Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Twee gedigte uit die Apartheidsjare.
Twee gedigte uit die Apartheidsjare. [boodskap #7733] Sa, 30 November 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek is gefassineer oor hoe digters die werklikheid van
apartheid hanteer het. Ek is seker geinteresseerd daarin
om 'n antwoord te kry op die verdere vraag: hoe het die
man in die straat in Suid-Afrika apartheid hanteer. (Ek
het weggehardloop.) Ek kry die indruk dat meeste van
die Afrikaanse digters in die apartheidsjare gaan skuiling
soek het in gedigte oor die natuur en private emosies.
Hier volg egter twee Afrikaanse digters wat dit gewaag het
om oor dinge te praat. Toerien het vir jare in New York ge-
woon en skryf van buite Suid-Afrika. Fanie Olivier skryf
van binne Suid-Afrika. (Ek wonder waarna hy in sy gedig
verwys.)

OM UIT WOEDE TE SKRYF
Barend J.Toerien

om 'n vers te maak uit 'n walg
"Alle apartheid is groot en is kleinlik,"
(eerste reël)
is nog ver nie poësie nie
en maak geen hond haaraf met my mense nie
en my puriteinse gewete bly dus onverlig.
En dit dateer jou werk ook so;
soos ons nou praat van die vyftiger-jare se preutsheid
of die rooi lippies van die veertiger-meisies soos Alice Faye
sal die apartheidsjare onthou word in nuusfilms
en hier en daar in geskiedenisboeke,
in daardie dae as one almal van nou
lank lepel in die dak gesteek het.
Om 'n politieke vers te skryf
wat meer as 'n stukkie curiosum is
moet jy 'n Bertolt Brecht wees.

FEES EN HEMELVAART OP STELLENBOSCH 1971
Fanie Olivier

bedees stroom troppe skape om nege-uur
die tempel in; kyk grootoog na die predikant.
die swaai behendig oor die teks sy hand
en bid dat God weer groenvoer vir die droogte stuur.

in opdrag van 'n ander herder bo
swaai ons bedonnerd vlaggies
klap hande vir 'n toe-spraak van minister So-en-so.

naby leeu-gamka in 'n droë sloot
le^ vier studente langs 'n skewe windpomp dood.

(ingetik deur gloudina bouwer)
Re: Twee gedigte uit die Apartheidsjare. [boodskap #7734 is 'n antwoord op boodskap #7733] Ma, 02 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina pos twee gedigte wat my snare roer:
1) OM UIT WOEDE TE SKRYF
Barend J.Toerien
(oor die walging van Apartheid)

2) FEES EN HEMELVAART OP STELLENBOSCH 1971
Fanie Olivier
(Wat gaan oor mense wat viool speel terwyl Rome/Apartheid brand)

Sy skryf:

> Ek is seker geinteresseerd daarin
> om 'n antwoord te kry op die verdere vraag: hoe het die
> man in die straat in Suid-Afrika apartheid hanteer.
> (Ek het weggehardloop.)

Dit is 'n baie persoonlike kwessie, en mens trap maklik op
ander se tone, maar dis 'n goeie vraag.
Het jy werklik "weggehardloop" ? Of sê jy dalk so omdat
jy dalk soms ook skuldgevoelens het (soos ek),
dat ek nie gebly het en Apartheid meer beveg het nie ?
Ek sou jou nie oor dieselfde kam skeer as baie ander nie.
Sommige mense het deel gehad aan die "chicken run",
ander het padgegee oor hulle gewetens en 'n toekoms wat deur idiote
beduiwel is. (sien my ander brief in die verband).
My redes was alles behalwe materiele oorwegings:
Ek het 'n goeie beroep, motor, huis, de lot prysgegee,
en teen my sin emmigreer, en moes met geen geld en baie sukkel
in Australie begin. Dit alles omdat daar vir my geen ander uitweg was
wat diensplig ens. betref nie. (Glo my, ek het probeer).

Vir baie van ons was dit 'n kwessie van deel he^ aan Apartheid
of fokkof. Dit was en is vir my geen "chicken run" nie,
dit is 'n self-opgelegde bannelingskap.
(en ek sê dit nie ligtelik nie, ek is 'n kultuurmens,
my hart is in Afrika, maar Apartheid het my toekoms daar opgeneuk).
Aan al daai mense wat soms ligtelik praat van "chicken run", asof ek
en ander slegs ons gatte wou red: vlieg in julle moer !
Ek het my land en my taal liewer as wat julle dit ooit sal he^.

Daar was ook ander maniere om dit te hanteer:
en dis dalk 'n antwoord op jou vraag:
die (wit)man in die straat, wat horende doof en siende blind was,
en maar net sy gang gegaan het en hom nie gesteur het aan die
onreg van Apartheid nie (en nou daarvan wil vergeet ?).
Of, miskien was die beste om, soos baie van my vriende,
wat bewus was van Apartheid, maar uit te hou
tot dit oorgewaai het (as jy kon), en nou aangaan ?

Op die ou end is dit "horses for courses".

Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Twee gedigte uit die Apartheidsjare. [boodskap #7735 is 'n antwoord op boodskap #7733] Ma, 02 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Nov 1996 16:33:09 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
<<>Ek het my land en my taal liewer as wat julle dit ooit sal he^.>>>

Bietjie detail.
Die gedig is geskryf nadat vier studente in 'n motor-ongeluk dood was
op pad terug Stellenbosch toe.

Die een was Chris Lombaard van Durban.

Ek weet van die geval want dis aangetroude familie op 'n manier.
Sy pa het vleuel vir die WP gespeel en hy self was 'n uitstekende
sportman en 'n gewilde voorgraadse student.

Vir die oueres van dae: As julle dalk daai ou African
Mirror-nuusflieks onthou wat elke Saterdag in die flieks gewys het in
die jare sestig, dan onthou julle dalk die sekwensie aan die begin van
'n vleuel wat in die hoek oorgaan. Dit was Chris Lombard snr.

Hy en sy vrou woon vandag in Boesmansriviermond in die Oos-Kaap.
Re: Twee gedigte uit die Apartheidsjare. [boodskap #7740 is 'n antwoord op boodskap #7733] Di, 03 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Dec 1996 16:48:06 GMT, gal...@ibm.net wrote:
<<>Ek het my land en my taal liewer as wat julle dit ooit sal he^.>>>

Gun my om die obvious te se ^hier?
(En vergewe dit sommer ook?)
Ek bly hier. Dis hoe lief ek dit het.

Anyway: Hoe ek apartheid hanteer het?
Baklei met die familie.
Reuse argumente oor hoe verkeerd dit is. Mense wat dae nie mekaar
praat nie.
Maar nooit gedink om te waai nie.
Hoekom nie?
Nooit daaran gedink nie. Dowwe kol gehad. Gebrek aan selfvertroue en
nie genoeg obvious talente nie. Nooit gedink ek kan waai nie.
Afrikaanse kind van Oudtshoorn wat op 18 in die army wakker geword het
en toe so drie jaar op universiteit gesit het om agter te kom waddefok
gebeur het.
Toe gaan werk. geargumenteer.
Nie geld gehad nie. Nie die emigrerende kwalifikasies gehad nie.
In elk geval die dowwe kol was steeds daar, Nie gedink EK kan EMIGREER
nie.
Waarskynlik te bang ook gewees.
Later op 'n ander plek gaan werk.
Was nooit gefire nie. Maar ook nie vertrou nie.
Skuldig gevoel.
Gejuig as 'n bom ontplof.
Maar nooit gedink om by die ANC aan te sluit nie. Te gevaarlik. In elk
geval wil nie my werk verloor nie.
Ook soms gedink die ANC is terroriste wat mense doodmaak.
Hulle nooit geken nie.
Wou hulle ken.
Was te bang om hulle te gaan leer ken.
Voel voel na ander rasse.
Die deurbraak toe ek vir die eerste keer met 'n swartman op 'n
cocktail partie gestaan en gesels het.
Fok die oorsese gaste wat ek veronderstel was om mee te gesels.
PW Botha gehaat.
John Vorster ook.
Bietjie uitkoms om PFP te stem en te juig as hulle iewers wen.
Argumenteer met die familie.
Maak vyande met vriende oor "politiek"

Die hele ou bleddie om en om gemaal na fokkin nerens toe.

Mandela het ons ook eintlik bevry.

(Was dit VW Louw wat geskryf het van die klein trou en klein verraad?)
Re: Twee gedigte uit die Apartheidsjare. [boodskap #7744 is 'n antwoord op boodskap #7733] Wo, 04 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , fe...@is.co.za says...
> On 2 Dec 1996 16:48:06 GMT, gal...@ibm.net wrote:
>
><<>Ek het my land en my taal liewer as wat julle dit ooit sal he^.>>>
>
> Gun my om die obvious te se ^hier?
> (En vergewe dit sommer ook?)
> Ek bly hier. Dis hoe lief ek dit het.

Ek was baie hartseer toe ek lees wat Galjoen sê
oor sy predikament. Om Suid-Afrika totsiens te sê, hoe
nodig ook al vir hom persoonlik, was duidelik 'n trauma-
tiese ondervinding. In my geval was die eerste verlaatslag
om persoonlike redes (om met 'n Afrikaner, wat in die
buiteland studeer, te gaan trou); die tweede verlaatslag,
na vier jaar terug in SA, was vir my besluit deur 'n man wat
geen smaak meer gehad het vir 'n SA wat so verkrag word
deur sy eie mense nie.
Maar ek het ook 'n predikament. In die eerste plek
voel ek skuldig dat ek nie, terwyl ek nog kon, harder ge-
protesteer het nie. En ek voel skuldig vir die dood van
daardie mense wat as gevolg van my 'nalatigheid' om-
gekom het. Steve Biko het op my verjaarsdag in 1977 in
die tronk in Pretoria 'n geweldadige dood gesterf, en ek
het dit nie geweet nie.
Dit lyk vir my of Koos nou die een is wat sonder 'n
predikament is. Ek vind in die feit 'n soort suiwerheid wat
my ontroer. Hy mag probeer redes vind hoekom hy nie die
land verlaat het nie. Hoofsaak is, hy het dit nie gedoen nie,
en as gevolg daarvan is hy op die plek waar sy hart is.


Grepe uit "Luistervink" van Breyten Breytenbach:

jy vra my hoe dit is om in ballingskap te leef, vriend -
wat sal ek dan sê?
.......
dat ek tog net een van vele is,
die onaangepastes,
die heerskare van uitgewekenes, verlooptes
.......
ja, maar ook dat ek nou die kamers van eensaamheid herken,
die bevuiling van drome, die oorblyfsels van herinneringe
........
dat ek soos 'n bedelaar
bid vir die aalmoese van 'nuus van die huis',
vir die genade van 'onthou jy'
vir die erbarming van 'een van die dae'

maar ek onthou nie,
liedere het vervaag,
gesigte sê niks,
drome is gedroom
......
... nou begin ek, tastend met afgevrotte hande
hulle wat voor ons hier was verstaan
en ek vra jou net
in die naam van wat jy vra
om goed te wees vir hulle wat na ons kom
(Parys, Paasfees, 1968)

(ingetik deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: KERSFEES - 'n gedig van Donald Riekert
Volgende onderwerp: MARIA - 'n gedig deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 16 12:43:48 MGT 2024