Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van DONALD RIEKERT oor 'n vrou.
'n Gedig van DONALD RIEKERT oor 'n vrou. [boodskap #7727] Do, 28 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die kersgety kom nader en daarmee gedagtes aan die
wonder van die geboorte. 'n Mens vergeet dat daardie
gebeurtenis somtyds ook vir die vrou 'n gevreesde lot
kan wees. Hieroor skryf Donald Riekert.

GEBED VAN 'N VROU

Here sy oë slaan sweep
as ek praat dat die wit
pil help Die vyfspan lek
al die swartpot leeg Jaar
vir jaar lek geen lepel meer
Sy bakhand sal tog nie
die hardevet stort as dalk
weer in hierdie jaar 'n
kleintjie in die kaia se hoek
op 'n baie klein maketaantjie sit
Vorige onderwerp: Klara Majola - gedig is 'n monument in Afrikaans
Volgende onderwerp: KERSFEES - 'n gedig van Donald Riekert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 17:09:41 MGT 2024