daar toe nog Kuba en ander ook was.

> In die middel jare tagtig was daar wyd gepraat oor seksies van die SA
> polisie wat "ANC mense" in vergelding doodmaak.
> Toe stroom ons stembusse toe en stem vir PW.
> Hoekom?

In die middel van die jare tagtig is daar nie net "wyd gepraat" van
halssnoermoorde en boendoehowe nie. Dit is nogal prominent gerapporteer - deur
_al_ die media. Gerugte van staatsmoordbendes was chickenfeed teen die
alternatief wat voorgehou is - straatmoordbendes.

> Soos dit in Duitsland was, so was dit hier: Ons het geweet. Ons het
> nie omgegee nie.

Praat vir jouself, boet. Gebruik die eerste persoon enkelvoud.

> Ons het die voordele aanvaar en ons oe toegemaak vir
> die bloed wat onder die deur deur syfer.

Ditto. Deel van die bloed was "ons" eie - een van die "voordele" wat jy
voorhou?

> As ons dit ontken, lieg ons vir onsself.

Ditto

> Dit was 'n fout. Dit maak ons nie sleg nie.

Die mees siniese stelling in hierdie hele siek verhaal. _As_ jou premises
hierbo korrek is, maak dit "ons" inderdaad sleg.

> Ons het honderde kanse in vandag se SA om op te staan en weer te
> begin.

Hieroor stem ek saam.

> Om te help bou aan 'n beter toekoms.

Hiermee ook.

> Maar dan moet ons erken wat die verlede was.

En hiermee die meeste van alles. Maar ek het weinig hoop dat "ons" sal slaag.
'n Gesaniteerde politek korrekte weergawe van die geskiedenis, met al
die cowboys aan die een kant en al die kroeks aan die ander is nie wat
"die verlede was" nie.

Gelukkig is dit geen voorwaarde vir die vorige twee stellings nie.

> Een klein waarheid soos 'n harde klippie in jou skoen: Ons het PW sy
> mag gegee. Ons het hom gelegitimitiseer. Hy het in ons naam opgetree
> en ons het dit goedgekeur deur weer en weer vir hom te gaan stem.

> Voor PW was daar ander ook.

En tegelyketyd - en na hom sal hulle weer kom. En ons sal dieselfde
onsmaaklike keuses moet uitoefen - soos jy in 'n ander kommentaar aanbeveel,
waar jy die PAC as die huidige weergawe van die groot wolf swartgevaar voorhou
- met die argument dat ons die arms van die ANC moet sterk soos ons met PW
gedoen het. Dieselfde ANC wat dieselfde dinge as PW gedoen het - wat ook hulle
Jimmy Krugers huisves.

En die Anties poep voort.

Leendert
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7778 is 'n antwoord op boodskap #7758] Di, 10 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die aakligste ding vir my in die jare van apartheid
was die manier waarop veral Afrikaners (en meeste van
hulle was van Transvaal, voel dit al vir my) hulle paaie
oopgeveg het met die professionele bevorderingsleer op,
somtyds oor die liggame van ander Afrikaners, wat ook
aan die Broederbond behoort het, maar darem nou nie so
gewetensloos as hulle was nie. Ek het in die "Bantoe-
Onderwys departement" gewerk, eers onder 'n swart
prinsipaal. Toe, nadat die "regering" oorgeneem het, toe is
daar skielik 'n wit prinsipaal, wat nog nie eens dertig jaar
was nie (maar hy het konneksies in Pretoria!) Minder as
15 jaar daarna het hierdie man sy pad na bo oopgeklou, en
is hy aandadig, glo ek, vir baie van wat die Soweto-onruste
veroorsaak het in 1976. So julle kan praat van die "Rooi
Gevaar" en van 'nie geweet' dat jou swart speelmaats se
lewens verwoes en hulle menseregte van hul afgeneem is
nie. Maar dis 'n bende "Afrikaners" (as hulle die naam
waardig is) wat die land verwoes het. Dis daarom dat ek al-
tyd met vreugde dink aan die ou wat vir ons eendag verdui-
delik het waar, in sentrale Transvaal, hy grond opgekoop het
vir 'n appel en 'n ei. Hy het verduidelik dat hy groot geld gaan
maak. 'n Voëltjie het vir hom vertel waar die grense van een
deel van 'n tuisland gaan wees, en hy reken toe die mense sal
duur vir sy grond betaal, as hulle fabrieke wil oprig net buite-
kant die grens van die "tuisland." Hoop hy is vandag bankrot.
Hoekom het die Afrikaners gedoen wat hulle gedoen het
gedurende die Apartheidsjare? Niks wat enigiemand nog gesê
het, kan vir my die verklaring gee nie. Ek was eers so trots op
my Afrikanerskap. Het 'n bende gewetenlose Afrikaners die
ander begin terroriseer? Of was daar ander elemente in die
ekwasie : die C.I.A., geld van die Noord-Amerikaanse neo-
nazis? Dit is 'n welbekende feit dat sommige van die aanvalle
in Duitsland in die afgelope jare teen die Turke gefinansieer is
deur geld van Kanadese neo-nazis. ( Gloudina Bouwer)
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7779 is 'n antwoord op boodskap #7758] Di, 10 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7792 is 'n antwoord op boodskap #7758] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
n fout, hoe eufemisties: crimineel is n beter woord.
Miskien nie sleg nie. Sleg is sag uitgedruk
Wel:
liefdeloos, haatdraend, verwaand, selfsugtig, onbeskaamd, wreed, gierig,
lui, arrogant dom en veral lafhartig.
So was ek ook.
Maar n mens hoef nie so te bly nie.
Die voorwaarde vir verandering is die pynlike besef van die waarheid.
Objektiewe selfkennis.
Dan kom die bevryding en die genadevolle verkwikkende verademing van die
verandering
met vriendelike groet
xfiles
The truth is in there
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7793 is 'n antwoord op boodskap #7758] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Dec 1996 00:14:11 GMT, klaas...@aol.com wrote:

>

Met ander woorde jy was 18 in 1982. Toe jy kon stem. (By the way, het
jy ooit gestem?)
Dit was omtrent toe PW se troon die meeste begin blink het.
Teen 1886, toe die baie erge geweld losgebreek het, was jy 22.
Dit was die tye toe wette gemaak is wat bepaal het as 'n joernalis op
'n toneel van politieke geweld afkom, dan moet hy of sy so vinnig as
moontlik padgee - of gevang word en tronk toe gaan.
Dit was toe die Vlakplaas-manne op hul ergste was.
As ek reg onthou, was dit omtrent in 1987 toe Vrye Weekblad die Dirk
Coetzee storie gepubliseer het.
Coetzee het natuurlik vir 'n paar jaar sy storie vertel aan politici -
van die KP tot die PFP - en niemand wou na hom luister nie.

om my huiswerk te doen en die res van my jonglewe om te speel met my beste[/color]
> maatjies, wat meestal swart was. En meeste van my swart maatjies het ook
> nie elders gewoon nie, maar op my ouma se plaas of paar blokke weg. Sien
> ons woonbuurt en die swart woonbuurt was net geskei deur 'n spruit. Ook
> was ons nie bewus van wie Steve Biko was of waaroor alles gegaan het nie.>>>

Miskien moes jy koerante gelees het. Daar was baie wat die goed
geskryf het.

want almal is verward weet nie of ons moet lief he^ of haat nie.>>>[/color]

Dis actually baie maklik. As jy met iemand wil vriende maak, maak jy
vriende met hom. (Waar is jou maatjies van kleintyd nou?)
Dit is vandag makliker as ooit om oor die kleurlyn vriende te maak.
Jy stap net na die mens toe en se "howzit".
My ondervindng is dat loshande die meeste mense vriendelik reageer op
'n eerlike glimlag.
(Moet dit egter nie op rowers probee nie. :) )

kan niks verander aan Steve Bico se saligheid nie. Dit gaan hom ook nie[/color]
> terug bring deur alles wat aan daardie tyd herinner dood te druk nie. Los
> my Taal Kultuur en geskiedenis uit, las aan waar dit te kort skied maar
> moet dit nie begrawe nie en gee my terug die reg om gelofte dag te eer.
> Ons almal kan ons verskillende dae he^ wanneer ons iets spesifieks wil
> vereer. >>>

So jy sal nie probleme he as APLA 'n heldedag vier op die dag toe die
handgranate in die kerk ontplof het nie?
Of reken jy sekere dade behoort nie te kwalifiseer vir feesvieringe
nie omdat dit ander dele van die bevolking de wetter in kan maak.

Punt wat ek probeer maak is: Daar is ongelukkig iets soos kollektiewe
skuld. En ons Afrikaners dra dit ongelukkig.
Ons het ook voordeel geniet uit apartheid, al was ons nie aktiewe
uitbouers daarvan nie. Daardie kinders met wie jy gespeel het, het nie
dieselfde geleenthede gehad as jy nie.
Cool vir jou en vir my. En net soos ek was jy waarskynlik ook nie so
stupid om destyds in 'n township te gaan staan en probeer bly as
gevolg van die onregverdigheid wat jy raaksien nie.
Maar dit beteken dat as daar gese word apartheid HET die blankes
bevoordeel ten koste van die ander groepe, dan kan ons in alle
fairness nie terugstaan en se:" Ek het fokkol daarmee te doen gehad.
Ek het nie eens geweet nie, Kan ek nou gaan en julle weggaan van my af
asb."

Afrikaners moet erken dat Apartheid bestaan het, in die gesig kyk wat
dit was, erken dat Afrikaners dit gedryf het vir die voordeel van
ander Afrikaners en dat dit verkeerd was. Want dan kan ons dit uitwys
as dit weer gebeur.
En ons moet erken dat dit ons bevoordeel het en andere opgedonder het.
Dan kan ons as dit weer sou gebeur dieselfde van andere eis.
En dan moet ons vergewe raak. Dan kan ons op 'n ander keer andere
vergewe.
En dan moet ons help bou aan 'n nuwe regverdige land. En van andere
verwag om dieselfde te doen.

Ons moet aan die hand van beginsels begin leef.
Dit vereis dat 'n mens deel van jou omgewing word en weet wat daarin
aangaan.
'n Mens moet die ding wat regverdig is uithaal en formuleer. En aan
die hand daarvan leef. Dus jou eie aksies en die van ander daaraan
meet soos jy deur die lewe gaan.
Veroordeel iemand omdat hy jou duidelike beginsel oortree. Nie omdat
jy voordeel kan trek of jy nie hou van sy groep nie.

Soos: As jy regstellende aksie veroordeel. Figure uit presies wat dit
is. En kyk dan eerste na jouself. As jy voordeel trek daaruit (onthou
die beginsel regstellende aksie is neutraal), veroordeel dan jou
posisie. As jy glo iemand in 'n regstellende posisie moet eerder dit
van die hand wys. Dan moet jy dit ook doen. En natuurlik andersom.
As jy reken dit was goed dat die Afrikaner-regering Afrikaners
bevoordeel het in die staatsdiens bokant koloniale Britte omdat
Afrikaners voor dit doelbewus uitgesluit was van daardie posisies, dan
moet jy wat nou gebeur ook aan die hand daarvan oordeel. En
waarskynlik tot die gevolgtrekking kom dat regstellende aksie 'n
postiewe mag is ens.

Wat die voorbeeld betref, is dit natuurlik een van daardie
interresantes waar regte teen mekaar gebalanseer word - in die geval
die (gelykstellende) regstellende beginsel teenoor die algemene
beginsel van regverdigheid.
Dit beteken waarskynlik dat daar perke aan regstellende aksie is. As
dit oorgesteek word, word die beginsel van algemene regverdighed
verwater. Dan word regverdigheid nie meer gedien deur regstellende
aksie nie, maar eie belang en seksionele belange.

Dan kan die beginsel van regverdigheid inkick. Net soos hy ingekick
het toe ek gese het ek verstaan regstellende aksie want dit stel 'n
baie groot onregverdigheid reg.
Nou skep hy meer onregverdigheid as wat hy regstel.
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7794 is 'n antwoord op boodskap #7758] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Dec 1996 15:03:08, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
Oostrum) wrote:

Een van die mees siniese antwoorde wat ek in 'n lang tyd gesien het.
Die punt is: Die blankes in die land het die NP jaar na jaar ingestem.
Daar was talle alternatiewe. Dit het gewissel van die VP tot die PP en
die PFP in hoofstroom blanke politiek. Die PFP het gese apartheid is
brutaal en verkeerd en demokrasie moet seevier. Voor hulle was daar
die PP en voor hulle Allan Paton se Liberale Party.
Daar was ook die alternatief om ontvanklik te wees vir talle versoeke
van swart kant om menseregte uit te brei na hulle op vreedsame wyse
ook
Daar WAS talle alternatiewe.
Die witmense van SA het dit nie verkies nie.
Jy dis ook weer al die totale aanslag argumente op as verskoning.
Die kern van die saak is: Daar was gruweldade waarvan ons geweet het.
Mense soos jy (?) het  "veiligheid" bo die beginsels van die Romeins
Hollandse reg en die demokrasie verkies.
Daar was kennis. Daar was 'n keuse.
Die keuse is uitgeoefen.
Die resultaat was apartheid.

> NP gestem het jaar na jaar nie, dan kon dit nie gebeur het nie.[/color]
----------------
> Hierdie afleiding is egter foutief. Dit neem aan dat die alternatiewe wat
> hulle aangebied het om die land te regeer dit anders sou gedoen het.>>>

Die alternatiewe was die beginsels wat ons vandag het.
NIE apartheid nie.
Die alternatiewe was die wegdoen van apartheid.
Hulle sou "dit" anders gedoen het. Alan Paton was nie John Voster nie.
Mandela was nie Strijdom nie. Helen Suzman was nie PW nie.

> wyd gerapporteer en bespreek.[/color]
>> Dit was in 1977.
>
>> Daana het die gewone wit mense jaar na jaar steeds NP gestem.
>> Jaar na jaar vir PW Botha. Hoekom?
>
> Baie eenvoudig. Die Berlynse muur het in daardie stadium nog nie geval nie,
> onthou. Langafstandverkenningsvliegtuie van die USSR het ons kuste
> gepatroleer. Europa, Amerika en die IMF het nog daagliks mea culpas gekreun
> oor kolonialisme en alle vergrype van Afrika-regerings oor die hoof gesien.>>>

Wat die punt eenvoudig "restate". Daar was kennis. Daar was 'n keuse.
Apartheid is gekies. Die gewone mense het PW ingestem. Jaar na jaar.
Maak nie saak wat hulle vir hulself gese het toe hulle gestem het nie.
Hulle het gestem. En hy het aan bewind gebly. Hulle het vir apartheid
gestem. Daarom was daar apartheid. En as hulle daarteen gestem het,
sou daar nie apartheid gewees het nie.
Die punt is apartheid is nie deur die liewe here op ons afgedwing nie.
Ons het dit uitgebou, besdlag gegee en aan die lewe gehou. Aan die
gang gehou teen die hele wereld se waarskuwins en veroordeling in.
Teen die opposisie van die meerderheid van die land se mense.
Jou argumente oor die redes daarvoor is 'n ander argument wat sy eie
"thread" werd is.
Maar wat die redes ookal was. Die wit mense van SA het apartheid
verkies in verkiesing op verkiesing.
Die redes moet nie verwar word met die daad nie.

alternatiewe regerings. En dit was nie 'n persepsie wat deur propaganda gevorm[/color]
> is nie - Idi Amin was nog nuus, nie net in Suid-Afrika nie.>>>

En toe kondoneer hulle wat aan Biko gedoen is. En aan baie ander na
hom natuurlik.
En dit was mense wat Sondae in die kerk gesit het.
Mense wat lippediens aan die Romeins Hollandse reg bewys het.
Mense wat lang verhale vertel het van vrouens in Engelse
konsentrasiekampe.
Wat hulle ookal geglo het, hulle het "Biko" gekondoneer. En dit is
waarom dit gaan.
Tienduisende Biko's by the way is wat ons vandag het. Biko se
sielsgenote van destyds was mense soos Terror Lekota en Sheryl
Carolus.
Die vraag is: "Hoe kon die dinge gebeur het wat nou so oop-gevlek
word?"
Die antwoord is: Omdat die wit mense van SA dit toegelaat het.
Dan is daar 'n vraag: Het hulle geweet. Ek se ja. Die bewyse le
gestrooi in ons verlede. Iemand soos Helen Suzman het dit keer op keer
aan ons gese. Jou eie antwoorde bevestig dit.
Die ander vraag: Was daar vir ons 'n keuse. Ja. Daar was verkiesing op
verkiesing.

In die middel jare tagtig was daar wyd gepraat oor seksies van die
SA
>> polisie wat "ANC mense" in vergelding doodmaak.
>> Toe stroom ons stembusse toe en stem vir PW.
>> Hoekom?
>
> In die middel van die jare tagtig is daar nie net "wyd gepraat" van
> halssnoermoorde en boendoehowe nie. Dit is nogal prominent gerapporteer - deur
> _al_ die media. Gerugte van staatsmoordbendes was chickenfeed teen die
> alternatief wat voorgehou is - straatmoordbendes.>>

Weereens. Jy verskaf bloot redes waarom die demokrasie en die Romeins
Hollandse reg verkrag is.
Ek se: Die demokrasie en die Romeins Hollandse reg is doelbewus deur
wit Suid-Afrikaners verkrag.
Jy bevestig dit en gee redes.
En die redes wat jy gee het 'n naam: Totale Aanslag.
Ek ken hom.

Soos dit in Duitsland was, so was dit hier: Ons het geweet. Ons
het
>> nie omgegee nie.
>
> Praat vir jouself, boet. Gebruik die eerste persoon enkelvoud.>>>

Beteken dit jy se jy was totaal onbewus van wat gebeur het?
Het jy geweet - al is dit net vaagweg - wat aan die gebeur is?
Indien nie, is jy 'n nuwe bekeerling tot gister se Totale Aanslag wat
jy so welspreken opdis in jou antwoord?
Oor my? Ja ek het geweet.
En al die mense om my met wie ek gepraat het, het ook geweet. Baie van
hulle wou nie daaroor praat nie. Wou nie meer weet nie. Wou dit na die
agterkop toe skuif. Maar Hulle het geweet.
Van die groepsgebiedewet en die ontugwet tot by die onvermydelike
bulldozers en die gerugte van "kortvat" en "uitsorteer" en "swartes
wat aan ons kant is" tot by die naakte, oop en bloot van wat met Biko
gebeur het.
(Onthou al daai ouens wat by John Vorster gespring het en op koekies
seep gegly en op marmervloere geval het?
Het jy dit destyds alles vir soetkoek opgeet?)
Die blankes het geweet.
En hulle het die onderdrukking gekies.
Maak nie saak of hulle dit uit valse of ware vrese gekies het nie. Die
punt is hulle HET dit gekies. En daarom is dit ook hulle maaksel.
Of die vrese waar was of nie, dis'n ander argument.
En as die vreses waar was, met ander woorde op realiteit gegrond, doem
die volgende vraag op: Wat doen die morele mens in so 'n geval? Die
Christen wat sy geloof bely? Bely hy steeds sy geloof in die kerk en
verkrag dit om die draai waar die gevaar dreig?
Of se hy: Hier staan ek. Ek staan by my beginsels.

Ons het die voordele aanvaar en ons oe toegemaak vir
>> die bloed wat onder die deur deur syfer.
>
> Ditto. Deel van die bloed was "ons" eie - een van die "voordele" wat jy
> voorhou?>>>

Ek sal nie ingaan op die moraliteit van die stryd teen apartheid nie.
Soos die moraliteit van die stryd teen die Nazi's.
Ek sal net se: Ja bloed het aan albei kante gevloei. Die keuse om die
staat van vloei van bloed - met ander woorde die realiteit van 'n
apartheid-stelsel wat met dwang en Vlakplaas in plek gehou word en
beveg word met kleefmyne en boendoe-howe - die keuse om daai staat van
dinge in plek te hou, daardie keuse het gerus op die blanke kiesers
wat jaar na jaar met kennis van wat hulle doen gekies het om dit in
plek te hou.
Weereens, jy voer die ou argumente aan van hoekom hulle dit gedoen. Ek
se eenvoudig: Hulle het dit gedoen.
Jy stem dus eintlik met my saam.

Dit was 'n fout. Dit maak ons nie sleg nie.
>
> Die mees siniese stelling in hierdie hele siek verhaal. _As_ jou premises
> hierbo korrek is, maak dit "ons" inderdaad sleg.>>>

Die sondaar doen 'n slegte daad. Dit maak hom nie sleg vir alle tye en
'n wese altyd onherroeplik gedoem tot slegtigheid nie. As hy sy sonde
sien en dit erken, begin hy voor.
Jy noem die beginsel van vergiffenis 'n "siek verhaal"?
Jy is vreemd.
Voer jy aan dat omdat apartheid sleg was is die mense wat daarmee
verbind was as wesens vir altyd sleg?
Het hulle die slegte daad gepleeg omdat hulle net sleg van bo tot
onder is? Of is hulle normale mense in staat tot goed en sleg wat 'n
slegte ding gedoen het?
Ek is baie jammer vir jou kinders as jy werklik glo dat iemand wat ;'n
fout maak daardeur 'n "slegte mens" word.

Maar dan moet ons erken wat die verlede was.
>
> En hiermee die meeste van alles. Maar ek het weinig hoop dat "ons" sal slaag.
> 'n Gesaniteerde politek korrekte weergawe van die geskiedenis, met al
> die cowboys aan die een kant en al die kroeks aan die ander is nie wat
> "die verlede was" nie. >>>

Ah! Ek sien. Jy voer 'n veldtog teen die Waarheidskommissie.
Things fall into shape, soos hulle se.
>
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7795 is 'n antwoord op boodskap #7758] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Dec 1996 23:53:52 GMT, klaas...@aol.com wrote:

het hulself nie so op die voorgrond gedruk deur ander te blameer nie maar[/color]
> hulle het hulself deurentheid probeer en het stadig maar seker uit die as
> opgestaan. hulle het niks pasella gekry net omdat hulle wit is nie, maar
> hulle het hard gewerk vir dit wat hulle wel het.>>>

You'll be surprised hoeveel hulle wel gekry het omdat hulle wit is.
En daai stukkie van self gehelp en nie ander geblameer nie: Al ooit
van apartheid gehoor? En wat dit vir nie-wittes bepaal het?

Of ons dit wil weet of nie: swart mense is verhinder om hulself te
help. Van die sendingskole wat met 'n spesifieke doel toegemaak is
deur die NP regerings tot by gedwonge verskuiwings en werksafbakening.
En dan, sussie, praat ons nie eens van Bantoe ondewys nie.

Wat van die volgende: Bantoe onderwys bepaal dat die "wit" leerplan
nie meer in swart skole gevolg mag word nie - want swartmense moet
handearbeiders in die groot plan wees.
Nadat protes nie werk nie, besluit sommige swat onderwysers in Soweto
om die wit leerplan steeds te leer - na ure in huise.
Die Polisie kom toe en breek dit op want hulle MAG dit nie leer nie.
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7810 is 'n antwoord op boodskap #7794] Do, 12 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ja. Die oomblik dat ek oud genoeg was om te stem het ek gestem,elke
geleentheid wat ek gekry het, Of my keuses reg was of nie, die inligting
wat aan my voorgehou is het ek vir soetkoek opge-eet soos jy dit stel.
Sien ons moes staat maak op dit wat aan ons geraporteer word almal van ons
kon nie eerste handse inligting kry soos wat dit klink in jou geval gebeur
het nie. Ons het net die koerante en tv gehad vir inligting en as jy kan
onthou het selfs die verslaggewers almal verwar. Die een oomblik rapoteer
hulle een ding die volgende storie weerspreuk hulle hulself en sê dat dit
wat die vorige dag in die dag blaaie verskyn het was ge-"stage" en moet
nie aanvaar word as die waarheid nie, dit was op 'n stadium so erg dat
niemand geweet het wat om te glo nie, en nou na alles will hulle voorgee
dat alle blanke Afrikaners ten volle ingelig was, jammer maar ek moet jou
lugkasteel ongelukkig totaal en al afbreuk. Ek was een van die baie wat
afhanklik was aan dit wat deur die joernaliste aan ons oorgedra is.

Ja ek wil die reg he^ om weer gelofte dag te vier, en as jy voel jy kan
die geskiedenis van gelofte dag vergelyk, of in die selfde asem noem as
die terroriste aksie om onskuldige mense in 'n kerk op te blaas met 'n
handgranaat , moet hulle gegun word om die dag te vier. Sien my opinie
oor SA se saligheid is: daar is nie een oplossing vir ons land nie as ons
ware demokrasie wil toe pas moet almal gegun word om hulle kultuur te
behou onge-ag of dit die volgende persoon te na gaan kom, hoekom moet
almal in 'n spesifieke vorm ingedruk word as hulle nie daar wil wees nie,
dit vererger nie die antagonisme en geweld sal weer en weer uitbreuk.

Om alles voor die deur van apartheid te le^ is totaal en al verkeerd. Jy
sê ook dat die Afrikaner moet erken dat apartheid bestaan het. Ek dink
jy moet daardie stelling baie meer verbreed, al die inwoners van die aarde
moet begin erken dat apartheid bestaan. In die VSA het hulle baie jare
gelede apartheid wegesweer, maar hulle is een van die grootste moonthede
waar apartheid nog ernstig toegepas word, net een verskil hulle gee dit
nie 'n naam nie en hulle doen dit baie subtiel, en dit gaan nie net oor
wit of swart nie maar Kubaan vs Amerikaan, Jood vs enige ander geloof, VSA
vs Kanada, en ja die grootste apartheid is nog steed tussen swart en wit,
en die apartheid in die VSA kom nie net van een kant af nie,maar dis van
beide kante.

Die ander ding wat aanraak is die regstellings aksie: goed ek sal toe gee
dat die swartmense van SA nie eerste in aanmerking gekom het vir poste
nie, dat 'n blanke persoon eerder die geadverteerde pos sou kry as hy
beter gekwalifiseer was, en nou met die regstelling aksie is dit
veronderstel om te verander en word meer swarte aangestel ,wat my egter
dwars in die krop steek is dat goed gekwalifiseerde mense hulle werk
verloor en minderwaardig gekwalifiseerde mense in hulle plek aangestel
word,en dan word dit goed gepraat, en weereens gele^ voor die deur van
apartheid. Wat ek wil sien gebeur in die regstellings aksie gee die mense
wat vir een of ander rede nie 'n geleerdheid gekry het nie die kans om dit
te kry en stel hom dan aan in die pos. Dit is onregverdig teen die beide
die persoon wat sy pos net so sonder waarskuwing verloor en die persoon
wat in die pos aangestel word. Die ander kant van die storie is dat die
tipe regstelling nie goed kan wees vir die land nie. Toe ek VSA toe gekom
het kon ek SA nie genoeg besing nie, want hoewel ons so lank ge-isoleer
was, is ons op sekere gebiede baie verder voor die VSA en op meeste ander
gebiede gelyk met hulle, op geen gebied hoef ons terug te staan nie. Nou
wonder ek net of SA dit sal kan sê oor 5 jaar met die tipe regstellings
aksie wat nou besig is om te gebeur.

Groete

JHV
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7813 is 'n antwoord op boodskap #7758] Vr, 13 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan Goede  is tans af-lyn  Riaan Goede
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
Izak (Gloudina) Bouwer wrote in article
...
> In article ,
> klaas...@aol.com says...
>



> sent van SA se bevolking NIE wit is nie. SA is in die eerste
> plek die land van alle Suid-Afrikaners, en eers wanneer meer
> as 80 persent van die poste deur non-kaukasiers beklee word,
> sal daar balans wees.

Ek stem saam met you oor hierdie punt, maar ek wil net 'n feit aan die lig
bring. Dit is baie moeilik vir 'n gekwalifiseerde, ervare bestuurder om
skielik 'n ongekwalifiseerde en onervare meerdere te hê. En dit is wat op
baie plekke gebeur. Aangesien die nie-blankes nie die tipe opleiding gehad
het wat die blankes beskikbaar gehad het nie. En selfs met die studies
beskikbaar vir almal gaan dit tussen tien en twintig jaar neem vir die
eerste goed opgeleide nie-blanke Suid Afrikaners, uitsluitend die vat die
land verlaat het en voorheen al in die buiteland gaan studeer het en nou
terugkeer.
Hierdie probleem maak dit baie moeilik vir 'n blanke om tevrede te voel oor
die situasie. Dit is waar dat die nie-blankes vir jare ontevrede moes voel
as gevolg van die diskriminasie wat plaasgeving het. Maar hulle kan bewys
hulle is beter deur almal gelyk te hanteer in plaas van om nou
diskriminasie teen blankes toe te pas.



> En daarom is ek nou weer trots om te sê
> ek is van Afrikaanse afkoms.
>
> Gloudina Bouwer
>

Ek is ook baie trots om te sê ek is 'n Suid Afrikaner en was nog altyd. En
ek is bereid om almal 'n *gelyke* kans te gee om hierdie land 'n sterk een
te maak.

Riaan Goede
Re: Twee gedigte uit die apartheidsjare [boodskap #7822 is 'n antwoord op boodskap #7758] Sa, 14 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Dec 1996 21:36:06 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:

'n Mens kon weet. Jy kon afleidings maak.
Jy kon Engelse korante lees.
Jy kon vra: Nou waarom is die swart kinders so kwaai?
En miskien is dit die les. Dat 'n mens inligting moet kry oor jou
omgewing.
Miskien as 'n mens deel van die samelewing word en krities en met
belangstelling deelneem daaraan. Deelneem met die ideaal in die
hart,so to speak. En "watch out" vir die ideaal en al sulke goed.

Maar dit daar gelaat (end van preek):
My punt is: Die feit dat daar rasse diskriminasie op ander plekke is,
maak nie apartheid reg nie.
Ons ding, nou, hier, is apartheid. Wat dit was en ons deel daarin.
En dan die vorentoe kyk.
En die lesse onthou wat uitkom met deeglike besinning en eerlike
ontleding.

Die verskil tussen "apartheid" in baie ander plekke en apartheid in
SA, by the way,is dat dit in SA in wette gegiet is en as wette
toegepas is deur die polisie.
Dit was 'n kriminele daad om menseregte te verkondig en te baklei vir
geregtigheid.

Jy kan jou geloftedag vier.
Ek dink dit sal waarskynlik goed wees as jy dit doen.
My punt is: Dit is nie meer so maklik en natuurlik die regte ding as
wat dit in die 60's was nie.
Ons moet nou aan mekaar dink in die land. En dit is besig om te
gebeur.
Saamleef. Konsiderasie en begrip en die herdink van dit wat ons doen
in universele beginsels.
Alles goeie goed in my oe.

Regstellende aksie: Dis daar. Dis noodsaaklik. Dit gebeur. As dit ne
gebeur nie, gaan ons waarskynlik probleme he.
(En as dit uiteindelik te ver en te veel gebeur, ook probleme.)

Cheers

> Ja. Die oomblik dat ek oud genoeg was om te stem het ek gestem,elke
> geleentheid wat ek gekry het, Of my keuses reg was of nie, die inligting
> wat aan my voorgehou is het ek vir soetkoek opge-eet soos jy dit stel.
> Sien ons moes staat maak op dit wat aan ons geraporteer word almal van ons
> kon nie eerste handse inligting kry soos wat dit klink in jou geval gebeur
> het nie. Ons het net die koerante en tv gehad vir inligting en as jy kan
> onthou het selfs die verslaggewers almal verwar. Die een oomblik rapoteer
> hulle een ding die volgende storie weerspreuk hulle hulself en sê dat dit
> wat die vorige dag in die dag blaaie verskyn het was ge-"stage" en moet
> nie aanvaar word as die waarheid nie, dit was op 'n stadium so erg dat
> niemand geweet het wat om te glo nie, en nou na alles will hulle voorgee
> dat alle blanke Afrikaners ten volle ingelig was, jammer maar ek moet jou
> lugkasteel ongelukkig totaal en al afbreuk. Ek was een van die baie wat
> afhanklik was aan dit wat deur die joernaliste aan ons oorgedra is.
>
> Ja ek wil die reg he^ om weer gelofte dag te vier, en as jy voel jy kan
> die geskiedenis van gelofte dag vergelyk, of in die selfde asem noem as
> die terroriste aksie om onskuldige mense in 'n kerk op te blaas met 'n
> handgranaat , moet hulle gegun word om die dag te vier. Sien my opinie
> oor SA se saligheid is: daar is nie een oplossing vir ons land nie as ons
> ware demokrasie wil toe pas moet almal gegun word om hulle kultuur te
> behou onge-ag of dit die volgende persoon te na gaan kom, hoekom moet
> almal in 'n spesifieke vorm ingedruk word as hulle nie daar wil wees nie,
> dit vererger nie die antagonisme en geweld sal weer en weer uitbreuk.
>
> Om alles voor die deur van apartheid te le^ is totaal en al verkeerd. Jy
> sê ook dat die Afrikaner moet erken dat apartheid bestaan het. Ek dink
> jy moet daardie stelling baie meer verbreed, al die inwoners van die aarde
> moet begin erken dat apartheid bestaan. In die VSA het hulle baie jare
> gelede apartheid wegesweer, maar hulle is een van die grootste moonthede
> waar apartheid nog ernstig toegepas word, net een verskil hulle gee dit
> nie 'n naam nie en hulle doen dit baie subtiel, en dit gaan nie net oor
> wit of swart nie maar Kubaan vs Amerikaan, Jood vs enige ander geloof, VSA
> vs Kanada, en ja die grootste apartheid is nog steed tussen swart en wit,
> en die apartheid in die VSA kom nie net van een kant af nie,maar dis van
> beide kante.
>
> Die ander ding wat aanraak is die regstellings aksie: goed ek sal toe gee
> dat die swartmense van SA nie eerste in aanmerking gekom het vir poste
> nie, dat 'n blanke persoon eerder die geadverteerde pos sou kry as hy
> beter gekwalifiseer was, en nou met die regstelling aksie is dit
> veronderstel om te verander en word meer swarte aangestel ,wat my egter
> dwars in die krop steek is dat goed gekwalifiseerde mense hulle werk
> verloor en minderwaardig gekwalifiseerde mense in hulle plek aangestel
> word,en dan word dit goed gepraat, en weereens gele^ voor die deur van
> apartheid. Wat ek wil sien gebeur in die regstellings aksie gee die mense
> wat vir een of ander rede nie 'n geleerdheid gekry het nie die kans om dit
> te kry en stel hom dan aan in die pos. Dit is onregverdig teen die beide
> die persoon wat sy pos net so sonder waarskuwing verloor en die persoon
> wat in die pos aangestel word. Die ander kant van die storie is dat die
> tipe regstelling nie goed kan wees vir die land nie. Toe ek VSA toe gekom
> het kon ek SA nie genoeg besing nie, want hoewel ons so lank ge-isoleer
> was, is ons op sekere gebiede baie verder voor die VSA en op meeste ander
> gebiede gelyk met hulle, op geen gebied hoef ons terug te staan nie. Nou
> wonder ek net of SA dit sal kan sê oor 5 jaar met die tipe regstellings
> aksie wat nou besig is om te gebeur.
>
> Groete
>
> JHV
>
Vorige onderwerp: KOM HERWAARTS GELIEFDES
Volgende onderwerp: Re: Twee gedigte, apartheidsjare....(APARTHEID WAS LEKKER !!!)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 16 12:49:31 MGT 2024